Nie-fiksie / Non-fiction
Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Results 1 to 15 of 25
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928257547

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 130
R 104Jy spaar R 26
An essential guide for those dealing with the Cape Water Crisis and for general water saving in South and southern Africa, a notoriously water-scarce region.
Three provinces in South Africa have been declared national disaster zones because of drought. The way we think about water needs to change, and fast. This is especially true for those of us who have running water and flush sanitation piped into our homes. For millions of South Africans, water is already a precious resource that costs toil to collect and fuel to heat. Our middle-class expectations that water will gush steaming from our dozens of indoor taps 24/7 are going to look as bizarre to future generations as the spectacle of Cleopatra bathing in asses' milk. Our Roman-orgy relationship with water is over.

This book will hopefully help to alleviate water panic and distress. A “can-do” compendium, it's meant to be a guide, not prescriptive - not all solutions or tips are one-size-fits-all. Think of it as an ally in your fight to save water and part of your survival kit, along with the first-aid box; Valium for water-worriers.
Publikasiedatum: 2018-04-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868426287

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 295
R 236Jy spaar R 59
Kamers wat inspireer. Van die wêreld van 'n kunskurator tot 'n dag in die lewe van 'n jong bakker wat weekliks honderde brode met die hand vorm. Van fynproewerskos tot unieke juwele. Van handgemaakte kaartjies tot die fynste porseleinskeppings, helende lyfprodukte, unieke wyne, klassieke klere en antieke meubels. Sielskos wat jou weer sal laat droom en jou 'n kykie gee in die lewens van mense wat hul passies uitleef.
Hierdie boek vier die wonderlike suksesverhaal van die skeppende geeste wat jaar na jaar bydra om KAMERS die grootste vertoonvenster van plaaslike talent in Suid-Afrika te maak.

Bella, soos almal haar noem, was lank by die tydskrifwêreld betrokke as skoonheids- en moderedakteur. Daarna het 'n vryskutloopbaan as modestilis en blogger gevolg en in 2012 het sy die kosmark by Die Palms in Woodstock begin. In 2013 het sy haar eerste KAMERS 'pop up deli' gehad. Haar smullekker quiches, befaamde rissiesous en Weskusmossels in 'n pikante roomsousie het uit haar keurige stalletjie gevlieg.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217440

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 190
R 152Jy spaar R 38
Elke seisoen is jou beste seisoen is 'n volkleur praktiese gids oor hoe om jou tuin heeljaar op sy beste te laat vertoon. Al die noodsaaklike tuintake, vaardighede en tegnieke word saamgevat in een boek. Die seisoen-tot-seisoen benadering van die boek maak dit maklik vir alle tuiniers om die nodige take in die tuin te verrig soos en wanneer dit nodig is. Elke seisoen se tuintake vir eenjariges, meerjariges en bolplante, struike, bome en rankplante, die grasperk, binnenshuise plante en potplante word bespreek. Basiese, maar tog belangrike tuintake en vaardighede, word stap-vir-stap in inligting-kassies bespreek: soos rose snoei, kunsmistoediening, saai van saad en meer. Grondvoorbereiding, water gee en voeding van die tuin is van kardinale belang en word kortliks en op 'n eenvoudige wyse verduidelik sodat enigeen die raad kan volg. 'n Geillustreerde gids tot die algemene peste en siektes en behandeling daarvan. Pragfoto's van seisoene se 'trefferplante' oor 'n dubbelblad - nie net vir inspirasie nie - ook vir vooraf beplanning vir kleur in die tuin, reg deur die jaar. 'n Algemene tuinplantlys agter in die boek bevat hope inligting, in die vorm van simbole, oor die vereistes en gebruike van die meer as 300 plante vermeld in die boek. Die skoon, lesersvriendelike uitleg en pragtige kleurfoto's en illustrasies maak die boek 'n plesier om te lees en te gebruik.

