AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 15 of 352
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085461

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 144Jy spaar R 16
Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam  by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624069140

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
In die groot stad, Johannesburg, stap Dylan en Palesa saam met Dylan se pappa skool toe. Hulle is in die Gr R-klas. Dis hulle eerste skooldag! Op pad is daar 'n piepklein huisie met die mooiste, grootste sonneblom wat hulle nog ooit gesien het in die tuin. Dit lyk asof die sonneblom hulle agternakyk. En toe hulle die middag huis toe stap, kyk die blom hulle sowaar weer agterna!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195236

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard sê: 'Dis nie 'n worshond nie!', dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is 'n probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op 'n dag wakker word en self 'n hond is?
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193188

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dat kinders vroeër of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer dié vrae wel ter tafel kom. 'Kindervriendelike' boeke oor die dood bestaan wel - maar die natuurlikheid en openlikheid waarmee hierdie onlosmaaklike aspek van die mens se bestaan in Eend, Dood en Tulp hanteer word, is binne die Afrikaanse lesersraamwerk geheel en al vernuwend.
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300502

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Illustreerder: Thomas Docherty
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Snurke hou nie van besoekers nie. Snurke deel nie sop nie. En snurke gaan beslis nie op ekspedisies nie.

Maar een aand is daar 'n geluid by die deur:
KLOP! KLOP! KLOP!

Hierdie snurk se lewe is op die punt om drasties te verander en sy wildste drome te oortref ...
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301219

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Stefanie Jeschke
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Na links ... reguit vorentoe ... na regs ... reguit vorentoe ... na links ... waaksaam bespied die meerkat sy omgewing.
Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!
'n Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308515

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Anneliese Voigt-Peters
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Kerneels is 'n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en 'n stukkende groottoon. Sy ma is 'n skoonmaakster by 'n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom 'n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in 'n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”

Vroeg op Kersoggend, net ná Kerneels in die stoorkamer wakker geword het en sy ma se nagskof tot 'n einde kom, kondig oom Sol aan dat hy vir hom 'n boodskap van 'n engel het. Hy gee vir Kerneels 'n wit veertjie, en knipoog, voor hy op sy fiets spring en in die donker oggend huis toe ry. Sy fiets se speke sing soos hy 'n pad tussen die sterre ooptrap. Kerneels wag tot oom Sol omkyk en knipoog terug. Toe bêre hy die wit veertjie in sy hempsak en gaan tevrede huis toe. Hy het uiteindelik 'n engel gesien. “Nie een met 'n goue rok en 'n stralekrans nie. 'n Regte Krismisengel met 'n fiets en 'n kosblik en 'n radio … en 'n gaatjie in sy een skoen.”
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389197

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ek is lief vir jou, Groot Beer!
Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op 'n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie - net baie, baie groter.
Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.”
Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie.
Maar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar 'n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg.
“Moenie bekommerd wees nie, my skat,” sê Mamma vir haar. “Ek en jy gaan piekfyn wees.”
Maar daardie aand kan Lara nie slaap nie.
En kort voor lank klim iemand deur haar venster.
“Moenie hartseer wees nie,” sê 'n sagte stem. “Ek is hier.”
En daar is Groot Beer!
Kort voor lank beleef hulle hope avonture saam …
'n Sensitiewe, roerende storie oor 'n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.
Ook in Engels beskikbaar as Big Bear, ISBN: 9780799389203.
Publikasiedatum: 2018-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431426959

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
Wanneer Storm haar klip vashou en sing, staan almal in die dorpie stil om daarna te luister. Maar toe sy in die versoeking kom om liedjies te sing wat die wind, die branders en die hele oseaan beheer, begin dinge skeef te loop. Met die dat haar broers en al die ander vissermanne verlore is in die see, sal sy die dinge wat sy gedoen het weer ongedaan kan maak?
Publikasiedatum: 2018-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195113

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde!
Publikasiedatum: 2012-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302292

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Het jy al ooit gewonder hoe die wereld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wereld geleer? Het hulle gese dat die engeltjies piepie as dit reen? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen 'n onvoorbereide toets?'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302360

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: André Bouchard
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore,
yskaste en TV's? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie?
Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wêreld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met 'n gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.

'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa's uit 'n ander wêreld kom.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639927411

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 180
R 144Jy spaar R 36
Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars.

Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen'it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering.

Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van 'n dogtertjie se middernagtelike reise saam met 'n vriendelike tarantula en Nathan Trantraal se “Waa's my skoene”, skilder die komiese prentjie van twee susters se wedywering oor wie se lyding nou eintlik die grootste is.

Milan Murray skryf in 'Daniël se kopklip' oor 'n ma wat 'n klip op haar kleuter se kop wil sit en Diaan Lawrenson se gedig 'Jaap die knaap' handel oor 'n woelige, rooikop seuntjie met 'n aardige humeur. In Gielie Hoffmann se ''n Wolk mis' gaan ondersoek die kleine Rozanne wat anderkant die mis lê en in HemelBesem se verhaal 'Kokkenotch vir jou' leer 'n jong seun by sy Oupa wat die vreemde woord 'Kokkenotch' nou eintlik beteken.

Bibi Slippers skep in 'Rafi en Rocky' 'n onderwater wêreld kompleet met seebrommers, seekomkommers, see-koeie en 'n see-kat.
Publikasiedatum: 2019-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179393

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Liewe Heksie en Kleinkwaaitjie Kabouter wil Heksie se sterretjieskombuis se venster was, maar toe die leer per ongeluk omval, is hulle vasgekeer op die dak. Gelukkig is hulle dan net op die regte plek om te sien hoe die Gifappeltjies die Silwer Roos steel en Heksie kan 'n slim plan maak om hulle te keer. Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.
Publikasiedatum: 2019-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177146

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
Karel Kat kom kuier in Blommeland met sy nuwe helikopter. Almal kry 'n kans om saam te ry - selfs koning Rosekrans. Maar sal Liewe Heksie kan help wanneer Karel en die koning per ongeluk in groot moeilikheid beland?
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.
Publikasiedatum: 2018-04-16

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.