Nie-fiksie / Non-fiction
Humor / Humour

Results 1 to 15 of 34
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
6001651063837

Genade EdeLAGbare CD

R 170
Met 'n Keur uit Genade! EdeLAGbare oortref Ian Wessels (samesteller en voorleser) en die RSG-luisteraars hulself met lekkerlag en lekkerluister hofhumor wat beslis in almal se smaak sal val. Regters, landdroste, staatsaanklaers, advokate, prokureurs, tolke, polisiemanne, spietkops, maatskaplike werkers, getuies en almal wat al paaie met die hof gekruis het, is gewillige 'slagoffers' van die skreeusnaakse bydraes.
Ian Wessels se doel was om 'n versamelde humoristiese werk met behulp van RSG- luisteraars se bydraes saam te stel. Sommige bydraes laat vergange tye van polisiepatrollies te perd of te fiets herleef, terwyl ander met deernis kyk na mense vir wie die reguit paadjie of 'de smalle weg' darem net te eentonig is.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
9780799379655

Genade EdeLAGbare

R 230
In Genade! EdeLAGbare oortref Ian Wessels en die RSG-luisteraars hulself met lekkerlag en lekkerlees hofhumor wat beslis in almal se smaak sal val. Regters, landdroste, staatsaanklaers, advokate, prokureurs, tolke, polisiemanne, spietkops, maatskaplike werkers, getuies en almal wat al paaie met die hof gekruis het, is gewillige 'slagoffers' van die skreeusnaakse bydraes.
Ian Wessels se doel was om 'n versamelde humoristiese werk met behulp van RSG- luisteraars se bydraes saam te stel. Sommige bydraes laat vergange tye van polisiepatrollies te perd of te fiets herleef, terwyl ander met deernis kyk na mense vir wie die reguit paadjie of 'de smalle weg' darem net te eentonig is.

Uittreksels
Maak dood daai ding!
'n Beskuldigde het moontlik die beskuldigdebank met 'n verhoog verwar. Toe sy saak geroep word, betree hy die hof met 'n kitaar oor die skouer en 'n brandende sigaret in sy mond.
'Maak dood daai ding!' sê die landdros, verwysende na die sigaret. Die beskuldigde reageer egter verontwaardig: 'Kry ek nie eens 'n last request nie?'
'n Eerlike antwoord
'n Man moet na sy skuldigbevinding aan dronkbestuur gevonnis word. Sy prokureur het gedink 'n verslag van 'n maatskaplike werker sou help. Dit het nie. Op die vraag watter alkohol hy meestal gebruik en in watter hoeveelhede, antwoord hy eerlik: 'Ek is mos nie vol fiemies nie. Ek drink maar wat daar is tot dit op is.'
Watse bakkie?
'n Boer se bakkie word gesteel, maar die prokureur karnuffel hom so onder kruisverhoor dat hy later vir sy vrou vertel: 'Gaats, Mammie, ek was later nie eers meer seker of ek ooit 'n bakkie gehad het nie!'
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
9781431424320

Dead President Walking

R 165
R 132Jy spaar R 33
Zapiro comes of age in this 21st annual.
Zuma once again takes centre stage for all the wrong reasons along with his cronies the Guptas and his nemesis Malema. It's the year of the hashtag. #RhodesMustFall begat #FeesMustFall, also #Racism/#Sexism and #ZumaMustFall. With Nenegate and SARS wars, it's the rand that's really falling. Meanwhile, Pravin and Thuli fight the good fight.

Each cartoon is worth a thousand words and helps us make sense of our crazy, beautiful country where fact is indeed stranger than fiction.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
9781776090181

Die Groot Drie

R 230
Die Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton.

Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom 'n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak.

In hierdie boek gee François Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van dié spotprenttekenaars gelewer het.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
9781770228849

Where's Zuma?

