Afslag slegs op aanlynbestellings

Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 15 of 369
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179485

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Doringrosie het 'n nuwe ponie genaamd Prins, maar dis harde werk om 'n troeteldier te hê, en Doringrosie is partykeer 'n bietjie lui. Op 'n nag hardloop Prins weg en Doringrosie weet nie of hy gaan terugkom nie. Met hierdie oorpronklike storie oor Doringrosie kan kinders van verantwoordelikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179508

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy 'n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179515

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Jan hou baie van boomklim, maar hy mag nie in die nuwe boontjierank in hulle tuin opklim nie. Sal hy die versoeking kan weerstaan wanneer die boontjieranke hoog in die lug op groei? Met hierdie oorspronklike sprokie oor Jan kan kinders van eerlikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179492

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Aspoestertjie wil baie graag by die dorp se nuwe dansskool gaan lesse neem, maar sy het nie balletskoene nie. Sal haar droom ooit waar word? Met hierdie oorpronklike storie oor Aspoestertjie kan kinders van omgee leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en 'n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Geen voorblad
9780798179393

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120Jy spaar R 30
Liewe Heksie en Kleinkwaaitjie Kabouter wil Heksie se sterretjieskombuis se venster was, maar toe die leer per ongeluk omval, is hulle vasgekeer op die dak. Gelukkig is hulle dan net op die regte plek om te sien hoe die Gifappeltjies die Silwer Roos steel en Heksie kan 'n slim plan maak om hulle te keer. Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393972

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
'n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! Vriende kan ses bene hê … … of dalk vier … … of twee! 'n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen! Hierdie prenteboek sluit nou aan by globale temas van inklusiwiteit en diversiteit wat op die oomblik belangrik is. 'n Ander titel deur dieselfde skrywer: Meisies kan enigiets doen (oorspronklik uitgegee as Girls can do anything)
Publikasiedatum: 2019-06-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394009

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Nicolene Louw
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
Die vreemdste, verbasendste, voortreflikste toebroodjie ooit!
Markus word in die middel van die nag wakker en is BAIE lus vir 'n lekker toebroodjie. In die kombuis ontmoet hy 'n ysbeer en drie pikkewyne wat hom wil help om die BESTE, BRILJANTSTE, BOBAAS-TOEBROODJIE OOIT te maak. Maar daar is net een klein probleempie …
Geniet 'n watertandlekker leeservaring met hierdie nuwe uitgawe van een van Jaco Jacobs se ou gunstelinge.
Publikasiedatum: 2019-04-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390520

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Liz Pichon
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
'n Egte Afrika-storie van 'n jong meisie se kleurvolle bos avontuur 'n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word 'n verrassende avontuur … Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het 'n tros pragtige piesangs wat sy as 'n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak - 'n kameelperd, apies, selfs 'n swerm bye - wat hulle bes probeer om die piesangs met 'n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.
Publikasiedatum: 2019-04-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178723

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 144Jy spaar R 16
Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir 'n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal!
Publikasiedatum: 2019-03-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432308322

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72Jy spaar R 8
Klaas Vakie is die koddige mannetjie wat elke aand slaapsand in al die kinders se ogies strooi sodat hulle aan die slaap kan raak. Mevrou Muis se muiskinders is geen uitsondering nie. Maar toe sy vir Klaas Vakie weer 'n keer moet ontbied om die kinders aan die slaap te maak, begin sy wonder of daar nie miskien fout is met die slaapsand nie.
Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as Klaas Vakie se sand nie werk nie? Kom lees saam oor die raaisel van die muiskinders wat nie aan die slaap kan bly nie en die plan wat Klaas Vakie maak om die dag - of altans die nag - te red.
Publikasiedatum: 2019-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639941592

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Matilda van der Walt
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Pippa en Pol se tuin is vol goggas. Daar woon 'n lieweheersbesie in die tuin. Sy verloor al die kolle op
haar lyfie. Maar hoekom?
Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit
behels allerdaagse gebeure wat in 'n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie A4 storieboek bied
kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede
toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende
gaan gebeur m.a.w hulle leer om “tussen die lyne” te lees.
Publikasiedatum: 2019-02-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389562

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Tom Percival
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 126Jy spaar R 14
Niks is regtig verlore as jy dit in jou hart bêre nie …
Op 'n dag gaan Sophia saam met haar pa see toe. Hulle geniet 'n heerlike dag op die strand, totdat 'n donderstorm uitbreek en hulle inderhaas moet vlug. En Sophia verloor per ongeluk haar teddie. Haar spesiale teddie wat eers haar oupa s'n was, en toe haar ma s'n, en daarna hare sedert die dag toe sy gebore is.
Sophia se hart is gebreek. Maar die see sien wat gebeur. En dalk, net dalk, kan die see Sophia se teddie vir haar terugbring. Maak nie saak hoe lank dit neem nie …
Hierdie beeldskone, spesiale prenteboek kombineer asemrowende collage-kunswerk met 'n hartroerende storie wat jou altyd sal bybly. Die sielvolle storie spreek tot jonk en oud - dit is tegelyk die verhaal van 'n opwindende soektog én 'n storie met 'n belangrike les oor die hantering en verwerking van verlies.
Publikasiedatum: 2019-01-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037056

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Matilda van der Walt
Kinders  -  Prenteboeke
R 303
R 273Jy spaar R 30
Pippa en Pol se tuin is vol goggas. Daar woon 'n lieweheersbesie in die tuin. Sy verloor al die kolle op
haar lyfie. Maar hoekom?
Die pakket bestaan uit die volgende:
- A4 Storieboek
- A5 Leesboek
- A5 Opeenvolgende kaarte
Publikasiedatum: 2019-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037100

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Matilda van der Walt
Kinders  -  Prenteboeke
R 303
R 273Jy spaar R 30
Dit is nog vakansie en Pippa en Pol het 'n maatjiedag op die strand. Daar is baie om op die strand te doen en te
sien…
Die pakket bestaan uit die volgende:
- A4 Storieboek
- A5 Leesboek
- A5 Opeenvolgende kaarte
Publikasiedatum: 2019-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037087

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Matilda van der Walt
Kinders  -  Prenteboeke
R 303
R 273Jy spaar R 30
Pippa en Pol bly saam met hulle Pappa, Mamma en hul geliefkooste hond, Polka. Die gesin maak gereed
vir 'n familiefoto…
Die pakket bestaan uit die volgende:
- A4 Storieboek
- A5 Leesboek
- A5 Opeenvolgende kaarte
Publikasiedatum: 2019-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.