●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310617

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Amelia de Waal
Kinders  -  Nie-fiksie
R 400
Ontdek die elemente: die boublokkies van materie waaruit nie net ons wêreld nie, maar die ganse heelal opgebou is. Dié kleurryke boek wys hoe elke element lyk en beskryf die uitsonderlike maniere waarop ons geleer het om elkeen van hulle te gebruik. Van aktinium tot yster - Die periodieke tabel-boek bied al 118 elemente aan in 'n visuele gids propvol pragfoto's en boeiende feite. In 2019 is die periodiek tabel 150 jaar oud.
Publikasiedatum: 2019-10-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308140

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Peter Goes
Kinders  -  Nie-fiksie
R 400
Ontdek die wereldgeskiedenis - van die oerknal tot die hede - in hierdie beeldverhaal. Met groot kleurplate vir groot en klein word die wereldgeskiedenis as een deurlopende, asemrowende verhaal voorgestel. Boordevol interessante feite oor: die dinosourusse, die Wikings, ridders en ontdekkingsreisigers, die Griekse wysgere, die eerste skrif, antieke Chinese koninkryke, wereldoorloe, die Berlynse muur, kastele, joerts en wolkekrabbers, die opkoms van die internet en soveel meer. 'n Groot kinderboek vir 'n grootse geskiedenis.
Publikasiedatum: 2019-02-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309871

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Esta Grobler
Kinders  -  Nie-fiksie
R 400
Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee 'n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.
Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.
Publikasiedatum: 2019-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308928

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 400
Hierdie kaartboek is veel meer as 'n gewone atlas - dit is 'n visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis. Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.
Publikasiedatum: 2019-01-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311539

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Esta Grobler
Illustreerder: Kelsey Oseid
Kinders  -  Nie-fiksie
R 395
Wat het 'n seeolifant en 'n luiperd in gemeen? En wat is die verband tussen 'n gorilla en 'n luiaap, of 'n pou en 'n kalkoen? In Diere van die orde word lede van dieselfde taksonomiese orde aangebied. Pragtige illustrasies en interessante feite sorg vir 'n boeiende boek oor die geheimenisse van die diereryk.

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Jules Howard is 'n soöloog en Kelsey Oseid is 'n illustreerder, skrywer en amateurnatuurkenner.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085263

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 360
Fassinerende en interessante feite wat die nuuskierigste kind (en grootmens!) vasgenael sal hou! In Hoekom nie? is daar 1,111 fantastiese antwoorde en verduidelikings vir al daardie vrae waarop weetgierige kinders antwoorde soek: Hoekom hou ons nie aan met groei nie? Hoekom vlieg ons nie rond in straalpakke nie? Hoekom is daar nie meer dinosourusse nie? Om alles te kroon is daar ook nog top 10-lyste, raar-maar-waar feite, profiele van ontdekkingsreisigers en cool aktiwiteite!
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600581

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Tumi K Steyn
Kinders  -  Nie-fiksie
R 350
Hierdie is 'n eg Suid-Afrikaanse boek met meer as 100 verhale oor allerlei Suid-Afrikaanse baanbrekers in die wetenskap en elders.
Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het.
Stories oor mense wat met diere en plante werk.
Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel.
Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.
Dit is voorwaar 'n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
Publikasiedatum: 2020-10-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608372

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Nie-fiksie
R 290
Vaandeldraers; vrouehelde; inspirerende vroue van Suid-Afrika. Hierdie besonderse reeks bevat die verhale van 12 vrouens wat verdien om gevier te word; vrouens wat enigeen sal inspireer. Van bekende vrouens soos Thuli Madonsela, Caster Semenya en Vanessa Govender, tot meer onbesonge helde soos Grizelda Grootboom en Suna Venter. Met unieke, kleurvolle illustrasies deur Linki Brand, is hierdie reeks 'n moet-hê vir elke jong leser. Die boeke is ook individueel te koop.
Publikasiedatum: 2021-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397789

