●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312321

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 225
As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra's moet dra - o ja, en jy gewoond is aan koue koffie - dan is hierdie rubriekbundel vir jou!
'n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.
Publikasiedatum: 2021-06-25
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182461

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 330
Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021. Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie. Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit 'n beter tyd vir 'n boek soos dié nie.
Publikasiedatum: 2021-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300113

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 170
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge - van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Hy verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.

OOR DIE OUTEUR
Doc Immelman is 'n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag - en sorg vir 'n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312383

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 250
Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? G'n wonder nie die assuransie-assessor het net sy kop geskud toe hy die vernielde Toyota-bakkie ondersoek het.
In hierdie rubriekbundel vertel Gustaf Pienaar staaltjies oor sy bure en familie; oor modelmotortjies en régte motorkarre. Daar's iets oor vliegtuie en oor bekendes soos JFK, Churchill, Smuts, Vorster en Ian Smith. Vergeet ook nie die hand vol vermaaklike stories geïnspireer deur die skrywer se loopbaan as SAUK-omroeper en daarna as regspraktisyn nie.
Pienaar se skryfwerk getuig van 'n ondeunde sin vir humor, 'n uitstekende mensekennis en 'n wye belangstellingsveld.
Die perfekte boek om mee te ontspan aan die einde van 'n lang dag.

Kort stukkies elke aand voor slaaptyd lees? Moenie glo nie, ek kon nie ophou lees nie, en is deur 'n rykdom van pittige wetenswaardighede en ervarings meegesleur. Gustaf Pienaar se sin vir geskiedenis maak hom 'n boeiende verteller. - Fransjohan Pretorius
Publikasiedatum: 2021-10-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393217

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 300
Fabels en fantasieë deur Murray La Vita
Ek wou so graag hê een van daardie fone moet lui en die man moet (sonder om verbaas te lyk) omdraai en dit optel. Dan moet hy glimlag en in 'n stem wat al dekades lank aan miljoene mense bekend is, sê: “Hello, Elvis here.”
Boodskapper van die gode is ʼn keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag. Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vergrype op eilande, hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, eerste liefde op sy hartsplek Hangklip, en hoe sy geliefde vriendin in ʼn heks verander het. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.

Murray La Vita is ʼn bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer. Boodskapper van die gode bestaan uit sketse wat as rubrieke in hoofsaaklik Die Burger verskyn het. Hy skryf dikwels oor op die oog af klein gebeurtenisse en dinge, maar dit word dan ontgin op ʼn wyse wat die leser meermale onrustig of melancholies stem.
Publikasiedatum: 2019-02-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426295

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 240
In hierdie versamelbundel is daar 'n groep uiteenlopende mense gevra om elk 'n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van 'n Bybelteks.
Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of 'n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met 'n teks verbind kan word. Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met 'n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons 'n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard,Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.
Publikasiedatum: 2018-10-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302926

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 67
'Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.'
Die potlooddief se bruid en ander stories, 'n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby. Sy skryf oor die mense naaste aan haar - die mans, vroue en kinders van haar hart - en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n dromer kan.
Keina Swart het ná skool 'n tale-draai (Duits, Frans, Engels) op Tukkies gemaak en daarna 'n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is die afgelope veertien jaar redakteur en mede-eienaar van die Waterberg-streekskoerant Die Pos, wat in 2013 'n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. Vir haar rol in die gemeenskapspers is Keina onder meer nasionaal deur Sanlam vereer as Rubriekskrywer van die Jaar en vier keer aangewys as een van die land se top tien joernaliste. Van haar skryfwerk verskyn in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Rapport, Die Burger, Beeld, Volksblad, By, Lééf en Weg!Platteland.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776091102

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 200
Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan 'n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit 'n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in 'n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op 'n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om 'n ontkleedanser by 'n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

'n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798156868

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 435
'Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE - na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)
Publikasiedatum: 2012-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313373

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 275
Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy 'n 3D-bril opsit of 'n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede.
Dreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien.
Dis 'n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos 'n vingerhoed, 'n verdwaalde los skroefie, 'n geel badeendjie op die vloer van 'n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor 'n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, 'n intakte beesoog in die pad, meerminne, 'n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander.
Die skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920608910

Fiksie: Rubrieke

Illustreerder: Fred Mouton
Fiksie  -  Rubrieke
R 180
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die jaar daarna het 'n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat. Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale - wat van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie - met Fred Mouton se kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
Publikasiedatum: 2017-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795710520

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 245
Misfit: stories vannie anne kant bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing - die misfists. Ons leer ken vir Nana, 'n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in 'n updo), die lockdown-familiebraai oor Zoom, en hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word.
Publikasiedatum: 2022-07-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920434175

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 250
Toe Jonathan Jansen 'n kind was, het sy ma eendag vir hom gesê: 'My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies nie' - bedoelende dat mens nooit moet maak of nonsens betekenis het nie.

En inderdaad is hy nou landwyd bekend as iemand wat 'n ding sê soos dit is. Hy is 'n strydvoerder vir gesonde verstand en gee nie om as hy in die proses op 'n paar tone trap nie. As mens hom vra hoekom sy kontroversiële rubrieke so gewild is, sê hy ''n Goeie artikel irriteer elke keer die helfte van jou lesers; die geheim is om elke keer 'n ander helfte te irriteer.'
Publikasiedatum: 2011-04-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356904

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 250
Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld. Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.
Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.
Publikasiedatum: 2023-08-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320995

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 245
Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se 'Laaste sê'-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.
Publikasiedatum: 2018-05-31
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.