AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Nie-fiksie / Non-fiction
Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Results 1 to 15 of 66
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426868

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 285
R 228Jy spaar R 57
Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, 'n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).

Die vraag of dagga verslawend is, is nog nie heeltemaal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.

Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om 'n opinie aangaande hierdie wonderlike plant, te waag.

Heinz Mödler is 'n mediese spesialis en skrywer. Hierdie is sy vierde boek. Sy skrywes kan ook in die nasionale koerante gevolg word waar hy in sy gereelde rubrieke oor medisyne, wetenskap en vreemde verskynsels wat hom interesseer, skryf. Hy woon in Kaapstad.
Publikasiedatum: 2019-10-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426585

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 175
R 158Jy spaar R 17
Die glinster in my grysheid is 'n inspirerende gids vir ouer mense vol staaltjies en voorstelle hoe om eweneens die kwaliteit van lewe te behou en om dit op te kikker deur konstruktiewe denke, energie-gewende aksies, fisiese oefeninge en Mind Moves. Die gids is ryklik geillustreer met foto's van energieke ouer mense wat steeds glinster in hul grysheid - ongeag hul omstandighede. Die glinster in my grysheid is op 'n ligte geselstrant geskryf en spreek tipiese uitdagings aan wat die ouderdom meebring, byvoorbeeld: Aanpassing by verandering (verhuising, knie-/heupvervanging, afsterwe van 'n lewensmaat, afhanklikheid van versorging, ens.); negatiewe denke; depressie; swak eetgewoontes; kwynende energievlakke; geheueprobleme; die vrees om te val; kinders en kleinkinders met andersoortige waardes en lewensstyle; die gevoel van 'n sinneloosheid in hul bestaan. Die glinster in my grysheid bevat ook 'n boekmerk met Mind Moves-oefeninge om bogenoemde uitdagings stelselmatig aan te spreek. Die oefeninge word deur middel van foto's van 'n sielige ouma uitgebeeld en ander aktiwiteite word deur spontane foto's van inwoners van Witfield Park Aftree-oord uitgebeeld.
Publikasiedatum: 2019-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306986

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 195
R 176Jy spaar R 19
Daar is soveel teenstrydige inligting beskikbaar oor watter dieet om te volg, hoeveel oefening om te doen, hoeveel water om te drink, watter medisyne om te neem, ensovoorts. In Die pasiënt as vennoot skei die bekende dr. Dawie van Velden die kaf van die koring en gee praktiese raad om holistiese welsyn te bereik: wanneer die liggaam, siel en gees optimaal gesond is. In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasiënt medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.

OOR DIE OUTEUR
Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel 'n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.
Publikasiedatum: 2018-03-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415209271

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 240
R 216Jy spaar R 24
Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.

In Kruidjie roer my hoor 'n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met 'n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.

'n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met 'n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.
Publikasiedatum: 2017-09-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316827

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 175
R 158Jy spaar R 17
Hierdie boek is 'n verhaal deur Johan Fourie, gebaseer op die harde werklikheid van kanker, dis 'n bewusmaking van alternatiewe medisyne asook die ontbloting van die negatiewe effekte van chemoterapie teenoor die positiewe alternatiewe medikasie.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207663

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 99
R 89Jy spaar R 10
Jy is 'n meisie en die toekoms lê oop voor jou. Maar hoe behoort 'n gelowige meisie op te tree? Hoe weet 'n mens in vandag se tyd, wat reg en verkeerd is? Hoe vind jy uit wat jy met jou lewe wil doen? Hoe kan jy mooi van buite wees, sonder om minder mooi van binne te wees?
Hier is meisies se ultimate gids tot die lewe:
1. Geloof is waaroor die lewe eintlik gaan
2. God is altyd aan jou kant
3. Jy is hier om te sprankel
4. Tyd saam met Hom is jou krag
5. Jy is uniek en baie spesiaal
6. Die regte ou op die regte tyd
7. Ware liefde is 'n doelbewuste keuse
8. Jy bepaal die grense in julle verhouding
9. Jou vriendinne en ouers is 'n prioriteit
10. Maak vrede met jou lyf
11. Laat jou klere vir jou lyfvorm werk
12. Eet en leef gesond vir ekstra woema
13. Kry die regte look en lyk fantasties
14. Wenke vir daardie eerste afspraak
15. Gym-reëls gaan oor respek vir ander
16. Goeie maniere is steeds in die mode
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316728

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 225
R 203Jy spaar R 22
Hierdie unieke boek is bedoel vir; Mense wat op die drumpel van hulle oorgangsjare staan; Op pad om doodnoodsaaklike lewenskeuses te maak; Diegene wat vooruit beplan en meer wil weet oor hierdie lewensfase - oor wat voorle; Die belangstellendes en bekommerdes; Familie of vriende wat persone in hierdie fase het/ken en nie seker is hoe om sinvolle raad te gee nie; Persone wie se werk dit is om met hierdie persone te werk: Mediese personeel, maatskaplike werkers en beraders; Studente en navorsers binne hierdie studieveld van die menswetenskappe wat meer wil weet oor ouerword se uitdagings en moontlike oplossings. Wie hou (regtig) daarvan om oud te word, af te tree en jou lewe af te skaal? Om uit die vinnige lewensbaan te skuif, selfs eenkant gerangeer te word? Na 50 begin die lewensritme afneem en daar is onsekerheid, soms vrees, oor wat voorlê. Deel in 'n nuwe lewe wat jou innerlik laat dans. Op 50 begin die jeug van jou ouderdom!
Publikasiedatum: 2017-03-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206123

