●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359462

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Is dit tyd om 'n kans te waag? Katja voel reeds gemaklik met haar plekkie op die rak. Haar lewe is ongekompliseerd en gevestig tot sy Xavier en sy seuntjie ontmoet. Xavier is haar nuwe bevelvoerder en hopeloos te aantreklik in sy uniform. Katja voel hoe ‘n onsigbare band tussen haarself en Xavier begin vorm, want hul albei dra littekens van die verlede. Haar lewe word verder omver gegooi deur ‘n versoek van maatskaplike dienste dat haar biologiese familie haar graag wil opspoor. Dis presies wat sy haarself nog altyd voorgeneem het om nooit óóit te doen nie. Alles voel oorweldigend, en om haar wegholskoene aan te trek klink na die beste oplossing. Maar wat as twee gebreekte harte saam geluk kan vind? Kan ou wonde behandel en genees word? Is dit tyd om kanse te waag?
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359523

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees 'n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352890

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Liefde... toegedraai vir Kersfees!
Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering waarop sy gehoop het nie en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi. Sy oorweeg selfs 'n one-night stand met 'n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan 'n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?
Hierdie verhaal bevat al die kenmerke van Elsa se boeke: humor, tydigheid en passie. Dit ondersoek die idee van toeval, maar ook tweede kanse, in moderne verhoudings.
Publikasiedatum: 2022-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359424

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Nutsman of skurk? Nadia moet haar oorlede tweelingsussie se baba teen 'n dwelmsindikaat beskerm wanneer die halfmiljoen rand wat haar suster en swaer aan hul verskuldig is, geëis word. In die proses verwar die sindikaat vir Nadia met haar sussie en sy besluit om te vlug. Sy gaan skuil saam met die b aba op 'n plattelandse dorpie by 'n gastehuis terwyl haar broer meer oor die sindikaat uitvind. Hier ontmoet sy die aantreklike Ewan wat die gastehuis besoek vir besigheid, maar Nadia is dadelik versigtig vir hom. Hy speel te graag die ridder vir elke vrou op die dorp en sy bevraagteken sy sogenaamde sakebesoek. Nadia leer Ewan ken terwyl hy by die gastehuis bly en aanbied om bietjie instandhoudingswerk te doen. Net as sy hom amper begin vertrou wonder sy of hy nie tóg 'n verskuilde agenda het nie. Is hy moontlik self by die sindikaat betrokke?
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359189

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Van prinses na minnares
Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. Cassie raak suspisieus. Alister gee haar aandag, bederf haar en soen haar. Hy doen alles wat ontoelaatbaar tussen 'n diensmeisie en 'n adellike is. Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
'n Historiese Romanza wat in die vroeë 1800's afspeel.
Publikasiedatum: 2023-07-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358649

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die sleutel na liefde moet soms voor baklei word Kort na haar agtiende verjaardag reis Karlijn Verhoefen per skip vanaf Nederland na die Kaap. Een stormagtige nag, val Karlijn oorboord en word deur Jean, die capitaine van die skip Die Carlotta, gered. ‘n Vriendskap ontwikkel tussen haar en Jean en soos sy hom beter leer ken, ontwikkel gevoelens wat sy nie ken nie en wat haar verwar. Jean stel egter nie belang in enige ander vrou nie, want sy hart behoort reeds aan Simoné Dubois. Maar hoekom soen hy haar die dag toe hulle reis tot ‘n einde kom en hul paaie skei? Karlijn begin bou aan ‘n nuwe toekoms in die Kaap. Dinge verloop vlot totdat sy en Jean mekaar op ‘n dag weer raak loop. Die onvoorspelbare gebeur en saam begin hulle ‘n reis wat lei tot ‘n skatkis vol verrassings. Die verhaal speel af in 1802 en is gevul met intriges, interessante karakters en historiese omgewings. Van Rooyen weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir ‘n passievolle romanse.
Publikasiedatum: 2023-01-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358663

