AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Fiksie
Romans

Results 1 to 15 of 483
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396799

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 272Jy spaar R 68
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
Nadat die biljoenêr, Nico Cohen, die stigter van die Nikolaïete ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela ('n loskop sosiale vlinder), sy posisie. Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, die Groot Ses, raak vinnig van haar en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ʼn Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ʼn klaarblyklike ineenstorting in ʼn Italiaanse kliniek opgeneem.
Michaela sou die res van haar lewe in die tronk slyt, was dit nie vir die Bybelsmokkelaar en voormalige Britse soldaat, Josh Young, nie. Hy vermoed sy swanger vrou is deur die Orde vermoor en wil hulle ontmasker vir wie hulle werklik is. Slegs met Michaela se kennis oor die organisasie kan hy die hart van die Orde binnedring en die Groot Ses se duistere geheime ontbloot. Hierdie geheime is saamgevat in die verlore Alfadokument wat hulle nou moet opspoor.
Josh ontdek intussen dat sy vermoorde vrou, Daniëlla, met ʼn magdom geheime van haar eie gesit het. Die Polisie verdink Josh nou van haar moord en boonop probeer die Orde se jaghonde hom vermoor noudat hy hulle voortbestaan bedreig. Josh vlug uit Kaapstad saam met die Orde se paniekerige motorwerktuigkundige, Krisjan Coetzee, wat ook vir sy lewe vrees. Hulle kry Michaela uit die tronk, maar van dié sosiale vlinder het niks oorgebly nie. Sy het in 'n gevoellose vegmasjien ontaard wie se gefokusde wraaksug maak dat sy die Groot Ses een vir een wil vermoor ten koste van haarself.
Josh het sy hande vol om haar bloedlus te beheer, maar besef nie dat Vaughan, haar voormalige verloofde, die mees afgryslike sondes teen haar gepleeg het nie. Josh en Michaela veg beide met spoke van hulle onderskeie verledes wat dreig om hulle saak in die wiele te ry. Die roekelose jaagtog tussen hulle en Vaughan om die Alfadokument eerste op te spoor neem hulle van Thailand, deur die Wadi woestyn in Egipte na Italië, Frankryk, Engeland en Ierland, na waar die geheimsinnige leidrade hul lei. Die sielsiek Vaughan is bereid om alles van verkragting tot moord te gebruik om die dokument vir homself in te palm.
Intussen is die Orde met veel erger ongerymdhede besig wat niemand voorsien het nie, selfs nie eens Michaela en Josh nie. ʼn Groter plan is besig om die monster wat die Orde geword het, nog meer energie te gee en net Josh en Michaela kan dit stop.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Geen voorblad
9781485903796

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Publikasiedatum: 2019-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178242

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Mosela Mosholi, 'n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op 'n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe - 'n vliegtuigkaartjie vir die eerste vlug is klaar bespreek. Datameester Mosi se rekenaars voorspel 'n vierde moord op 'n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.

Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp 'n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam - of hy nou wil of nie. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien 'n moordenaar in die Kaapse strate rondloop.

Dit is 'n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. 'n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.

Van Seepunt en Manenberg in Kaapstad tot Tokio en Hakone in Japan. Nog 'n verbluffende roman deur die meesterkrimi-skrywer Irma Venter.
Publikasiedatum: 2019-10-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624011989

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 220Jy spaar R 55
HERUITGAWE

Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van 'n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398205

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word? Aella O'Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers 'n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek. Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van 'n afgevaardigde van 'n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel - op die presiese tydstip wat 'n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel. Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is 'n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring skenk. Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring. Hoe hou die moord op 'n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O'Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge. Die ondersoek is egter ook 'n helingsproses vir O'Malley. Deur die harde werklikheid van 'n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie. Blinde gode is Breytenbach se vyfde roman en Dowe gode was die eerste boek in hierdie tweeluik met dieselfde karakters. Saliger, Vrediger en Heiliger was haar eerste drie boeke.
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397277

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word.
Vita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met 'n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word!
In Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline 'n totaal ander betekenis.
Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit 'n langtermynverhouding en is lus vir 'n nuwe uitdaging.
Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie. Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ...
Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?