JJ van Rensburg is 'n gerekende tuinboukundige met twintig jaar ervaring in die groen bedryf by Garden World, en is veral bekend vir sy radio- en televisieoptredes en bydraes tot die tuinbou-rubrieke van verskeie tydskrifte. In die Groenvingers-insetsel van die immersgewilde program Brekfis met Derrich Saterdagoggende op RSG gesels JJ tuinsake met Derrich Gardner al vir sewe jaar lank, en beantwoord hy ook luisteraars landswyd se kwelvrae oor tuinprobleme. Baie van die raad en wenke in hierdie boek spruit uit hierdie gewilde radioprogram. Met die boek deel hy sy passie en bewys hy tuinmaak is nie so moeilik en ingewikkeld nie. Hierdie boek is in samewerking met Tinus Oberholzer geskryf.
Publikasiedatum: 2015-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920479794

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 220
R 176Jy spaar R 44
Al die inligting wat jy nodig het om jou orgideë te versorg, of jy nou 'n groentjie of evare kweker is

Orgideë was lank die domein van spesialiskwekers, maar is deesdae so gewild dat hulle tans beskou word as uiters geskikte plante vir die massamark, en kan by kwekerye, supermarkte en bloemiste gekoop word. Die meeste orgideë word as geskenk ontvang deur mense wat nog nooit een gekweek het of aan die lewe kon hou nie, wat nog te sê dit vir 'n tweede keer te laat blom! Maar as die regte kweekaanwysings gevolg word, kan enigiemand op enige plek orgideë kweek en vir lang tydperke aan die blom hou.

Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou orgideë te versorg, of jy nou 'n groentjie of evare kweker is. Dit fokus op Suid-Afrikaanse toestande met 'n plantseleksie was konsentreer op orgideë wat plaaslik goed sal groei. Die inligting is duidelik en eenvoudig, en dek alle aspekte van die kweek van orgideë sodat jy jou plante gelukkig kan hou en kan verseker dat hulle weer blom. Die inhoud sluit die volgende in:
- Wat maak orgideë anders as ander plante
- Die kweek van orgideë, van groeimengsels tot voortplanting en hibridisering
- Herkenning en hantering van peste en plae
- Gids tot die hooforgideegroepe, veral dié wat algemeen beskikbaar is, met volledige inligting oor die kweek en versorging daarvan
- Metgeselplante vir orgideë: plante wat in dieselfde groeitoestande gedy

Pragfoto's illustreer meer as 420 orgideespesies en -hibriede in die boek, en heelwat daarvan is spesiaal vir die boek geneem. Enigieen kan orgideë kweek bied dus hope visuele inspirasie saam met uitstekende praktiese inligting. Dit sal jou help om die perfekte orgideë te vind en dit maklik maak om hulle in die beste moontlike kondisie te hou.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920479695

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 160
R 128Jy spaar R 32
Kate Emmerson, die Quick Shift Deva, het al duisende mense gehelp met haar unieke programme en deel nou haar passie vir en kundigheid oor hoe om op alle vlakke van jou rommel ontslae te raak met jou. Haar lewe en werkleuse is Leef lig, leef vry en hierdie boek wys jou hoe om dit in jou lewe toe te pas. Sy sal jou inspireer met haar diepgaande begrip van die sielkunde van rommel en hoe dit jou keer om die lewe te lei wat jy bestem is om nou te doen. Leer wat rommel eintlik behels deur 'n definisie wat jou sal bemagtig. Leer hoe ineengevleg die drie aspekte van rommel is en hoe hulle mekaar gyselaar hou. Sien die werklikheid van jou huidige rommel sonder skaamte of verwyte onder die oe. Verstaan hoe rommel jou keer om aan te beweeg en die leuse, leef vry, toe te pas. Sien jou persoonlike stelsel wat jou saboteer onder die oe en waarom jy eintlik rommel het. Bereken die finansiele koste van jou rommel akkuraat. Skuif jou rommel op 'n praktiese wyse deur Kate se stap vir stap proses oor 28 dae te volg. Bly gemotiveer sodat jy die oorweldigende gevoelens wat rommel meebring, kan hanteer. Leer eenvoudige truuks, stappe en stelsels om in die toekoms in beheer te bly.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920479442

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 250
R 200Jy spaar R 50
Twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede span saam om hierdie inspirerende selfdoenboek te skep.