R 190
R 152Jy spaar R 38
A parody of the timeless Where's Wally? series, this book invites you to find Jacob Zuma in a
number of colourful, humorous and somewhat controversial situations, from the courtroom to
the Union Buildings, from the Gupta wedding to Nkandla, from the Mandela memorial to the
2015 State of the Nation debate. Drawn by Kobus Galloway of Idees Vol Vrees fame, these rich
and detailed illustrations will have you in stitches while you ask yourself, Where's Zuma?
Printed in full colour and bound in hardcover, this is an ideal gift book for anyone with a
sense of humour about South African politics. It Covers Zuma's many controversies: from the arms deal to the Gupta wedding, from Nkandla to the most recent State of the Nation debate.

It is aimed at adults with a political sense of humour but kids might enjoy it too. Kobus Galloway has a huge following for his Idees Vol Vrees cartoons: he now has more than 200 000 followers on Facebook.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
9781868427024

501 Lekkerlag-grappe

R 150
Van ou Koos se manewales tot die dom blondine se eskapades . . . Die klein skerp grapboek is propvol staaltjies en verhaaltjies wat jou sal laat kraai van die lag! Dié boek bevat tradisionele Afrikaanse grappe, maar beloof ook om jou met nuwes te laat hoes en proes. Lag luidkeels, uit jou maag, en geniet die ou bekendes se amusante avonture.
Die klein skerp grapboek is 'n onontbeerlike grapgids, 'n móét vir elke huis!

Andre is op Malmesbury gebore. Hy werk vanaf 1995 by Huisgenoot, na 26 jaar by Volksblad. Andre behartig al Huisgenotjies vir 15 jaar. Hy het twee grapboeke saamgestel.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
9780620635806

Lekkerlag stories

R 190
Lekker lag stories.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
9780143539162

Comedy Club

R 180
R 144Jy spaar R 36
Award-winning cartoonist Jerm's spot-on analysis and commentary provide a highly entertaining way to digest the buffoonery of politics in South Africa. No one, neither left nor right, in government or opposition, can escape the acerbic observations of this provocative artist.

Jeremy Nell's work has appeared in several online and offline publications, such as the Sunday Times, eNCA, TIME, The Star, City Press, Beeld, The Times, Rolling Stone, Daily Dispatch, Daily Maverick, The New Age, EWN and others.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
9781485300663

Verdriet se moses

Illustreerder: Fred Mouton
R 170
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op 'n nostalgiese reis na daardie Suidwes: 'n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid 'n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe 'n misleidende ontmoeting met 'n loskop net die regte medisyne vir 'n ontspoorde wewenaar geword het, hoe 'n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as 'n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as 'bobaasverteller oor die ou dae in Namibië'.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
9781485300649

Daar doer in Duitswes

Illustreerder: T.O. Honiball
R 170
Onthou jy nog die dae van donkiekarre, negosiewinkels, hanslammers grootmaak en tiekiedraai in die waenhuis? Die dae toe 'n Engelsman nog iets vreemds vir 'n Afrikaanse plaasseun was en 'n man moes kon briewe skryf om 'n nooi te bekoor?
Met Daar doer in Duitswes roep Helm Jooste daardie dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot rooidag; skater én bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die tandlose Toks - en droom saam met 'n bobaasverteller oor die 'sê nou maars' en verspeelde kanse in Jessica se blou oë.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.

OOR DIE OUTEUR
Helm Jooste is op 23 Oktober 1909 op Bethal gebore waar hy in 1928 aan die Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer het. Ná voltooiing van sy skoolopleiding het hy aan die Heidelberg Onderwyskollege gestudeer. Hierna het hy hom in die destydse Suidwes gevestig waar hy meer as 50 jaar gewoon het. Hy het 25 jaar lank onderwys gegee, was 15 jaar 'n sakeman op Otjiwarongo, waar hy ook etlike jare burgemeester was, en het tien jaar lank met beeste naby Grootfontein geboer. Sedert sy aftrede in 1980 woon hy in die Strand. Hy het Daar doer in Duitswes op die ouderdom van 80 jaar geskryf en dit word opgevolg deur Dinge daar doer en Verdriet se moses. Audrey Blignault noem die skrywer 'Die bobaas-verteller van Suidwes'. Helm is 'n paar jaar gelede oorlede.
Die boek getuig van sy heerlike humor en sy onfeilbare aanvoeling vir die komieklike situasie in die gewone gang van die menslike bestaan. Die leser sal lag, maar ook huil, want Helm Jooste se verhale is gevul met deernis.
Daar doer in Duitswes het oorspronklik in 1989 verskyn en is opgevolg deur Dinge daar doer (1992) en Verdriet se moses (1996).
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
9780620364003

