AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 15 of 355
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306849

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Axel Scheffler
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Ontmoet die vlieënde dokters wat kwale reg kan maak:
'n ridder en 'n prinses
en Zok - die dapper draak.

Prinses Mynie se oom sluit haar in 'n toring toe omdat hy nie dink prinsesse kan dokters wees nie - tot hy die dag self siek word! Die arme koning se gesig word oranje van 'n seldsame siekte - sal die drietal dokters hom te hulp snel?
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300335

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Illustreerder: Axel Scheffler
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Zok is 'n ywerige drakie. Maar hy is ook 'n ongeluksvoël wat in bome vasvlieg en sy eie vlerk aan die brand steek ... Gelukkig is daar altyd 'n gawe meisie wat hom help. Maar kan sy hom ook help om 'n prinses gevange te neem?
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193263

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 65
R 59Jy spaar R 6
Ysterklou, kaptein van die seerowerskip Die Verwarde Meermin, is berug onder al die seerowers in die hele wereld. Hy is berug nie omdat hy baie dapper is, of baie slim is, of selfs baie boosaardig is nie. Die rede hoekom al die ander seerowers oor hom praat (en....laat ons nou eerlik wees...vir hom lag), is omdat Ysterklou die grootste ongeluksvoel is.
Ysterklou en sy suksesvolle, sjarmante en slim broer, Silwerswaard, is albei op soek na 'n skat. 'n Skat wat hulle pa aan hulle nagelaat het.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307020

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dit is nag. In die slaapkamer van 'n slapende dogtertjie, stry 'n wolf en 'n nagmerrie. Die wolf wil die dogtertjie wakker maak om haar die skrik op die lyf te jaag. Die nagmerrie wil haar aan die slaap hou sodat hy haar in haar drome kan verras. Wie kan haar die meeste bang maak? En wat gebeur as die wolf self 'n aaklige nagmerrie kry?
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195175

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Willie hou daarvan om te droom. Hy droom dat hy 'n filmster is; 'n skilder, 'n balletdanser ... Hy droom van vreeslike monsters en superhelde ... Willie se droomland is 'n galery van wonderlike en magiese prente. Maak die boek oop en kyk self!

In hierdie slim boekie oor die dromende sjimpansee Willie, gee Anthony Browne 'n speelse knik in die rigting van skilders soos Henri Rousseau en Salvador Dalí, wat se kunswerke 'n mens dikwels eerder aan drome as aan die werklikheid herinner.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302285

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 125
R 113Jy spaar R 12
Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom 'n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem 'n nuwe blaadjie kan omslaan?

'n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193928

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Wildewragtigs soos ons is vir niks bang nie! Ons is mos nie meisies nie....
Publikasiedatum: 2011-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300748

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Wikkels Vark is baie trots op sy tien ballonne. Maar sy vriende wil elkeen een hê. Toe hy weer sien, is selfs sy gunstelingballon weg.-
Die storie is pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193867

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
As Mamma 'n rukkie weg moet gaan, sorg Pappa vir die kinders soos wat net hy kan. Sommer gou word dit 'n vrolike spul. Alles kan en alles mag, maar wat gaan Mamma dink hiervan?
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175869

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
Rooikappie gaan by haar ouma kuier en haar ma waarsku haar om nie met vreemdelinge te praat nie. Maar hoe moet sy weet wie's sleg en wies's goed?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085461

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 144Jy spaar R 16
Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam  by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178549

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
'Ek woon in 'n gebou wat sewe verdiepings hoog is. Elke verdieping se deur lyk anders. Die eerste deur het baie slotte. Die gesin wat hier woon, is diewe. By die tweede deur is daar altyd baie modderspore. Dis waar die ou jagter en sy troeteltier woon . . .' 'n Fantastiese reis deur die verbeelding van 'n meisie wat elkeen van haar bure probeer voorstel deur net te kyk hoe hul voordeur lyk. Elke bladsy is gevul met eindelose besonderhede en verrassings!
Publikasiedatum: 2018-10-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195601

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Illustreerder: Hannah Shaw
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Klein chinchilla gaan kuier graag by Tannie Frieda, maar daar is gevaar in die lug by die woonstelblok waar sy woon ... Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie ...
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301226

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Ros Asquith
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Hoe het jy in die familie beland?
Het jy 'n mamma en pappa, of 'n stiefmamma, of pleegouers, of miskien twee pappas, of twee mammas...? Vind AL die wonderlike maniere uit hoe 'n familie kan begin, en sien al die verskillende soorte families. En onthou, die belangrikste ding is die familie waar JY in is. Welkom in die familie - hoe jy ookal daar beland het!
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195458

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Wikkels Vark het 'n nuwe hondjie. Wat sal ons hom noem? Almal het idees, maar niemand stem saam nie.

Dan kom Morsjors Vark verby ...
Publikasiedatum: 2012-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.