Pragtige volkleurfoto's in elke hoofstuk lei jou eers deur 'n magdom kreatiewe voorstelle om jou tuin of sekere dele daarvan in 'n lus vir die oog te omskep. Daarna volg 'n groot verskeidenheid selfdoenprojekte - van iets wat vinnig en goedkoop gedoen kan word soos die aanplant van 'n mooi hangmandjie, tot ander wat 'n bietjie meer dinkwerk, goeie beplanning en 'n dikker beursie verg. Waterfokuspunte en alles wat daarmee gepaard gaan soos pompe, bybehore, fonteine, visse en koi, plante en onderhoud; hoe om die mooiste potte, houers en hangmandjies te beplant, te versorg, uit te stal en resepte vir wenkombinasies; en hoe om mure en keermure, paadjies, patio's en binnehowe sowel as trappe te bou en te verfraai met die gepaste afwerkings of plante, word breedvoerig bespreek en deurgaans geïllustreer.

Die meeste projekte bevat goeie wenke om jou op die suksespad te hou en sluit kort beskrywings en volkleurfoto's van geskikte plante in om jou skepping nog meer besonders te maak. Aangesien daar deesdae soveel klem op herwinning gelê word, word selfdoenprojekte met ougoed wat prettig is om te doen en ons andersins meer ekovriendelik met ons planeet laat omgaan, ook ingesluit.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780981428741

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 255
R 204Jy spaar R 51
Having photographed some of the most luxurious homes in the world, the renowned photographer, Craig Fraser has found true inspiration in some of the poorest dwellings in the world.

Using only available light, Fraser left the interiors unstyled to capture their 'true beauty'. This book celebrates a decorating spirit that renews and colours South Africa's urban landscape and claims worldwide appeal.
Publikasiedatum: 2010-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920268534

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 175
R 140Jy spaar R 35
Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in.
Publikasiedatum: 2010-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217228

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 138
R 110Jy spaar R 28
Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers.

Só maak ons tuin - maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke.
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217235

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 27
R 22Jy spaar R 5
Voedsame grond is die basis waarsonder geen tuinier sukses kan behaal nie. Die tuinier moet die samestelling van tuingrond verstaan en weet hoe en wanneer om kompos, organiese en anorganiese voeding toe te dien. Daarna moet die kwaliteit bestuur en beskerm word om te voorkom dat die kosbare grond uitgeput word. Voeding vir jou tuin kan sorg vir 'n pragtige tuin - natuurlik nie sonder jou as entoesiastiese tuinier nie!
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217259

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 27
R 22Jy spaar R 5
Sommige insekte is welkome besoekers in jou tuin, maar die skadelikes kom ook ongenooid. Daarby betrap die swamme jou ook onverhoeds en, ai, die ewige onkruid! Hoe nou gemaak, want 'n verantwoordelike tuinier dien nie sommer lukraak insek- en plaagdoders op groot skaal toe nie? Wat van die res van jou tuin? Gelukkig is daar vir elke tuinier 'n oplossing in Skadelike insekte en siektes in jou tuin.
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919992952

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 170
R 136Jy spaar R 34
Die skoonheid, vorm en geur van vars blomme gee kleur en lewe aan enige plek wat dit vul. Hierdie lieflike boek met sy pragfoto's en innoverende idees wys jou hoe om blomme op hul beste te vertoon en die plesier wat hulle jou bring, te verleng. Leer oor die beste blomme en loof vir rangskikkings wat hou, kleur, kobinasies en houers, hantering en ersorging van blomme en veel meer.
Publikasiedatum: 2009-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217082

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 27
R 22Jy spaar R 5
Die Tien uit Tien Tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinontwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. In elke boek word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat.
Publikasiedatum: 2008-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217105

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 27
R 22Jy spaar R 5
Die Tien uit Tien Tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinontwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. In elke boek word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat.
Publikasiedatum: 2008-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217129

Nie-fiksie / Non-fiction: Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Huis & Leefstyl / Home & Lifestyle
R 27
R 22Jy spaar R 5
Die Tien uit Tien Tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinontwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. In elke boek word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat.
Publikasiedatum: 2008-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.