●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Results 1 to 15 of 129
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602530

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 235
R 188Jy spaar R 47
Iets vir elke brei-entoesias. Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied 'n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur. Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is 'n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.
Publikasiedatum: 2021-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602547

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 235
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie hekelboek bied 'n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur. Die 50 hekelpatrone beloof om elkeen se hekel-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te hekel. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan hekel. Daar is 'n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te hekel.
Publikasiedatum: 2021-05-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601007

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 350
Hoe hekel weer my lewe gered het
Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot mishandeling. Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer. Elke storie dien as inspirasie vir 'n motief en hierdie motief word in 'n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone - iets vir almal!
Publikasiedatum: 2021-02-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384840

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 345
Hier is 'n hekelboek met 'n verskil.
Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling.
Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees.
Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories.
Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry.
Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik.

Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk.
Publikasiedatum: 2019-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201106

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 140
R 59Jy spaar R 81
Sandy Griffiths deel eietydse, oorspronklike idees vir 'n verskeidenheid piouter-juwele. Daar is oorbelle, armbande, borsspelde en hangers te kies en te keur. Maak hulle vir jouself of as 'n seer gewaardeerde geskenk. 20 projekte, meestal met foto's van variasies; diagramme vir al die ontwerpe ingesluit; maklik om te maak, steeds stylvol en elegant.
Publikasiedatum: 2018-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201731

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 230
R 99Jy spaar R 131
Hierdie boek is nie 'n selfdoengids oor tradisionele raamwerk nie - dit is propvol oorspronklike idees en wys jou hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te tooi sodat jy jou foto's, prente en ander items op hul mooiste kan vertoon. Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot 'n groot swartbord vir 'n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee. Die boek spoor jou aan om anders na rame te kyk en verder as hout en verstekhoeke te gaan. Leer om rame te maak met polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, draad, lap, liniale, 'n ou fietsband en ander vondste en te versier met uiteenlopende materiaal soos gebruikte seesakkies en goudblad. Daar is ook rame wat funksioneel sowel as dekoratief is en kan dien as organiseerders vir enigiets van serpe tot notas en memos. Praktiese wenke en stap-vir-stap-foto's word aangevul deur pragtige kleurfoto's van meer as 60 voltooide rame.
Publikasiedatum: 2018-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799367478

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 325
R 99Jy spaar R 226
Tunisiese hekelwerk is 'n baie ou hekeltegniek wat tans 'n oplewing beleef. In die verlede was Tunisiese hekel sinoniem met dik, swaar komberse, maar deesdae breek hekelaars weg van dié tradisionele styl en eksperimenteer met opwindende nuwe steke en tegnieke. Nou bestaan Tunisiese hekel uit fraaie kantpatrone, interessante vorms en kleurryke ontwerpe!
Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas is 'n volledige gids wat jou leer om dié gewilde hekeltegniek te bemeester. Met die hulp van pragtige volkleurfoto's leer jy stap-vir-stap sowat 40 verskillende steke en ander hekelkunsies.
Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas verduidelik onder meer:
-Hoe om verskillende hekelpenne vir Tunisiese hekelwerk te gebruik
-Hoe om patrone te lees en diagramme te verstaan
-Waarvoor afkortings en simbole in Tunisiese hekel staan
-Hoe om probleemareas raak te sien en reg te maak
-Hoe om 40 verskillende steke te maak
-Hoe om kleure en fatsoene in patrone te verweef
Beatrix Snyman is 'n kundige hekelaar wat reeds sedert 2012 hekelklasse en - werkswinkels aanbied. Sy ontwikkel oorspronklike hekelpatrone en het ook haar eie reeks alpakka- en merinohekeldraad bekendgestel.
Publikasiedatum: 2018-07-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201687

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 210
R 99Jy spaar R 111
Volg Debbie se maklike aanwysings en die duidelike stap-vir-stap-foto's; al die tegnieke word uitvoerig verduidelik en al die projekte kan met 'n basiese naaimasjien gemaak word. Gebruik Debbie se 'ontwerphulp' om die projekte volgens jou eie smaak aan te pas en sommer ook jou eie sakke suksesvol te ontwerp en te maak.
Publikasiedatum: 2018-05-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928376026

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 225
R 99Jy spaar R 126
Découpage, een van die gewildste handwerksoorte wat weer sy verskyning, is ideaal om bykans enigiets te versier!