Die Hof Verdaag

R 150
Vir meeste gewone mense is die regswêreld totaal vreemd en intimiderend. Regsters en regsmense met hul deftige toga's sowel as die ingewikkelde hofprosedures, is vir baie selfs vreesaanjaend. Hierdie boek is soos 'n warrelwind wat 'n kostelike vrag van humorvolle annekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en die allersnaakste grapstories vir die leser bring.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
9781770225947

The Unauthorised History of South Africa

R 190
R 152Jy spaar R 38
Researched and written by two historians well respected in concentric circles, this hilarious take on our collective past reveals stunning new discoveries and fascinating new figures, from Koos van Doosch, the cheese-pimp who settled the Cape a year before Van Riebeeck, to Shaka's lesser-known brother, Nigel Zulu, who just wanted to be a florist. You'll discover how the winner of the Mr Mielie Board beauty pageant came to rule South Africa, and you'll celebrate our greatest triumphs, like when Matt Damon and Morgan Freeman won the Rugby World Cup in 1995. From small fat gold-plated rhinos in Mapungubwe to small fat gold-plated politicians in Mangaung, The Unauthorised History of South Africa tells you the history you always wanted to know but were too afraid to ask.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
9780143538431

Jerm Warfare

R 180
R 144Jy spaar R 36
This is a collection of political cartoons, strips and gags by Jerm, the naughtiest boy in a band of provocative South African cartoonists for whom getting in trouble with authorities is a rite of passage, and getting fired a badge of honour. This selection represents the sharpest, most vicious, most outrageous, wittiest cartoons by Jerm, including those that got him fired for being 'too political'.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
9780798155649

Vienna het twee punte, anders is hy net te lank

R 225
Nog 'n bundel stories deur meestervertellers Nico Nel en Uys van der Hoven. Dis stories oor jou pêl se skoonma se neef se vrou, stories wat van ver kom maar net sowel dié van jou buurman of die ou in die kroeg kon wees. Stories wat om die tafel of om die vuur die geselskap sal laat huil soos hulle lag. So is daar byvoorbeeld die storie oor Wessie van der Westhuyzen van Victoria Wes en sy pelle wat met sy sesplekvliegtuig die N1 gevolg het om op Nuweland rugby te gaan kyk. Ander stories sluit in dié van die plattelandse dokter wat 'n noodbreinoperasie moes uitvoer en die jongman wat die mooiste meisie op kampus wou beïndruk met sy stapvermoë.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
9780992197872

Arnoster en die prokureurtjie

R 160
Hierdie vertellinge uit die pen van 'n meesterverteller en -waarnemer is oor baie jare geskryf. Dit bied 'n wye verskeidenheid situasies en karakters, van die komiese titelverhaal, waarin hoogmoed en stelligheid deur die natuur se slagtande en dorings verloën word, tot wrange en tragiese gevalle. Byna nooit kry die leser die indruk dat die prosastukke fiksie is nie; daar is eerder grade van werklikheidstelling en spanning. Uiteraard betrek bepaalde verhale aspekte van die reg, soos 'Die vervalsing', 'Die dagvaarding' en 'Die testament', maar elkeen daarvan loop sy eie onverwagte kronkels. Die laaste ses verhale, nogal klimakties, gaan oor reis en bergklim; meermale met verskriklike implikasies. Die leser sal die hengelnaweek met die Manne geniet, o.a. vir die wraak van die onerkende kok, daarteenoor 'Nelia/Ophelia' vir die vrou se vermoë om twee afsonderlike kerke se gemeentes uit te buit, en bv. 'Dis nie my oorlog nie' en 'Vir Volk en Vaderland' vir hulle ernstige besinning oor landstrou, verraad, en reg teenoor verkeerd in oorlog en die politiek. Enersyds is daar verhale wat vermaak, andersyds dié wat die spot dryf met pretensie en sluheid. Op volle spoed speel daar afgrondelike, selfs moorddadige gevalle af.
Publikasiedatum: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development