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Liefde kan jou lewe in ‘n oogwink verander… Sonder werk of heenkome en met haar hart en toekomsplanne aan flenters, gaan kruip Annelize in haar vriendin, Jolanie, se leë woonstel op Flenterbaai weg. Sy moet nog die gebeure van die afgelope tyd verwerk en hoop dat sy by die see weer mettertyd rus en rigting sal vind. Min weet sy dat Jolanie se brombek van ‘n broer by die huis langs die woonstel gaan opdaag en haar vrede versteur. Hy, met sy Wiskundeboek wat klaar geskryf moet word én sy beeldskone meisie wat haar neus vir net mooi alles optrek, verál vir Annelize. Ludwig is kortaf en baasspelerig en boonop glo hy nie Annelize se rede hoekom sy op Flenterbaai kuier nie. Dan gebeur daar een koue wintersmiddag iets wat veroorsaak dat Annelize nie langer kan wegsteek wié en wát sy is nie. Die vraag is: Wat gaan Ludwig maak noudat hy die waarheid weet?
Publikasiedatum: 2023-01-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352678

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 50Jy spaar R 50
Kan 'n gebroke huwelik betyds gered word?
ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloetefamilie 'n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn
huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354825

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Kan tyd 'n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in 'n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in 'n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor 'n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van 'n huwelik deeglik aangeraak en die invloed
wat dit op beide 'n man en 'n vrou het.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359509

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed v erstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie. Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud. Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637003551

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Passie is 'n eksperiment vol verrassings!
Leandi Steyn keer terug na die Kaap om seker te maak dat haar broerskind, Madelein, versorg is. Vanuit die staanspoor bots sy met Madelein se voog, dokter Leon Hattingh. Volgens haar is hy 'n gevoellose wetenskaplike met 'n rekenaar in plaas van 'n hart in sy borskas. Wanneer Leandi per ongeluk in Leon se arms beland, vind sy uit dat die koue wetenskaplike haar lyf aan die brand steek met sy mond en hande. Sy stem in om met hom te trou, slegs ter wille van Madelein, maar is vasbeslote om nie haar nuwe man se bed te deel nie. Maar dis nie so maklik om Leon se wetenskaplike benadering, én sy sjarme, te weerstaan nie ...
Publikasiedatum: 2023-05-02
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358908

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Is die liefde net 'n mite?
Mianke Grové, is 'n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot 'n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swaer vra haar om te gaan uithelp op sy vriend se wildreservaat waar sy die aantreklike natuurgids, Wian Engelbrecht ontmoet. Lank, met donker hare en breë skouers is hy die toonbeeld van die karakters waaroor sy altyd skryf. Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop en stuur haar bloeddruk deur die dak. Sy maak haarself wys dis net fisieke aangetrokkenheid, nie verliefdheid nie. Hoe meer tyd sy egter saam met hom spandeer, hoe moeiliker word dit vir haar om te stry teen die gevoelens wat hy in haar wakker maak, veral na hul eerste aardskuddende soen. Haar hart druk haar in een rigting terwyl haar kop haar op 'n ander paadjie wil lei. Sy is vasgevang tussen passievolle soene, hartkloppings en haar mite oor die liefde. Die vraag is: Gaan sy ingee tot opregte liefde of gaan sy vir Wian deur haar vingers laat glip?
Publikasiedatum: 2023-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870063

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds. Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering. Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?
Publikasiedatum: 2024-01-31
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870032

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
Publikasiedatum: 2024-01-31
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359363

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Liefde genees 'n gebroke siel. Izabel Blomerus, oftewel Belle, eienares van 'n blommewinkel in Potchefstroom, stoei nie net met die trauma van 'n dronk pa wat haar as kind verwerp het nie, maar ook met 'n eggenoot wat haar vir haar beste vriendin verlaat het. Haar romantiese hart glo egter steeds dat die liefde wel bestaan. Haar blomme en drome om eendag haar eie blommeplaas te besit, hou haar gefokus en siel bymekaar. Toe sy tydens haar eks se verlowingspartytjie 'n semi-ineenstorting beleef, kom 'n wildvreemdeling tot haar redding; een met smeulende oë en 'n diep lag wat haar wys 'n mens kán weer opstaan. Killian Potgieter stoei egter innerlik met sy eie seer wat baie ooreenstem met dié van Belle. Ongelukkig is hy ook die een wat al die snellers van haar traumatiese verlede een vir een laat afgaan en haar hartseer laat toeneem.
Moet sy nie liewer iemand vermy wat negatiewe emosies in haar ontlok nie? Of is die liefde sterk genoeg om die seer te genees en nuwe drome lewe te gee?
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.