●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Besigheid / Business

Results 1 to 15 of 364
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601144

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 215
R 172Jy spaar R 43
Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae? Die skrywer, 'n onafhanklike finansiële adviseur, het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan die hand werk. Hierdie boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van 'n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds 'n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer. Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep. Dit sal jou help om 'n kopskuif te maak en moontlikhede in 'n bitter moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook help om hierdie strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.
Publikasiedatum: 2020-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091394

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 260
R 208Jy spaar R 52
Covid-19 het die wêreldekonomie soos 'n atoombom getref. Die pandemie het groot skade aan die geldsake van individue én maatskappye aangerig. In Jou geldsake gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem. Met die regte kennis kan jy en jou gesin moeilike tye oorleef en finansieel aanhou floreer.
Publikasiedatum: 2020-10-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620403603

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 139
R 125Jy spaar R 14
Talle lesers het by die fabels van Babilon baat gevind. Dit kan beskou word as die mees besielende werk oor die onderwerp van spaarsin, finansiële beplanning en persoonlike welvaart. Dié boek bevat geheime van hoe om jou geld te maak, dit te behou en hoe jou geld meer geld kan maak. Die Rykste man in Babilon is 'n vars nuwe vertaling van die wêreldtreffer van George S. Clason, The Richest Man in Babylon. “Geld is in oorvloed vir hulle wat die eenvoudige wette verstaan van om dit bymekaar te maak. Hierdie boek bied jou die 7 wette wat jy moet ken en toepas om finansiële onafhanklikheid te bereik.
Publikasiedatum: 2018-10-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776092383

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 230
R 207Jy spaar R 23
Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG- program, is 'n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings word op 'n toeganklike manier beskikbaar gestel aan lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van adviseurs of konsultante het nie.
Raad word verskaf oor hoe om 'n begroting behoorlik op te stel - en te laat klop. Suid-Afrikaners wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit die spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat 'n mens oor eiendombeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat 'n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys.

Hierdie boek is noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat verantwoordelikheid vir hul geldsake wil neem.
Publikasiedatum: 2018-06-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339480

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ons is geneig om onsself te onderskat omdat ons daarvan oortuig is dat ons vermoëns beperk is. Maar wat as ons veronderstelde beperkings net 'n illusie is?
In Die impak van jou potensiaal identifiseer en ondersoek John Maxwell die sewentien sleutel-kapasiteite wat elke persoon besit. Ons is met sommige daarvan gebore, soos hoe ons dink of hoe ons aansluiting vind by ander. Die res is keuses, dikwels onbewustelik, wat ons ingesteldhede of persoonlike dissiplines insluit. En daar is ruimte vir groei by almal.

Maxwell gee duidelike en handige advies oor wat ons kan doen om in hierdie verskillende gebiede van ons lewe te groei. Leer hoe om jou emosies te beheer en jou energie te verhoog, hoe om op te hou om dinge uit te stel en meer gemaklik te raak met risiko's. Sodoende sal jy jou eie verwagtinge oortref en beter word as wat jy ooit gedink het moontlik is.
Publikasiedatum: 2017-11-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374858

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 170
R 153Jy spaar R 17
Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiële verknorsing te kom. Dis 'n versameling riglyne wat finansiële adviseurs wêreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie 'n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614110

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 80
R 72Jy spaar R 8
Dit is nie altyd maklik om aan die stuur van sake te staan wanneer die pad lank en die terrein ongelyk is nie. Maar met die regte motivering en aansporing kan dit 'n tyd gelaai met sukses en uitnemendheid wees. In 1 minuut-inspirasie vir leiers skep Stan Toler 'n wen-kombinasie van motiverende aanhalings, teksverse en vertel-lings wat jou sal inspireer om die potensiaal in jou eie lewe te ontsluit. Hierdie sakpas, humoristiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat jou gedagtes aan die gang sal sit, waaronder: - Leiers sit tyd opsy om te ontspan - Leiers het 'n sin vir humor - Leiers vra vergifnis 1 minuut-inspirasie vir leiers sal elke leier - ervare of nuut aan die stuur - help om hulle doelwitte te bereik terwyl hulle dié om hulle aanmoedig.
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624069652

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 315
R 284Jy spaar R 31
Die geskiedenis van Naspers en Media24 saamgevat. Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne 'n eeu gegroei het tot 'n globale mededinger - en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Professor Lizette Rabe was die eerste vrou wat aangestel is as redakteur van 'n Afrikaanse publikasie by Naspers, en ook die eerste vrou aan die hoof van die Universiteit van Stellenbosch se joernalistiekskool. Sy was redakteur van die vrouetydskrif Sarie van 1994 tot 2001 toe sy haar joernalistieke loopbaan van twintig jaar verruil het vir een in die akademie.
Rabe is outeur, mede-outeur of samesteller van verskeie boeke, lid van verskeie professionele verenigings, nasionaal en internasionaal, was raadslid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en sameroeper en lid van verskeie beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627033445

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 595
R 536Jy spaar R 59
Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente is 'n omvattende inleiding tot ekonomie in die algemeen, teen 'n hedendaagse Suid-Afrikaanse agtergrond. Die gemaklike styl en talle praktiese voorbeelde maak hierdie publikasie besonder toeganklik. Die boek dek al die material wat gewoonlik vir inleidende kursusse voorgeskryf word en le 'n stewige grondslag vir intermediere en gevorderde studie in ekonomie. Die vyfde uitgawe is 'n herstruktureerde, omvattend hersiene en opgedateerde weergawe van die gewilde vierde uitgawe. Soos in die vorige uitgawes, val die klem op die toepassing van ekonomiese teorie. 'n Magdom tersaaklike inligting oor die Suid-Afrikaanse ekonomie word ook gegee.
Publikasiedatum: 2015-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624056652

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 290
R 261Jy spaar R 29
Brand Pretorius wéét wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur.

Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die 'alles loop reg'-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot dié groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy.

Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat 'n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan lê en Suid-Afrika só kan help verbeter.


Brand Pretorius wéét wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur.

Pretorius praat openhartig oor die 'alles loop reg'-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe dié maatskappy byna ondergegaan het, tot dié groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy.

Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om 'n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

'Min Suid-Afrikaanse leiers het meer opregte en deurdagte leierskap getoon as Brand Pretorius op sy soms uitdagende pad, soos beskryf in hierdie boek.' - Mark Lamberti, voorsitter van Massmart
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627023484

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 720
R 648Jy spaar R 72
Die titel dien 'n tweeledige doel - dit is 'n toevoeging tot die vakliteratuur en ook 'n ontsluitingsbron vir leke op die vakgebied. Die praktiese toepassing van statistiese metodes in die alledaagse praktyk word deeglik behandel en met toepaslike voorbeelde toegelig. Vanwee die skrywers se kennis en ervaring as statistiese konsultante, is die titels vakkundig akkuraat, maar tog sterk prakties gerig.
Publikasiedatum: 1999-01-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780062953803

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 260
R 208Jy spaar R 52
NEW YORK TIMES BESTSELLER For the first time, Curtis '50 Cent' Jackson opens up about his amazing comeback-from tragic personal loss to thriving businessman and cable's highest-paid executive-in this unique self-help guide, his first since his blockbuster New York Times bestseller The 50th Law. In his early twenties Curtis Jackson, known as 50 Cent rose to the heights of fame and power in the cutthroat music business. A decade ago the multi-platinum selling rap artist decided to pivot. His ability to adapt to change was demonstrated when he became the executive producer and star of Power, a high-octane, gripping crime drama centered around a drug kingpin's family. The series quickly became 'appointment' television, leading to Jackson inking a four-year, $150 million contract with the Starz network-the most lucrative deal in premium cable history. Now, in his most personal book, Jackson shakes up the self-help category with his unique, cutting-edge lessons and hard-earned advice on embracing change. Where The 50th Law tells readers 'fear nothing and you shall succeed,' Hustle Harder, Hustle Smarter builds on this message, combining it with Jackson's street smarts and hard-learned corporate savvy to help readers successfully achieve their own comeback-and to learn to flow with the changes that disrupt their own lives.
Publikasiedatum: 2020-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781788702669

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 285
R 228Jy spaar R 57
Psychologist Tim Harkness has noticed sometimes it seems everyone is shouting, but nobody is listening.
Surely we don't need to learn how to talk? And yet, in an age of Brexit and Trump, where social media provides a platform for instantaneous, unfettered opinion, doesn't it feel that we've lost our ability to move discussions forward?

10 Rules for Talking is a timely guide to help you talk to people who don't share your opinion. Harkness focuses on difficult conversations - the complex, emotional and recurring discussions that persistently affect our personal and professional lives.

The ten rules will teach you to remember most people are good and worthy of respect (Rule 3), why it is important to keep a conversation safe (Rule 5) and how to truly listen (Rule 9). Learn how to persuade, respond and - most importantly - keep the conversation progressing.

Welcome to a new way of talking.
Publikasiedatum: 2020-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781471195907

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 350
R 280Jy spaar R 70
Unconscious bias affects everyone. It can look like the disappointment of an HR professional when a candidate for a new position asks about maternity leave. It can look like preferring the application of a red brick university graduate over one from a state school. It can look like assuming a man is more entitled to speak in a meeting than his female junior colleague.

Ideal for every manager who wants to understand and move past their own preconceived ideas, Unconscious Bias explains that bias is the result of mental shortcuts, our likes and dislikes, and is a natural part of the human condition. And what we assume about each other and how we interact with one another has vast effects on our organisational success - especially in the workplace. Teaching you how to overcome unconscious bias, this book provides more than thirty unique tools, such as a prep worksheet and a list of ways to reframe your unconscious thoughts.

According to the experts at FranklinCovey, your workplace can achieve its highest performance rate once you start to overcome your biases and allow your employees to be whole people. By recognising bias, emphasising empathy and curiosity, and making true understanding a priority in the workplace, we can unlock the potential of every person we encounter.
Publikasiedatum: 2020-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781471194023

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 385
R 308Jy spaar R 77
The remarkable story of how Joe Foster developed Reebok into one of the world's most famous sports brands, having started from a small factory in Bolton.
Since the late 19th century, the Foster family had been hand-making running shoes, supplying the likes of Eric Liddell and Harold Abrahams - later immortalised in the film Chariots of Fire - as well as providing boots to most Football League clubs. But a family feud between Foster's father and uncle about the direction of their business led to Joe and his brother Jeff setting up a new company, inspired by the success of Adidas and Puma, and so Reebok was born.

At first, money was so short that Joe and his wife had to live in their rundown factory, while the machinery that made the shoes was placed around the edge of the floor, because it was so weak it could have collapsed if they'd been positioned in the middle. But, from this inauspicious start, a major new player in the sports equipment field began to emerge, inspired by Joe's marketing vision. By the 1980s, Reebok had become a global phenomenon, when they were the first to latch onto the potential of the aerobics craze inspired by Jane Fonda. Soon, Reeboks were being seen on Hollywood red carpets and even in the film Aliens, where Sigourney Weaver wore a pair of Reebok Alien Stompers.

Like the international bestseller Shoe Dog, by Nike's Phil Knight, Shoemaker is a powerful tale of triumph against all the odds, revealing the challenges and sacrifices that go into creating a world-beating brand; it is also the story of how a small local business can transform itself, with the right products and the right vision, into something much, much bigger.
Publikasiedatum: 2020-11-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.