●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Results 1 to 15 of 344
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091813

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 290
R 232Jy spaar R 58
Is jy 'n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie.
Rolene Strauss deel hoe ook sy met selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het, en hoe sy ware selfvertroue gevind het.
Dié boek is 'n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.
Publikasiedatum: 2021-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625352

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 299
R 239Jy spaar R 60
As jy gedink het dit is maar net normaal om met toksiese gedagtes, depressie en angs saam te leef, dink weer. Die pad na 'n gesonde gedagtewêreld en ware geluk is dalk baie korter as wat jy dink.
In Kry jou kop skoon gee dr. Caroline Leaf 'n 5-stap-plan wat jou sal lei om negatiewe gedagtes en emosies te identifiseer en te oorkom. Die plan, wat wetenskaplik bewys is, word ondersteun deur aangrypende gevallestudies. Enigiemand wat hierdie 5 stappe volg, sal 'n dramatiese verskil in hul fisieke en emosionele gesondheid ervaar.
Ontdek in Kry jou kop skoon hoe jy in net 3 siklusse van 21 dae beheer kan neem oor jou chaotiese gedagtewêreld sodat jy volkome emosionele en liggaamlike gesondheid, vrede en geluk kan ervaar.
Publikasiedatum: 2021-08-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604251

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 195
R 156Jy spaar R 39
Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet
In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees. Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat.
Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets. In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër.
Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.

KLIK OP DIE YOUTUBE SKAKEL HIERONDER OM TE KYK NA 'N ONDERHOUD MET DIE SKRYWER

Youtube
Publikasiedatum: 2021-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639606002

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 295
R 236Jy spaar R 59
Kintsugi is die Japanese kunstegniek om 'n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak 'n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in 'n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop. Dit is spesiaal om die pad van 'n psigiese versteuring met 'n geliefde te loop - 'n pad wat verby verrukking en verskrikking kronkel. Die mense na aan iemand met 'n psigiese siekte voel alleen en dikwels verlate. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel. Psigiaters en sielkundiges gee praktiese raad oor wat om te doen, veral as 'n situasie ondraaglik of gevaarlik raak. Selfdood het dikwels 'n lang aanloop en daar kan ingegryp word. In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Die feit dat net een in ses mense met 'n psigiese siekte behandeling kry, wys hoe belangrik ondersteuning deur geliefdes is. Lees hier vir advies. Daar is hoop. Die boek is uniek gefokus op ervarings van en hulp vir geliefdes. Voorste kenners bied praktiese raad oor hoe om saam met angs, verslawing, bipolêre gemoedsteuring, depressie, eetsteurnis, obsessief kompulsiewe versteuring, opgaarversteuring, posttraumatiese stresversteuring, histrioniese versteuring, grenslynpersoonlikheidsversteuring, skisofrenie, tourette-sindroom en delusionele versteuring te leef. Pieter van Zyl het 'n honneursgraad in sielkunde en 'n graad in joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch. Hy is 'n senior verslaggewer met 'n spesiale belangstelling in psigiese gesondheid by Huisgenoot. Hy was vroeër 'n genoot by die Rosalynn Carter Fellowship for Mental Health Reporting. Hierdie is sy tweede boek na Gert & Joey.
Publikasiedatum: 2021-05-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322685

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 240
R 192Jy spaar R 48
Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.
Publikasiedatum: 2021-04-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776095582

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 290
WENNER VAN DIE ANDREW MURRAYPRYS 2021
Siekte is 'n natuurlike verskynsel sonder betekenis - potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed - in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos - maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk.
'n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko's van behandeling en navorsing beskerm word, einde-van-dielewe- besluite ... en bereik dan die hoogtepunt: Hoop, Heling en Harmonie. Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels in die media bespreek.
Covid-19 is vir almal 'n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe broos die mensdom is. Hoop, heling & harmonie is 'n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend aanspreek. Die boek is uniek en sistematies, die teks en styl is toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om opnuut oor siekte-ervaring na te dink.
Publikasiedatum: 2020-07-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426745

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 240
Maak jou lewe 'n plesier is 'n praktiese gids wat lesers help om geluk in elke dag te vind.
Baie mense is ongelukkig, depressief en angstig oor die lewe en hul toekoms. Dit is nie nodig om so te leef nie.
Almal kan 'n gelukkige en gebalanseerde lewe ervaar. Hierdie boek is vol keuses wat jy moet maak om blymoedig en vreugdevol te lewe.
Publikasiedatum: 2019-06-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928415817

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 275
Anna-Marie Koen het in 2015 opgehou praktiseer as sielkundige na 25 jaar in 'n privaat praktyk. Sy het begin skryf aan haar debuutboek, “Gulpflerrie”. Dit is seks stories, gebaseer op ware fantasieë van professionele vroue.

