Nie-fiksie / Non-fiction
Filosofie / Philosophy

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
9780624075332

Die dood en die sin van die lewe

R 270
n Uitstekende oorbrugging tussen die intellektuele wêreld en die alledaagse gesprek oor die eindigheid van ons bestaan en watter verband dit met die sin van die lewe het. Ongetwyfeld die invloedrykste denke ooit in Afrikaans hieroor. Dr. Chris Jones
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
9780143538462

I-Tjieng: 'n GPS vir Verdwaalde Siele

R 210
Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik 'n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat.

Die I Ching, of 'Boek van veranderings', word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word.

Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan.

In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit is jou 'GPS vir verdwaalde siele'.

Koos Kombuis is volksbesit. Hy was brandweerman, digter, voorsanger in die rebelse jeugbeweging teen die orde van die jare tagtig. Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit. Van die mooiste liedjies in Afrikaans kom van hom. Hy is 'n gerespekteerde openbare kommentator, 'n geliefde sanger met talle CD's op sy naam, 'n romanskrywer, en 'n gesinsman.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
9780624054146

God Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles

R 275
Die vraag of God bestaan, waar alles vandaan kom en wat die sin van ons lewe op aarde is, is so oud soos die berge. In dié boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
9781869192907

Die neukery met die appelboom

R 160
Die neukery met die appelboom is 'n herdruk van essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld, wie se honderdste verjaardag vanjaar herdenk word. Die fokus van hierdie bundel essays is die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuur en die omgewing.
Publikasiedatum: 2009-08-01
Klik om te vergroot
9781869192457

Klip en klei

R 160
Klip en klei is 'n herdruk van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld se bekendste en mees geliefde opstelle. Hy skryf op 'n meesleurende en dikwels humoristiese manier oor konkrete dinge en die betekenis wat hulle vir ons lewens het. In die eerste opstel, 'Oor huise', beskryf hy hoe hy self 'n huis van klip in die Kouga gebou het. So 'n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is.
Publikasiedatum: 2008-10-01
Klik om te vergroot
9781869191009

Meditasies

R 60
Die Romeinse keiser Marcus Aurelius kan as 'n ware filosoof-koning beskou word. Ten spyte van sy roem en weelderige lewe aan die hof, het hy voortdurend gestreef na 'n eenvoudige lewe, innerlike vryheid en persoonlike spirituele groei. Sy Meditasies of Bepeinsinge wat tydens sy laaste lewensjare neergeskryf is, is in 12 boeke verdeel en is nie filosofiese teorieë nie, maar praktiese oefeninge om die filosofie in die leser se gedagtes en optrede te laat deurwerk.
Publikasiedatum: 2007-10-01
Klik om te vergroot
9781919825472

Tot lof van dwaasheid

R 135
Die oorspronklike Latynse teks Encomium Moriae verskyn in 1511 en word tydens Erasmus se leeftyd 39 keer herdruk. Afrikaanslesers ken dit hoofsaaklik in die Engelse of Nederlandse vorms daarvan.
Publikasiedatum: 2002-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development