Vita du Preez is reeds 'n ou hand met die skryf van byderwetse verhale. Sy toets egter haar eie grense met Klaskamer, waarin sy die wêreld van sado-masochisme verken en so Afrikaans uiteindelik laat aanpas by die goue era van die Victoriaanse erotiek. Ná deeglike navorsing skep sy egter 'n moderne werk wat die leser neem na onbekende waters, sonder om soetsappig, of platvloers te wees. Dit kan ook vergelyk word Olivia Ryann se Punish, of met Nina Lane se werk.

Klaskamer is 'n welkome toevoeging tot erotika in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087830

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
R 232Jy spaar R 58
Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.
Publikasiedatum: 2019-10-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795700873

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 240Jy spaar R 60
HERDRUK
Kinta is omgekrap. Met moeite het sy haar losgemaak van haar eenvoudige agtergrond en familie, en nou dwing 'n ou man in 'n komatoestand, 'n pa wat sy kwalik ken, haar terug in die geselskap van haar halfbroer Abe met die bose glinstering in sy oog, 'n swendelaar wat alles verteenwoordig waarvan sy probeer wegkom. Maar van almal wat besoektyd opdaag, is dit Gustav van As wat dit vir Kinta die moeilikste maak om soos voorheen voort te gaan.
Publikasiedatum: 2019-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179706

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248Jy spaar R 62
Corinne Prinsloo, 'n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in 'n versigtige eierdans rondom mekaar.

Wanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom 'n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor 'n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon 'n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom?

In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om 'n goeie man te wees? Hoe raak 'n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van 'n klein seuntjie genaamd Prins?
Publikasiedatum: 2019-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309253

Fiksie: Romans

Vertaler: Fanie Olivier
Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
'n Beter lewe iewers anders? Terwyl hy sit en teug aan 'n negroni op 'n terras, skryf die skrywer Ilja Leonard Pfeijffer 'n lang brief aan 'n vriend in sy tuisland. 'n Brief waarin hy rapporteer oor sy lewe as ontdekker in die labirintiese Italiaanse hawestad Genua (“La Superba”). Migrasie is die hooftema in hierdie outobiografiese roman waarin die lot van 'n immigrant uit die noorde van Europa gekontrasteer word met die lotsbestemming van die arm immigrante uit Afrika wat gedisillusioneerd sukkel om kop bo water te hou. Die mooiste meisie van Genua, wat die skrywer aanvanklik vanaf 'n afstand af betrag, word sy vlugtende Ariadne deur die labirint van stegies waar hopeloosheid, prostitusie en verlore drome die botoon voer. Net soos die ander immigrante raak Ilja verlore in die fantasie wat hy rondom die stad opgetower het, met verbysterende gevolge.
Publikasiedatum: 2019-09-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904021

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy 'n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná 'n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy 'n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.
Publikasiedatum: 2019-09-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396515

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?
Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.
Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.
Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.
Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.
'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396546

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Twee vriendinne, twee moeë huwelike en die helende krag van susterskap.

Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem. Dit grief haar dat haar man so pateties afhanklik geword het van drank en dat dit veroorsaak dat selfs sy waardigheid in die slag bly. Die ergste is sy ontkenning van die probleem en dat hy halsstarrig op 'n pad van selfvernietiging is.

Daarenteen weifel Wanda by haar eie vurk in die pad. Net toe sy dink Sephus het sy ou streke laat staan, steek dit weer kop uit en moet sy uit noodweer optree om dinge stil te hou want die dorp is klein. Sy ken haar man en sy beheer oor haar. Hy maak haar sag om haar lojaliteit te koop, maar sy is gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheersde woedebuie te temper, hoewel dit nou so geëskaleer het dat dit onhoudbaar is.
Beide vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397246

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar.

So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer.

Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde.

Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ...

Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word.

Hierdie boek is nie `n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas.

Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.

Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer.

Dis 'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.

Redigeerder Louis Esterhuizen ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868428847

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
As 'n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930's met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie - 'n gesoute privaatspeurder - moet die moord op 'n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, 'n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?

In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
Publikasiedatum: 2019-08-23

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.