Na onderhoude met professionele vroue gevoer is oor hulle seks fantasieë, kom sy tot die gevolgtrekking:
Die drie boustene van 'n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie.
Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer.
Seks is 'n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met 'n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies.
As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.

In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” 'Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868429431

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 270
Met bydraes deur top Afrikaanse skrywers - deur hul diep persoonlike verhale oor verlies en heling te deel, bied die bydraers onbewustelik ook raad vir hoe om die hartseer van 'n geliefde se dood te verwerk en hoe om jou eie sterflikheid te konfronteer. So vertel Marita van der Vyver van haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach deel sy ervaring van eensaamheid na sy vrou se dood. 'n Paramedikus beskryf sy daaglikse ontmoetings met die dood, daar is 'n lys van dinge wat 'n mens vir 'n sterwende moet sê en nie moet sê nie en ook 'n bespreking van die rituele om die dood. Daar is soms selfs 'n bietjie humor...
Publikasiedatum: 2019-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393248

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 295
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom.
Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.
Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.
Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.
Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
Publikasiedatum: 2019-03-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179775

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 285
Dit is nie noodwendig maklik om bly te wees nie - maar Johannes de Villiers wys hoe dit 'n haalbare doel is vir enigiemand. Vind in hierdie boek 'n omvattende blik op lewensvreugde; alles van teorieë oor wat presies blydskap behels tot praktiese wenke om dit te bereik, met inligting van spiritueles sowel as sielkundiges. Ware verhale staaf sy voorstelle, soos dié van die man wie se pad na blydskap begin het toe Geheime Polisie hom skiet.
Publikasiedatum: 2019-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621088

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 250
Ontdek hoe beheer oor jou denke jou kan help om sukses te behaal in alle areas van jou lewe.
Hoe en wat ons dink, het 'n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sê, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons 'n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?
Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:
· 'n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer

· 'n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk

· 'n gids om hulle gedagtewêreld optimaal te leer benut
Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en - die belangrikste van alles - 'n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175883

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 290
R 79Jy spaar R 211
Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe  dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, 'n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.
Publikasiedatum: 2018-02-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620744744

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 200
Verhoudings is lewensbelangrik, sê die sielkundige Ronel du Toit in haar boek Verhoudings onder druk - 13 beginsels wat maak dat verhoudings slaag of misluk.

Sodra jy kan insien dat jou lewensgeluk en menswees hoofsaaklik afhang van die verhoudings waarin jy is, is jy gereed om meer van jou verhoudings te wete te kom, skryf Ronel. Haar belangstelling in jongmense en hulle stryd om van verhoudings sin te maak, was die dryfveer vir die boek. Jy kan saam met Ronel soek na antwoorde op kwelvrae soos: Hoe kan ek my verhoudings beter verstaan? Waar staan ek in my verhoudings? Hoe kan ek my kollega, ouer, kind, huweliksmaat of vriend se optrede beter begryp? Wat kelder my verhoudings met mense van ander gelowe, rasse of kulture? Wat kan ek doen om gelukkiger en volhoubare verhoudings te hê? Die dertien kernbeginsels wat die skrywer in die boek bespreek, wys jou hoe om verskillende lewensverhoudings beter te verstaan en gesprekke daaroor makliker te maak. Ons besef nie altyd die volle impak van ons woorde en gedrag op ons verhoudingsmaats nie, of hoe emosies ons kan pootjie nie. Deur die praktiese scenario's kom die leser weldra agter hoe verhoudingsmaats se kommunikasiestyle op mekaar inwerk. Ronel se handige wenke help jou om jou verhoudings uit te pluis en jou aandeel in verhoudingskonflik raak te sien.
Alle mense, in alle lewenskontekste, kan die boek as 'n gids gebruik om bestaande verhoudings te verbeter, verhoudingsprobleme op te spoor en te hanteer, en voorkomend geesteswelstand te verseker.

OOR DIE SKRYWER:
Ronel du Toit is 'n sielkundige wat by die Universiteit van Pretoria se departement studente-ondersteuning werk. Sy doen individuele terapie, psigometriese toetsing en werkswinkels oor verskeie onderwerpe. Ronel het as plaaskind in die Oos-Vrystaat grootgeword en bedryf steeds 'n boerdery op die familieplaas. In haar vrye tyd hou sy daarvan om in die natuur te wees, tyd saam met haar gesin deur te bring en met haar honde te gaan stap. Ronel is getroud met 'n mediese spesialis. Die paartjie het drie volwasse seuns.
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617975

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 230
Ontdek die ware jy sodat jy bemagtig kan word om die regte keuses in die lewe te maak.

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in 'n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei
Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en 'n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

Oor die outeur

Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommuni­kasie­patologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.
Publikasiedatum: 2017-11-13

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.