●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321459

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 210
R 59Jy spaar R 151
Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321008

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 210
R 79Jy spaar R 131
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087663

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 49Jy spaar R 201
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag - verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
Publikasiedatum: 2019-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321084

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 220
R 49Jy spaar R 171
Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?
Ná 'n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik het Altus 'n besigheid wat veevoer en ander boerderybenodigdhede verskaf. Later neem hy 'n vennoot in en begin 'n ruitertuigbesigheid. Vir 'n ruk lank gaan dit goed, maar later moet Altus dit waag dit om naas ruitertuig steeds ook veevoer in en uit te voer. Die een ramp na die ander tref hom en sy versekering moet groot bedrae uitbetaal vir skeepsvragte wat óf sink, óf besmet is en by doane afgekeur word. Met 'n skok ontdek hy dat Drikus hom besteel. Skuld hoop op nadat hy reeds verbande op sy huis en kleinhoewe geneem het om die besigheid se begroting te laat klop. Dit gaan so sleg met dat die besigheid onder sekwestrasie geplaas word, maar hy skop vas, verkoop sy kleinhoewe en leen nog geld teen hoë rentekoerse.
Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Dit gaan sleg. Die tuiewinkel brand af, nalatigheid word vermoed, die versekering wil nie betaal nie, nog 'n vrag voer word afgekeur en die bank dreig om die huis terug te neem. Alles word te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Nie net sekwestrasie nie, bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Hulle besluit om ook die seehuis in Hermanus in die mark te sit en gaan vir oulaas vakansie hou.
Die geskinder raak ondraaglik, selfs by die kerk word hulle skeef aangekyk of oordrewe vertroos. Altus wat a.g.v. rumatiekkoors as kind hartprobleme ondervind het, word siek en stort ineen. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen a.g.v. Altus se siekte. Haar beste vriendin Elaine Theunissen en dié se vervreemde man dr. Gerhard Theunissen, staan hulle by. As troos bring sy ook vir dominee Dieter saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in en word daar ook vir die gesin gratis huisvesting aangebied, in 'n tuinwoonstel omring deur 'n pragtige tuin. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390322

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 79Jy spaar R 171
Is dit moontlik om geluk te vind in 'n huwelik wat twee stiefkinders insluit?
Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het.
Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.
Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.
Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.
Publikasiedatum: 2018-09-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387872

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 69Jy spaar R 156
Doodgewone wonderwerk
'n Onverstandige vrou
Bruid in blou.

Doodgewone wonderwerk:
Elizabeth is nie lui nie; sy weet net nie wat dit beteken om vir 'n salaris te werk nie. Maar nou is haar reuse-erfporsie lelik geknou deur 'n onoordeelkundige belegging. Sy sal 'n werk moet kry. En dit moet hou, want sy is nou al deur 'n paar afdankings en bedankings.
Toe, tog, word sy as die aantreklike, befoeterde Simon se huishoudster aangestel. Maar Simon, 'n skrywer, word nie eintlik vriendeliker wanneer hy mislukte disse in die asblik vind nie. Tot daardie dag by die strand, wat niks met kosmaak te doen het nie. Of het Elizabeth dit heeltemal verkeerd verstaan? 'n Huishoudster is tog wat hy wil hê - sê hy.

'n Onverstandige vrou:
Daar's net een man wat so beweeg, so loslit en langbeen, so ...
Jens Nielsen.
Toe hy Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat, terug huis toe, waar sy hulle kind alleen grootmaak. Maar Dottie noem al wat broek dra 'Pappa'. Miskien moet sy terug Denemarke toe en Dot se pa vir haar gee ...
Maar verniet dag Laetitia se mense Dot gaan haar pa kry. Jens wil haar ma steeds nie hê nie. Laetitia moet maar weer terug huis toe, siek en sat vir leuens wat haar al aan die hakskeen byt; maar weer weghol, soos destyds, toe haar patetiese kaartehuis ook ineen getuimel het.