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Linda Roos
Kinders  -  Nie-fiksie
R 280
Voltooi projekte EN verstaan die wetenskap daaragter! Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is. Weet hoe met wetenskap sal jou leer hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en wonderlike outomate te maak en baie ander sensasionele aktiwiteite te doen. Eenvoudige stappe met foto's sal jong lesers deur elke eksperiment lei. Elke projek bevat ook belangrike wenke en interessante feite oor die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde daaragter. Die boek wys ook hoe die eksperimente in die werklike wêreld toegepas word. Robert Winston is 'n bekende Britse professor, mediese dokter, wetenskaplike, skrywer en die aanbieder van verskeie BBC-televisiereekse oor die wetenskap. Die boek is oorspronlik in Engels uitgegee as Science Lab deur DK Publishing.
Publikasiedatum: 2020-05-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393200

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 280
Projekte vir nuuskierige kinders!
Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
Publikasiedatum: 2019-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390650

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Nie-fiksie
R 280
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!
Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak 'n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou 'n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.
Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat 'n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.
Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197278

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Nie-fiksie
R 275
Hoeveel tande het 'n haai? Hoe kry geitjies teen mure geloop? Wat is die mees ingewikkelde masjien op aarde? Waarom sien 'n mens jouself in 'n spieël? Sal tydreise ooit moontlik wees?

As jy al ooit oor reenboë en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra 'hoekom?' is hierdie die boek vir jou! Ontsluier die wonderlike geheimenisse van die plant- en diereryk en ontsyfer die raaisels van die wetenskap aan die hand van lekkerlees-teks, kleurryke foto's en verduidelikende illustrasies. Boonop is daar dwarsdeur die boek ook nuttige internetskakels wat jou selfs verder op jou soektog na antwoorde kan help. Kyk met nuwe oë na die wêreld waarin ons woon - van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land - en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nóg iets om te leer ken en te ontdek!
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181730

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 250
Kinders probeer elke dag om ons aarde 'n beter, veiliger en gelukkiger plek te maak, en nou kan jy ook deelneem!

Ons sien elke dag probleme, iets wat ons aandag verg. Vullis gestrooi in 'n grasgroen park. Plastiekwaterbottels begrawe op 'n strand. 'n Oorvol vullisdrom wat die straat bemors. 'n Maer, verwaarloosde hond. 'n Daklose persoon op 'n koue dag. Sommige van hierdie probleme is so groot, dit lyk onmoontlik vir een mens om hulle op te los. Maar ons kan dit regmaak as elkeen van ons ons deel bydra. Hierdie praktiese gids gee vir kinders hulpmiddels om aksie te neem! Dit bemagtig en inspireer hulle om 'n verskil in die wêreld te maak. Met aktiwiteite en idees wys Jy kan die wêreld verander vir jou hoe om: 'n Plastiekvrye partytjie te hou, 'n Kruietuin te begin, enkelgebruikplastiek te herken en te verminder, by-vriendelike blomme te groei, te leer waarvandaan kos kom, gaaf te wees, te deel en te skenk, en vele meer.

HET JY GEWEET?

Daar is meer plastiek flaminke in die wêreld as regtes.
As jy al die stukke plastiek wat in die oseaan is aanmekaar las, sal dit meer as 4000 keer rondom die planeet gaan.
Het jy geweet dat jy 3 500 liter water per jaar kan spaar as jy elke dag net een minuut korter stort?
Publikasiedatum: 2021-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825113

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 250
HERDRUK
Die Groot Afrikaanse heldeboek is 'n skatkis vol stories oor volkshelde wat vandag nog steeds 'n gevoel van trots en vaderlandsliefde by kinders sal inprent. Helde soos Shaka, Hansie Smal, Racheltjie de Beer, Wolraad Woltemade en Klara Majola se verhale word op veskillende maniere benader: soms deur die oë van die held, soms deur die oë van 'n buitestander.
Publikasiedatum: 2020-01-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394870

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Deon Maree
Kinders  -  Nie-fiksie
R 250
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie! 'n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word 'n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokker tot die FIFA Wêreldbeker. Doel! is 'n moet-hê-gids vir enigiemand wat alles van die wêreld se gewildste spel wil weet. Die aksiefoto's in die boek toon al die verskillende tipe skoppe - en nog meer! Wie is die beste doelskieter wat nog ooit sokker gespeel het? Hoe keer jy 'n bal? Waar is die beste plek op die veld om 'n strafskop te neem? Hoe ver hardloop 'n speler gedurende 'n spel? Doel! gee nie net die antwoord aan jou nie - dit wys jou!
Publikasiedatum: 2019-11-13

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.