Découpage, een van die gewildste handwerksoorte wat onlangs weer sy verskyning gemaak het, is ideaal om bykans enigiets te versier: van klein kissies tot groot meubelstukke. Dit skop af met materiaal en toerusting, die voorbereiding van basisse, kies van servette, papier en lap, snytegnieke en hoe om die regte produk vir jou projek te kies en bespreek dan meer as 50 aanvallige projekte met duidelike stap-vir-stap-aanwysings en lieflike foto's van die eindproduk.

Met die huidige fokus op herwinning is découpage 'n prettige en maklike manier om enigiets 'n nuwe baadjie te gee omdat dit op so 'n groot verskeidenheid oppervlakke kan werk - van glas en plastiek tot lap en hout. Danksy die beskikbaarheid van soveel doelspesifieke produkte kan jy die tradisionele en nuwe tegnieke kombineer in 'n legio moontlikhede.

Die boek is geskik vir beginners, en 'n sekere bron van inspirasie vir meer gevorderede handwerkers. Die projekte wissel van plekmatjies en blikke, tot groter projekte soos stoele, 'n bedkopstuk en 'n fotomuur.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217594

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 525
Die Suider-Afrikaanse subkontinent is besonder ryk aan inheemse boomspesies (sowat 2100) wat in grootte wissel van struikagtiges tot oeroue, hooggroeiende reuse. Baie van die boomspesies en die natuurlike omgewing waarin hulle voorkom, is al deeglik bestudeer en gedokumenteer in vele algemene beskikbare publikasies.
Inligting oor hulle hout is egter beperk en nie maklik toeganklik vir die algemene publiek nie. Hierdie boek bevat inligting oor die houtkenmerke en houteienskappe van 140 Suider-Afrikaanse houtsoorte (134 inheemse en ses uitheemse spesies).
Verskaf inligting oor historiese gebruike, waar bome groei, beskikbaarheid en volhoubaarheid van die hout en die praktiese aspekte van oes en verwerking.
Uitstekende kwaliteit teks en uitstekende reproduksie en drukwerk.
Die enigste kommersieel beskikbare boek wat fokus op die eienskappe van Suider-Afrikaanse hout, geskryf in 'n styl wat byval sal vind op 'n wye gehoor: professionele houtwerkers, ontwerpers, argitekte, houthandelaars en houtversamelaars, plantkundiges en almal wat belangstel in bome en hout. .

'n Moet-hê vir almal wat hout en bome liefhet!
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201861

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 250
R 99Jy spaar R 151
Projekte vir geskenke en idees vir toedraai, nét die boek wat jy nodig het om jou geliefdes te bederf.

Wat kan lekkerder wees as om die perfekte handgemaakte geskenk vir iemand te gee. Met meer as 50 projekte vir geskenke en hope idees om hulle pragtig toe te draai, is hierdie boek nét wat jy nodig het om jou geliefdes te bederf. Daar is iets vir almal - van troeteldiere tot vriende, van babas tot oupas en oumas - en geskenke vir enigiets van 'n verjaarsdag en 'n huweliksherdenking tot 'n kombuis- of ooievaarstee.

Elke projek word duidelik met eenvoudige stap-vir-stap aanwysings uiteengesit en vergesel van 'n lieflike kleurfoto van die voltooide item. Daar is deurgaans uitstekende verpakkingsvoorstelle asook wenke en raad met alternatiewe wat jou sal help om unieke geskenke te skep wat harte baie bly sal maak.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201892

