AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 15 of 352
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395877

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Angela Banks
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
Word stil en luister ... Elke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer. Mamma loer in die spieëltjie. “Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy. Sasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister. Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En 'n wonderlike plan begin in haar kop broei. Hierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat 'n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie 'n baie prettige voorlees boek en 'n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel. Lesers leer oor verskillende geluide en hoe musiek gemaak word, daarom is hierdie boekie ideaal vir kleuters of voorskoolse kinders om sensitiwiteit vir klank te stimuleer. Die storie dra ook by tot die ontwikkeling van begrip van oorsaak en gevolg. Die namaak van klanke en geluide sal uitstekend bydra tot kleuters se verstandelike- en taalontwikkeling.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395808

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
“Pampoenpit is besonders, sy's anders as die res. Pampoenpit weet dit nog nie, maar sy is 'n prinses! Pampoenpit het 'n groot geheim, iets wat haar vreeslik pla. Hoe raak sy van die krulledos op haar kop ontslae?” Pampoenpit het 'n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s'n lyk nie? Maar op 'n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik. Die boek skakel ook in by debatte rondom die dra van hare op 'n natuurlike manier. 'n Afrikaanse én 'n Engelse weergawe van die boek word gelyktydig uitgegee. 'n Onlangse prenteboek wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is en wat ook die bemagtiging van meisies uitbeeld, is Meisies kan enigiets doen.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178938

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 110
R 88Jy spaar R 22
Tjoppie is 'n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem.
Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Publikasiedatum: 2019-10-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179201

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Linda Rode
Illustreerder: Theodore Key
Kinders  -  Prenteboeke
R 220
R 176Jy spaar R 44
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding 'Rêrigwaar' kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Rêrigwaar te wees.
Publikasiedatum: 2019-10-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639927411

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 180
R 144Jy spaar R 36
Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars.

Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen'it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering.

Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van 'n dogtertjie se middernagtelike reise saam met 'n vriendelike tarantula en Nathan Trantraal se “Waa's my skoene”, skilder die komiese prentjie van twee susters se wedywering oor wie se lyding nou eintlik die grootste is.

Milan Murray skryf in 'Daniël se kopklip' oor 'n ma wat 'n klip op haar kleuter se kop wil sit en Diaan Lawrenson se gedig 'Jaap die knaap' handel oor 'n woelige, rooikop seuntjie met 'n aardige humeur. In Gielie Hoffmann se ''n Wolk mis' gaan ondersoek die kleine Rozanne wat anderkant die mis lê en in HemelBesem se verhaal 'Kokkenotch vir jou' leer 'n jong seun by sy Oupa wat die vreemde woord 'Kokkenotch' nou eintlik beteken.

Bibi Slippers skep in 'Rafi en Rocky' 'n onderwater wêreld kompleet met seebrommers, seekomkommers, see-koeie en 'n see-kat.
Publikasiedatum: 2019-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396973

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Katy Halford
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
'n Kleurvolle, fantastiese avontuur! Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, 'n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir … haar reënboogbollie! 'n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo ... maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kleurvolle prenteboek vol towerponies, drake, prinsesse, feetjies, pret … en reënboogbollie!
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310556

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Amelia de Vaal
Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Franciscus is lief vir alle diere en glo in die Goeie. Saam met sy beste vriend Esel reis hy deur die wêreld en praat met diere en mense. Sodoende probeer hy om die wêreld mooier te maak.
Prenteboek met kleurryke tekeninge, gebaseer op die lewe van die heilige Franciscus van Assisi (1181-1226) en 'n ode aan pous Franciscus.
Publikasiedatum: 2019-07-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780799393972

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
'n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! Vriende kan ses bene hê … … of dalk vier … … of twee! 'n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen! Hierdie prenteboek sluit nou aan by globale temas van inklusiwiteit en diversiteit wat op die oomblik belangrik is. 'n Ander titel deur dieselfde skrywer: Meisies kan enigiets doen (oorspronklik uitgegee as Girls can do anything)
Publikasiedatum: 2019-06-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179393

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Liewe Heksie en Kleinkwaaitjie Kabouter wil Heksie se sterretjieskombuis se venster was, maar toe die leer per ongeluk omval, is hulle vasgekeer op die dak. Gelukkig is hulle dan net op die regte plek om te sien hoe die Gifappeltjies die Silwer Roos steel en Heksie kan 'n slim plan maak om hulle te keer. Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.
Publikasiedatum: 2019-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179492

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Aspoestertjie wil baie graag by die dorp se nuwe dansskool gaan lesse neem, maar sy het nie balletskoene nie. Sal haar droom ooit waar word? Met hierdie oorpronklike storie oor Aspoestertjie kan kinders van omgee leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179515

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Jan hou baie van boomklim, maar hy mag nie in die nuwe boontjierank in hulle tuin opklim nie. Sal hy die versoeking kan weerstaan wanneer die boontjieranke hoog in die lug op groei? Met hierdie oorspronklike sprokie oor Jan kan kinders van eerlikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179508

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy 'n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179485

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Doringrosie het 'n nuwe ponie genaamd Prins, maar dis harde werk om 'n troeteldier te hê, en Doringrosie is partykeer 'n bietjie lui. Op 'n nag hardloop Prins weg en Doringrosie weet nie of hy gaan terugkom nie. Met hierdie oorpronklike storie oor Doringrosie kan kinders van verantwoordelikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310495

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Moeps is 'n mopshond
met grille en giere.
Moeps was selfsugtig
met nare maniere.

Moeps is 'n mopshond met baie slegte maniere en hy is glad nie 'n “deelmaatjie” nie. Hy hou al sy speelgoed vir homself en as sy vriendelike mede-woonstelbewoner, die worshond Worsie, vra of hy met iets kan speel, antwoord Moeps: “Dis myne! Myne! Myne!” en verloor dit heeltemal. Uiteindelik kry Worsie tóg wat hy wil hê.
Dis 'n heerlike rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n hond met goor manier, kruip hy vinnig in jou hart.
Publikasiedatum: 2019-06-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310518

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Moeps die mopshond is 'n regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op 'n dag draai die wiel ... of sal ons sê, val die bal ... en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie.
Hierdie is 'n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n regte skelm, steel hy gou jou hart.
Publikasiedatum: 2019-06-03

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.