AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Kleuters

Results 1 to 15 of 77
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388732

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alison Edgson
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ek en my ouma
is reg vir die dag.
Daar is hope avonture
wat op ons wag!

Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar 'n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma is die perfekte manier om die opwindende dag af te sluit.
Hierdie deernisvolle prenteboek wys hoe wonderlik en prettig dit is om 'n liefdevolle ouma in jou lewe te hê!
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307419

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 200
R 180Jy spaar R 20
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”
“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”
“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. “Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem 'tinkel'. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!
Publikasiedatum: 2018-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178808

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 75
R 68Jy spaar R 7
Met hierdie kleurvolle boek in groot formaat kan kinders met die wêreld van woorde vertroud raak. Elke bladsy bevat verskeie illustrasies met woorde om te lees! Die kinders kan die woorde hardop sê terwyl die pragtige illustrasies 'n lekker leer-ervaring verseker.
Publikasiedatum: 2019-05-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178815

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 75
R 68Jy spaar R 7
Hierdie telboek, met 'n unieke groot formaat, gebruik soek-en-vind om kinders aan die wêreld van getalle bekend te stel. Kinders kan hardop tel en die pragtige illustrasies verseker 'n lekker leer-ervaring! Geskik vir kinders van 3 jaar en ouer.
Publikasiedatum: 2019-05-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177856

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n man en sy vrou wat baie graag 'n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie 'n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar 'n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra 'n kwaai stem: 'Hoekom steel jy my raponsies?' Hulle buurvou was 'n heks en sy was baie kwaad!
Publikasiedatum: 2018-06-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177863

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n prinses. Sy het graag met haar bal naby 'n dammetjie gespeel. Op 'n dag het haar bal in die water geval en tot op die bodem gesink. Skielik sien sy 'n padda op 'n waterlelieblaar sit. 'Ek kan die bal vir jou gaan haal,' sê die padda, 'maar jy moet belowe ek kan langs jou aan tafel sit en saam uit jou goue bord eet. Ek wil ook vanaand in jou bed slaap, op 'n sagte kussing.'
Publikasiedatum: 2018-06-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177849

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n arm seun, Jan, wat saam met sy ma in 'n huisie gebly het. Op 'n dag het Jan se ma nie meer geld vir kos gehad nie. “Gaan verkoop ons koei op die mark,” sê sy toe vir Jan. By die mark het Jan 'n skelm slagter ontmoet. “Ek wil julle koei graag hê,” het die slagter gesê, “maar ek het nie geld nie. Kom ons ruil, dan gee ek vir jou towerboontjies wat jou so ryk soos 'n koning sal maak.” Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees-stories.
Publikasiedatum: 2018-06-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177832

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie. Sy het in 'n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het 'n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,” het sy gesug. Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees-stories.
Publikasiedatum: 2018-06-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177795

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 75
R 68Jy spaar R 7
Met hierdie prettige aktiwiteitsboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur. Elke bladsy bevat 'n aktiwiteit en as beloning kan jy 'n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak!
Kinders 2+
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177801

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 75
R 68Jy spaar R 7
Met hierdie prettige aktiwiteitsboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur. Elke bladsy bevat 'n aktiwiteit en as beloning kan jy 'n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak!
Kinders 2+
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176385

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar drie varkies wat saam met hulle mamma in 'n pragtige huisie gebly het. Hulle was baie gelukkig so saam. Die varkies het elke dag groter en sterker geword. Op 'n dag was hulle varkstoeltjies skielik te klein vir hulle. Toe sê Mamma Vark: “My liefies, julle is nou mooi groot. Nou moet julle elkeen sy eie kos soek en maak, en vir hom 'n huisie bou.”
Publikasiedatum: 2017-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176415

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede, toe diere nog kon praat, het Mamma Eend op 'n pragtige plaas gebly. Dit was lente. Die son het helder geskyn en die gras was groen. Onder 'n bos naby die rivier het Mamma Eend op vyf eiers gesit en broei. Eendag kruip vier eendjies uit die doppe, maar die vyfde eier broei nog nie uit nie. 'n Paar dae later broei daar uiteindelik 'n groot, lelike eendjie uit. “Jy's nie 'n eend nie!” roep Mamma Eend uit. “Wie's jou mamma?”
Publikasiedatum: 2017-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176408

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n arm houtkapper met twee kinders: Hansie en Grietjie. Een aand sê die houtkapper vir sy vrou: “Ons het nie meer geld om vir die kinders kos te koop nie. Wat gaan ons doen?” “Ek het 'n plan,” sê die houtkapper se vrou. “Vat Hansie en Grietjie tot diep in die woud en los hulle dan daar. Miskien kry hulle iemand wat na hulle sal kyk.”
Publikasiedatum: 2017-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176392

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 90
R 81Jy spaar R 9
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie wat aan die rand van 'n yslike groot woud gebly het. Haar verjaardagpresent van haar ouma was 'n mooi rooi mantel met 'n kappie. Die meisie was baie lief daarvoor en wou niks anders meer dra nie. Daarom het almal haar Rooikappie genoem. Eendag sê Rooikappie se mamma vir haar: “Ek het 'n paar eetgoed en 'n bottel wyn in die mandjie gepak. Jou ouma is siek. Vat dit vir haar, dit sal haar beter laat voel.”
Publikasiedatum: 2017-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173605

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Met hierdie boek ontwikkel kinders speel-speel hul fynmotoriese vaardighede deur ses figuurtjies met die vingerpaadjies se gleufies langs te laat gly. Die soekbladsye met kleurvolle prente sorg boonop vir baie ure se speel- en kykplesier.
Publikasiedatum: 2016-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.