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 240
R 99Jy spaar R 141
Hierdie boek oorbrug die gaping tussen kuns en handwerk en verduidelik maklike hand-werk-tegnieke wat enigeen kan gebruik om oorspronklike kunswerke te skep. Leer hoe om op 'n verskeidenheid oppervlakke met enigiets van die tradisionele akriel- en olieverf tot kraakvuller, sement en sand moderne blok-kuns te skep. Treffende foto's van al die voltooide projekte, vergesel van duidelike stap-vir-stap aanwysings en nabyskote, wys jou hoe en sal die sluimerende kunstenaar in jou laat ontwaak. Benewens die onweerstaanbare projekte, is daar inligting oor basiese tegnieke, kleur, tekstuur-mediums, kleefmiddels, oplosmiddels, afwerkings en verseelmiddels, asook 'n nuttige woordelys van tegnieke en apparaat. Die boek bevat die gewildste projekte uit Kitskuns, Slimkuns en Blitskuns.
Publikasiedatum: 2016-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201755

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 240
R 99Jy spaar R 141
Handwerkmetaal het eindelose versierpotensiaal. Dit is buigsaam en kan om bykans enige oppervlak gevou of daarop geplak word. Hierdie boek fokus op gekleurde handwerkmetaal - hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, die byvoeg of wegneem van kleur, 3D-ontwerpe wat ingevul word en vele meer - en hoe jy daarmee unieke items vir jou tuiste kan skep. Leer meer oor metaal en items waarop dit aangebring kan word, hoe om die nodige gereedskap te gebruik, en hoe om verskeie tegnieke toe te pas wat almal gebruik kan word om die meer as 50 dekoratiewe of funksionele items te skep. Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer, soos: Die oordra en natrek van ontwerpe; Hoe om met eenvoudige handgereedskap tekstuur te skep; Die gebruik van bosseleerapparaat soos die cuttlebug om tekstuur, patrone en uitsnywerk te skep; Afrondingstegnieke soos skuurwerk, veroudering en verf; Herwinning en hergebruik; Wenke en raad om prosesse te vereenvoudig. Daar is projekte vir alle vaardigheidsvlakke, van beginners tot gesoute handwerkers, en maklike items wat blitsvinnig gemaak kan word tot meesterstukke wat langer sal neem om te voltooi. Manjifieke foto's van die voltooide items sal jou inspireer en jy kan danksy die stap-vir-stap foto's en aanwysings sommer dadelik aan die werk spring.
Publikasiedatum: 2016-06-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379730

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 240
Elke kind sien uit na markdag by die skool, terwyl elke moedelose ma en pa skarrel om aan idees te dink. Die produk moet iets wees wat jy en jou kind saam kan maak; jou insetkoste moet so laag as moontlik gehou word sodat jy 'n goeie winsmarge het en jou produk moet verkóóp. Maar wat wil kinders graag koop? Die skrywer het navorsing onder graad 3 tot 7 leerders op markdae gedoen. Meisies hou daarvan om mooi goedjies en geskenkies te koop; seuntjies wil speel, of dit nou met 'n mannetjie of 'n speelgoedwapen is. Dit is ook baie belangrik om kinders van kleins af te leer dat 'n skynbaar nuttelose item weer lewe kan kry. ('n Verdere bonus is dat jy geld daaruit kan maak!)
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620661614

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 160
R 80Jy spaar R 80
Hekel - idees en patrone vir vroue is 'n waardevolle toevoeging tot enige handwerker se patroonversameling.

Die ontwerper, Karen Adendorff, gee 'n boheemse flair aan hierdie patrone vir 'n moderne en interessante voorkoms. Die uitgangspunt is om weg te breek van tradisionele en outydse style en 'n internasionale varsheid in hekel te vestig.

Die artikels is met plaaslik-vervaardigde brei- en hekeldraad gehekel en word met volkleurfoto's en diagramme toegelig.

Karen Adendorff was tien jaar lank uitgewer van nie-fiksie by LAPA Uitgewers. In hierdie tydperk het sy bykans 100 boeke die lig laat sien. Sy is ook die outeur en samesteller van 12 van haar eie titels. Bykans almal was topverkopers. Haar mees onlangse titels Alles oor hekel (2014) en Alles oor Hekel 2 (2015) haal nog steeds die topverkoperlys.

Sy was die aanbieder van 'n reeks oor kreatiewe herwinningsprojekte op die kykNet-program Droomhuis en lewer op 'n gereelde basis handwerkbydraes vir tydskrifte soos Vrouekeur, Idees en Lig.
Publikasiedatum: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.