●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Christelik / Christian
Uitverkoping / Sale

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320773

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 175
R 29Jy spaar R 146
Elke Christen het ankers nodig, dit wat ons vashou aan God en wat keer dat ons lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom ken die donker kant van die lewe. Sy moes self leer dat as dit voel of alles uitmekaarval, slegs jou geloof jou kan deurdra. In hierdie openhartige boek vertel Nadine van valse ankers wat ons in die steek laat, maar sy wys ook op dié ankers waaraan elkeen van ons met vertroue kan vashou.
Publikasiedatum: 2018-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621941

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 85
R 29Jy spaar R 56
Die NLV Uitreikbybel is ideaal om te gebruik vir uitreik-aksies en evangelisasie. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat 'n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal dit ʼn waardevolle geskenk wees.

• Verhelderende voetnote
• 8 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
Publikasiedatum: 2021-04-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920654726

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 180
R 50Jy spaar R 130
Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou alhoemeer bevraagteken. Hierdie tendens is natuurlik wêreldwyd reeds geruime tyd aan die gang. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar: dit is vrydenkers wat probeer om - buite georganiseerde godsdiens - dieper betekenis en sin in hulle lewens te vind met nuwe denke en redenasie oor God, godsdiens en spiritualiteit. Dit is mense wat 'n nuwe dans wil dans. 'n Nuwe dans met die lewe en met God.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620409407

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 180
R 29Jy spaar R 151
Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.
Publikasiedatum: 2008-08-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432128920

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 150
R 75Jy spaar R 75
Lavish unconditional love on your newborn baby, assuring them of God's heart for them and whispering blessings over their lives.

Newborn babies are perhaps the sweetest, scariest, most heart-consuming people to bless any mother's life.

God's Blessings for Baby features rich Scripture verses and thoughtful reflections especially for moms, reminding them of God's love for them and their unborn child. Because our great God, who created majestic mountains, endless oceans and sweeping deserts, is busy knitting together their precious baby, too.

From first moments to first smiles to first steps, God's Blessings for Baby journeys with mothers as they grow closer to God and their child through the incredible early months of life.
Publikasiedatum: 2019-05-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619498

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 169
R 59Jy spaar R 110
Praktiese stappe om in gebed tot God te nader vir wysheid en leiding vir elke behoefte en in elke situasie.
Ons almal het moeilike vrae wat ons snags laat wakker lê. Ons almal het God se wysheid nodig om die ingewikkelde lewe te navigeer en verantwoordelikhede, probleme en verhoudings te bestuur. Jesus Christus, die bron van alle wysheid en kennis, is gereed om vir ons wysheid te gee as ons dit in gebed van Hom vra.
In Leer my bid, Here deel Daniel Henderson 'n Christus-gesentreerde benadering van leef in 'n gebroke wêreld. Hy gee praktiese stappe vir gebed wanneer 'n mens verward en onseker voel, asook vrae vir groepbesprekings aan die einde van die boek.
Leer my bid, Here sal lesers verseker dat ons geen vraag kan vra waarop God nie 'n antwoord het nie. Hy wag net dat ons vra.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
6006937148529

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 139
R 69Jy spaar R 70
Stel van 3 notaboeke
64 Gelynde Bladsye
Publikasiedatum: 2021-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
6006937148536

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 139
R 69Jy spaar R 70
Stel van 3 notaboeke
64 Gelynde Bladsye
Publikasiedatum: 2021-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316384

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 259
R 50Jy spaar R 209
Al hoe meer mense is deesdae nie skaam om te sê dat hulle nie langer godsdienstig is nie, maar wel spiritueel.

Wat beteken dit? En wat maak spiritualiteit anders as om godsdienstig of religieus te wees? 'Spiritualiteit' is op die oomblik die gonswoord binne en buite die kerk. Dit het amper mode geword om by iets spiritueels betrokke te wees of om jouself te etiketteer as spiritueel. In hierdie boek ondersoek die skrywer die term spiritualiteit en probeer hy in toeganklike taal die debat inlei en stimuleer sodat die leser sy eie opinie kan vorm en uiteindelik 'n eie definisie vir spiritualiteit formuleer. Die boek bevat geen hoogdrawende teologie nie, maar bied stimulerende leesstof vir soekers, twyfelaars en mense wat wonder of hulle dalk besig is om die pad byster te raak omdat hulle verskil van die tradisionele en konvensionele manier van glo en godsdiensbeoefening.

Flip Schutte was vir 17 jaar voltyds predikant. Hy het doktorsgrade in Hebreeus, Praktiese Teologie en Nuwe Testament. Nadat hy die amp bedank het, was hy 'n stigterslid van Renaissance Spirituele Gemeenskap in Pretoria waar hy tans steeds 'n lewensafrigter en prediker is. Hy doseer voltyds 'Bemarking' aan 'n tersiêre instelling in Pretoria en tree gereeld as motiveringspreker op. Hy doen ook besigheidsafrigting en korporatiewe opleiding. Hy het pas 'n vierde doktorsgraad voltooi. Hierdie keer in Besigheidsleierskap. In sy privaatpraktyk doen hy dan ook besigheidsafrigting en help hy veral jong entrepreneurs om hulle voete te vind, asook bestuurders wat hulleself gereed wil kry vir bevorderingsposte.
Publikasiedatum: 2016-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.