Bruid in blou:
Hugh laat Jessie twee weke voor hulle troue weet hy is pas met iemand anders getroud. In 'n waas van ongeloof, skok en hartseer trou sy halsoorkop - en boonop in 'n blou rok - met Gideon, die hartebrekervriend uit haar jeug.
Ondanks sy reputasie as Casanova van formaat, is Gideon alles wat Jessie in 'n man kan begeer. Sy is toe mooitjies ook nie in sak en as oor haar ampertroue nie, want Gideon koester haar in alle opsigte en dra haar op die hande.
Wanneer haar vriendin kom kuier en sy en Gideon wil voorgee hulle is 'n gelukkige wittebroodspaartjie, val hulle planne klaaglik deur die mat want die liefde laat hom mos nie voorskryf nie.
Publikasiedatum: 2018-03-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387575

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 270
R 79Jy spaar R 191
In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!
Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.
Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.
Daar is 'n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?
Ná 'n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.
As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word.
Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.
En Kaila weet, sy weet, 'n mens het meer nodig as 'n blom in jou hare om gelukkig te wees.

In hierdie liefdesroman/gesinsdrama/verhoudingsroman ervaar die leser weereens Kristel Loots se vermoë om haar karakters se pyn, vrees en worsteling weer te gee in hul alledaagse lewe én om dit met humor te doen. Die roman spreek alledaagse realiteite van gewone vroue aan, veral die krisis wat ontstaan as 'n droomhuwelik nie die toets van die tyd weerstaan nie. Met die aanvang van die roman is Kaila 'n tiener met al tieners se frustrasies en wrokke teen die gesin en samelewing. Sy word geleidelik groot en teen die einde leer die leser Kaila as volwasse en deurleefde vrou ken. Die verwikkeldheid en delikaatheid van verhoudings tussen kinders en ouers, tussen man en vrou en tussen vriende is 'n deurlopende tema.
Publikasiedatum: 2018-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904021

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 290
R 79Jy spaar R 211
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy 'n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná 'n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy 'n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.
Publikasiedatum: 2019-09-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387377

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 285
R 79Jy spaar R 206
Diamant uit Afrika - Jacolet van den Berg
Matilda het die ekspedisie na Angola se diamantmyne haarfyn uitgewerk. Niks sou verkeerd gaan nie. Totdat rebelle hulle ontvoer en die enigmatiese Roald Young nog boonop haar hart én lewe omverwerp.

Teken van sy liefde - Ida Bester
In die woestyn verloor Ezanne vir die eerste keer haar hart op 'n man saam met wie sy navorsing doen. Maar terwyl hy ylend van koors is, se hy 'n ander vrou se naam ...

Op mekaar aangewese - Elsa Drotsky
Kirsten se erflating is nie sonder 'n prys nie: 'n Aangetroude familielid moet toesig hou oor haar sake. En sy verstaan nie hoekom sy al hoe meer uitsien na sy ongewenste besoeke nie.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190682

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 29Jy spaar R 121
One night-stand

Die scène is deurgaans dieselfde:
ontmoeting-drankie-verleiding
en bed.

Die volgende dag deurlopend eend
skuldgevoelens-stilte-lyding
en vertrek.

Om lief te hê, is om uit te trek.
Publikasiedatum: 2004-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385694

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 79Jy spaar R 171
Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oënskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis hê Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos 'n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met 'n unieke perspektief. 'n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oënskynlike onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?
Publikasiedatum: 2017-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415201756

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 210
R 59Jy spaar R 151
Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperstetowenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur 'n karavaan, gevolg deur 'n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.

Dit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.

Tussen Evie en Willem is daar 'n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.

Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos 'n welkome bui reën oor 'n dor stuk platteland.

Johan Kruger is die skrywer van vier jeugromans, 'n speurroman en verskeie kortverhale. Hy is 'n senior advokaat wat lank as regter gewerk het en was ook 'n professor in die regte. Hy was nou betrokke by die skryf van die Grondwette in 1993 en 1996. Sy mees onlangse roman, Die vloek, is in 2012 vir 'n ATKV-woordveertjie benoem.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825366

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 29Jy spaar R 121
Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.
Publikasiedatum: 2001-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174213

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 335
R 89Jy spaar R 246
Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van 'n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd 'n paar weke ná mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176996

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 220
R 49Jy spaar R 171
Van 1981 tot 2014 skryf Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verband tussen ma en dogter, die blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.
Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.
Publikasiedatum: 2018-02-16

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.