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 99
R 89Jy spaar R 10
Baie mense sê: 'As ek net my kop kan regkry...' En dit is presies wat jy moet doen as jy wil hê enige eetprogram moet help. Nou kan jy met die hulp van Kobus en Raché en Wil jy maer wees? daardie allerbelangrikste kopskuif maak - en beheer verkry oor jou gewig, jou eetgewoontes en jou gesondheid!
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624077923

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 190
R 171Jy spaar R 19
Deense tienermeisies Laura en Marie het met hulle eerste boek, Vlegsels: stap vir stap, fenomenale sukses bereik. Vertaalregte is opgeraap en ook in Suid-Afrika, waar die boek in Oktober 2015 verskyn het, is sommer gou amper 8000 boeke in Afrikaans en Engels verkoop. Hierdie boek bevat nog 20 asemrowende vlegstyle. Laura en Marie gee ook wenke oor hoe om hare te krul sonder enige stileerapparate.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624076261

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 190
R 49Jy spaar R 141
Om lang hare in 'n vlegsel te dra is 'n gewilde tendens onder jong meisies regoor die wêreld. Hierdie boek, deur Deense skoolmeisies Marie Wivel en Laura Arnesen, bevat meer as 20 verskillende soorte vlegsels wat stap vir stap beskryf en met behulp van kleurfoto's geïllustreer word. Dit het ontstaan uit 'n blog en Instagram-profiel wat hulle in April 2013, uit verveling tydens 'n skoolstaking, begin het. Vlegsels van alle soorte is hulle passie, maar ook die gesellige samesyn van vriendinne, of ma's en dogters, wat mekaar se hare vleg.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780143539216

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 190
R 171Jy spaar R 19
As jong seun het Danie Smuts met 'n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir 'n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van 'n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.

Toe Boererate - 'n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het - in 1989 verskyn, was dit onmiddellik 'n treffer. Sedertdien het dié besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.

'n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp:

1.) Plaas 'n bottel whiskey en 'n glas saam met 'n brandende kers langs jou bed.

2.) Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.

3.) Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.

Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk 'n hoofpyn oorhou.

Boererate se oorsprong word teruggevoer na verskillende bronne: waarnemings, eerstehandse ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van komieklike rituele.

Tussen die mediese advies is daar ook handige raad oor sake op die plaaswerf: hoe om 'n troeteldier se vel te laat blink, aartappelsteggies lank vars te hou, van lastige miere ontslae te raak, en nog baie meer.

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is 'n nostalgiese terugblik op 'n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204044

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 99
R 89Jy spaar R 10
Elke vrou se KLEIN BOEKIE oor GEWIG
- leer wat jy moet weet oor reg eet
- wys dat jy meer is as net jou voorkoms
- aanmoedig om seerkry uit jou verlede te oorkom
- begelei om jou emosies te verstaan en beheer
- stap vir stap 'n gesonde leefstyl deel te maak van jou dag.
Met geloof as jou bron van energie, wag daar vir jou 'n maer lewe in 'n vet wêreld.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775841449

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die 12 belangrikste weefselsoute is minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees om optimale gesondheid te verseker. Hierdie merkwaardige soute kom in die aarde se gesteentes en grond voor en in gewasse wat organies in mineraalryke grond verbou is.
In hierdie boek, 'n opvolger van Weefselsoute vir heilsaamheid, fokus Margaret Roberts op weefselsoute wat kinders se ontwikkeling en welsyn sal bevorder - vanaf babas tot tieners. Elke weefselsout word in 'n afsonderlike hoofstuk behandel, met wenke oor hoe om spesifieke kwale te behandel en raad oor hoe om die soute se inname deur middel van die regte dieët te verhoog. Vir vinnige verwysing word 'n tabel van kwale ingesluit.
Hierdie boek is 'n onmisbare gids vir elkeen wat in gesondheid, welsyn en die gebruik van natuurlike middels wat hul gesondheid bevorder, belangstel.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199975

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 315
R 284Jy spaar R 31
Hoe raak 'n mens ontslae van algemene peste en plae? Hoe behandel jy brand- en snywonde, of borskwale, of verwyder jy vlekke of reuke?
Met Hoe nou gemaak? 5000 Boererate en wenke vir vandag het Johanna de Wet 'n nuttige handleiding saamgestel wat 'n ereplek in elke Suid-Afrikaanse huis behoort te hê, sommer 'n armlengte ver, want maklike oplossings op daaglikse probleempies wat in en om die huis ontstaan, word daarin beantwoord. Van die behandeling van algemene kwale soos slaaploosheid, tot die skoonmaak van yskaste en silwerware. Daar is nuttige raad vir die gaarmaak en preservering van voedsel, algemene noodhulpwenke asook wenke vir buitelugliefhebbers.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770313286

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 189
R 170Jy spaar R 19
In Maklik Mooi help Hannon jou sodat jy vir eens en altyd weet wat vir jou hare werk, asook die grimeervoorkoms wat die beste by jou pas. Maklike stap-vir-stap riglyne gaan jou help om elke dag op jou mooiste te lyk en voel. So, of jy een minuut het vir jou vroegoggend opdollie en of jy die luuksheid geniet om op jou tyd te pamperlang, hierdie boek is sy stem wat jou leer, inspireer en motiveer. Want mooiwees is maklik. En mooimaak is lekker as jy weet hóé.
Publikasiedatum: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.