Fiksie
Rubrieke

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384796

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 230
R 184Jy spaar R 46
Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence!
Retoer: Pretoria - Provence is 'n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in 'n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met 'n ATKV-Mediaveertjie vereer is.
Dié “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: Van haar jeugherinneringe - haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was - tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor 'n tiekieboks, die karre van haar kleintyd ('n bruin Opel en 'n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang.
Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”.
Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike.
'n Tema wat soos 'n paar voetspore deur Retoer loop, is dié van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self.
Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op 'n sielsreis neem.

Dit is Van der Vyver se eerste versamelbundel wat nie slegs in Provence afspeel nie, maar in al die plekke van haar jeug en volwasse lewe - van daar Provence én Pretoria in die titel. Die hoofstuktitels is ook die titels van haar vorige boeke, soos Wegkomkans en Misverstand, wat bydra tot die gevoel dat dit 'n reis is deur haar lewe.
Publikasiedatum: 2018-09-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320995

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 195
R 156Jy spaar R 39
Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se 'Laaste sê'-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.
Publikasiedatum: 2018-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208219

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 169
R 135Jy spaar R 34
”CONFESSIONS OOR KERKWEES reflekteer my nadenke in koerante, tydskrifte, my blog en ander publikasies.

Wanneer jy 'n rubriek of artikel skryf, skryf jy vir 'n spesifieke leser, die tipiese oom of tannie wat daai koerant of tydskrif koop. Die goed op my blog is anders - wie weet wie lees dít? Baie van wat ek daar geskryf het, het uitgeglip en is nie beplan nie.

Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin én wit én swart, mooi en lelik, goed en sleg. In die woorde van Diane Ackerman: “It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.” My hoop is dat jy iets hiervan sal raaklees.

My grootste inspirasie was nog altyd die vreemde wesens wat ek deur die jare raakgeloop het op onwaarskynlike plekke - selfs in my drome. Baie van hulle waag dit selde op “tradisioneel godsdienstige plekke”, maar hulle ken geheime oor God. Ek wil jou graag aan 'n paar van hulle voorstel.

Ek het met die saamstel van die boek agtergekom dat ek nie altyd met myself saamstem nie, hier en daar weerspreek ek myself. Ek vermoed ek is geestelik effens bipolêr, veral met betrekking tot die kerk. Soms laat sy my huil, soms laat sy my lag, soms wonder ek of as Jesus vandag sou lewe, Hy ons ook van die Christendom sou wou verlos.
Die boek is dus ietwat deurmekaar, maar ten minste (hoop ek) nie te vervelig nie ...”
Publikasiedatum: 2018-03-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176941

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 230
R 184Jy spaar R 46
Dié boek bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet 'n mansmens dan nou 'n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse kry 'n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
Publikasiedatum: 2018-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776091102

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 240
R 192Jy spaar R 48
Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan 'n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit 'n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in 'n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op 'n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om 'n ontkleedanser by 'n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

'n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316360

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 175
R 140Jy spaar R 35
Woorde, uit die mond of skryfhand van mense wat hulle storie ken, boei Bernard Odendaal so lank hy kan onthou. As poësiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom kon hy sy brood op grond van sy belangstelling verdien.
Taal lewe egter ook, miskien veral, buite boeke - in die interaksie tussen karakters van vlees en bloed.
Toe redakteurs by die webtuiste Versindaba en die koerante Bloemnuus en Volksblad hom dus vra om kort lekkerlees-bydraes oor sy aldagbelewenisse te begin skryf, was huiwer of weier vir Bernard buite die kwessie. Hoewel selde streng feitelik van aard, is die kort vertellings, sketse en besinnings in hierdie bundel almal gebaseer op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het. Wat taal (kan) doen, of wat buite die reikwydte van taal is, vorm 'n draad wat deur die bundel vleg..
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302926

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 165
R 132Jy spaar R 33
'Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.'
Die potlooddief se bruid en ander stories, 'n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby. Sy skryf oor die mense naaste aan haar - die mans, vroue en kinders van haar hart - en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n dromer kan.
Keina Swart het ná skool 'n tale-draai (Duits, Frans, Engels) op Tukkies gemaak en daarna 'n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is die afgelope veertien jaar redakteur en mede-eienaar van die Waterberg-streekskoerant Die Pos, wat in 2013 'n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. Vir haar rol in die gemeenskapspers is Keina onder meer nasionaal deur Sanlam vereer as Rubriekskrywer van die Jaar en vier keer aangewys as een van die land se top tien joernaliste. Van haar skryfwerk verskyn in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Rapport, Die Burger, Beeld, Volksblad, By, Lééf en Weg!Platteland.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300113

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 150
R 120Jy spaar R 30
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge - van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Hy verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.

OOR DIE OUTEUR
Doc Immelman is 'n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag - en sorg vir 'n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798156868

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 425
R 340Jy spaar R 85
'Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE - na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920188351

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 170
R 59Jy spaar R 111
Wilhelm Jordaan se stukke is weeklikse pitkos vir duisende koerantlesers. Die akademikus se verwondering aan die lewe en sy wye verwysingsraamwerk inspireer joernaliste, skrywers, teoloe, akademici en duisende ander wat oor dekades heen sy rubrieke in Beeld en Die Burger versamel het. Spitstyd verskyn na versoeke uit vele oorde.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920434175

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 175
R 140Jy spaar R 35
Toe Jonathan Jansen 'n kind was, het sy ma eendag vir hom gesê: 'My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies nie' - bedoelende dat mens nooit moet maak of nonsens betekenis het nie.

En inderdaad is hy nou landwyd bekend as iemand wat 'n ding sê soos dit is. Hy is 'n strydvoerder vir gesonde verstand en gee nie om as hy in die proses op 'n paar tone trap nie. As mens hom vra hoekom sy kontroversiële rubrieke so gewild is, sê hy ''n Goeie artikel irriteer elke keer die helfte van jou lesers; die geheim is om elke keer 'n ander helfte te irriteer.'
Publikasiedatum: 2011-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.