●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Kookboeke / Food & Drink

Results 1 to 15 of 380
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485901259

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 320
Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op 'n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van 'n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Die topverkoper Low Carb is Lekker (2015), het altesaam meer as 87 000 Engelse en Afrikaanse eksemplare reeds verkoop, en Low Carb is Lekker Twee (2020), het reeds altesaam 20 000 eksemplare verkoop. Alle resepte is gemerk as Laekoolhidraat, Slim koolhidraat of Skoon Keto sodat lesers hul eie maaltydplanne kan pasmaak. Die boek bevat diepgaande inleiding wat die beginsels onderliggend aan die eet van laekoolhidraatvoedsel verduidelik, waaronder die voedingsverhouding tussen koolhidrate, proteïene en vette, en die rol van 'funksionele' koolhidrate in 'n gebalanseerde dieet. Meer as 115 resepte vir ligte etes en gesinsmaaltye, southappies, soethappies, brood, koek en ander gebak, en 'n verskeidenheid slaaisouse, souse en doopsouse wat die voedingswaarde van enige maaltyd 'n hupstoot sal gee!
Publikasiedatum: 2022-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183147

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 425
R 340Jy spaar R 85
Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer. Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.
Publikasiedatum: 2022-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900832

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 380
Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy huis as 'n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik. Die boek, My Stasie Straat Kombuis, is 'n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Die boek bevat amper 100 resepte wat Sjef Mynhardt se eklektiese smaak weerspieël, van die eenvoudige tot die eksotiese, van ware Suid-Afrikaanse juwele tot geregte wat deur die Mediterreense streek, Oos-Europa en Asië beïnvloed is.
Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe, van sy kinderjare op 'n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen. Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.

Inhoud: Inleiding; Mengeldrankies & Canapés; Brood & Botter; Slaaisouse, Emulsies & Mayonnaise; Slaaie, Sop & Voorgeregte; Hoofgeregte; Nageregte; Indeks
Publikasiedatum: 2022-03-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432311360

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 380
Kosbaar is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 'n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om 'n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep.

KOSBAAR bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met 'n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure 'n goeie mengsel van boerekos met 'n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry 'n nuwe baadjie, soos malvapoeding met 'n pinotagesous, gebakte patat met za'tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.

Inhoud: Inleiding; Voorwoord; My trousseau-geskenk aan jou; Koningskos oor die kole; Samesyn; Kos & Wyn; Moenie jouself vergeet nie; Wees dankbaar en deel; My reisontdekkings; Nuwe seisoene; Die Laaste Maal; Indeks
Publikasiedatum: 2022-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182621

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 260
Marinda se kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte, is daar 'n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en bykans alle skoolvakke. Leer saam met Sjef Sout om 'n oondomelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die heel mooiste kolwyntjies te versier. Dit is sommer net 'n paar van die liplekker resepte met bestanddele wat in die kombuiskas is, en boonop baie veilig is om te maak. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog vele meer.
Publikasiedatum: 2021-11-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900894

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 390
HUISKOS is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefi ksieboek. HUISKOS vertel - in sy eie woorde - die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika. HUISKOS bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifl e, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy in van Pretoria tot Pofadder kan kry. HUISKOS is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.
Publikasiedatum: 2021-11-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432311308

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 340
Mynie Steffens is 'n selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud was, op die vuur! 'Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word', s ê sy. 'Ek soek altyd enige moontlike verskoning om 'n indrukwekkende, dag lange braai te re ë l.'
Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram 'Speel met vuur', asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte - die beste braaivermaak ooit. Mynie nooi jou om pret te h ê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!
Hetsy jy dus 'n braaigroentjie is of jouself as 'n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.
Die boek sluit in:
- 70 smaaklike en vindingryke proespyskaarte van resepte
- Inligting oor hoe om te braai en 'n vuur te pak, of jy nou houtskool, hout of brikette gebruik
- Skakels na musiekspeellyste op Spotify
Publikasiedatum: 2021-09-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179355

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 395
Die meeste mense hou van 'n stukkie vleis, so slyp jou vleistande vir die blinklip, beenaflek lekkerte van Vleis. Dié omvattende gids bevat alles wat jy ooit oor vleis wou weet - die snitte, voedingswaarde, veroudering, faktore wat die sagtheid bepaal, gaarmaakmetodes, bevriesing, terminologie - om maar net 'n paar aspekte te noem. Annelien Pienaar, topverkoperskrywer, bou hier voort op haar wenkonsep van 'n resep met 'n les, maar dié slag is haar fokus op vleis. Met resepte vir van bees, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wild tot marinades, gegeurde soute en olies om die snitte te komplementeer, sal dié boek sy plek volstaan op jou kombuisrak.
Publikasiedatum: 2021-06-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181990

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 260
'Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos.'
Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in 'n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber.
Publikasiedatum: 2021-05-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600871

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 350
Hier's Armand weer, sonder klere voor jou deur…
Armand se eerste kookboek was 'n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van 'n nuwe manier van eet én leef - vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig. In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot 'n 'van-plaas-tot-tafel'-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.
Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 nuwe, oorspronklike banting- en keto-vriendelike disse, gegroepeer in 6 afdelings. Stap-vir-stap, en met pragfoto's daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly. Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.
Publikasiedatum: 2021-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399653

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 350
“Met die idees in hierdie boek wil ek wys dat jy nie 'n ervare of professionele bakker hoef te wees om mooi produkte op te tower nie.” 'n Nuwe baba in die familie is altyd 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Bak dit self wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik stapsgewys hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self!
Publikasiedatum: 2020-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181488

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 380
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met 'n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie 'n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur - dis mos nou lekker!
Publikasiedatum: 2020-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310301

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 430
Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en 'n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. Steek dus die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se bekroonde kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en nageregte, op jou Weber-braaiketel of -gasbraai voor te berei. Vir nuwe braaiers verskaf die Inleiding kundige advies om die vier T's (temperatuur, tyd, tegniek en toerusting) reg aan te wend en verduidelik die verskil van direkte en indirekte hitte, asook om 'n roker te gebruik. Die leser kry omvattende stap-vir-stap instruksies en foto's om perfekte pizzas, burgers met houding, sappige ribbetjies, borsstuk in Texas-Styl, spithoender en selfs geroosterde heel kalkoen voor te berei.
Publikasiedatum: 2020-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176880

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 299
'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.
Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:
hoe om 'n resep te volg
hoe om te meet
wat kookterme beteken
hoe om kombuisgereedskap te gebruik
Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
Publikasiedatum: 2020-05-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179164

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 365
Bakresepte uit die gewildste kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy al ooit jou ouma se verlore gemmerkoekie- of skonresep gesoek het, dan het jy dit gevind! Dié boek bevat alles - groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies, soet en soutbrode, warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n móét vir elke bakster, tuisteskepper én werkende ma.
Publikasiedatum: 2020-03-09

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.