Afslag slegs op aanlynbestellings

Fiksie
Romanses

Results 1 to 15 of 168
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393552

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Sewentien jaar gelede is Katrien en haar gesin gedwing om Kleinplaas te verlaat. Nou behoort dit aan die magtige Swart-gesin. Katrien droom daarvan om die plaas weer te sien, asook die befaamde skrywer, Chrisjan Swart wat al vanaf kleintyd by haar spook. Sal sy egter sterk genoeg wees om weer van hom af weg te stap?
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393712

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
R 192Jy spaar R 48
Hy speel in sy eie liga ...
Annabeth woon in 'n klein huisie, ry 'n klein oranje karretjie en leer graadeentjies lees en skryf. Sy is egter, na haar mening, so groot soos 'n huis. En haar hart is seer, want haar pa verwyt haar, haar broer baklei met haar, haar ma wil haar gedurig op 'n dieet sit. En geen man vra haar ooit uit nie.
Haar skoolhoof, Markus Wienand, het darem 'n sagte plekkie vir haar en help haar graag. En dan is daar die onderhoof in haar moeder-van-die-bruid pakkies wie se hart ook op die spel is.
En toe stap die aantreklike Sybrand met sy Adonis-lyf vol spiere in haar lewe in en hy kondig aan dat hy haar wil help om maer te word. Die arme Annabeth. Soveel manlike prag, maar vir haar is hy nie beskore nie.
Annabeth het 'n reis om te voltooi, 'n reis wat haar lewe stroop van appeltert en fudge en konfyttertjies. Wat haar laat oefen tot sy bewe. Wat haar die waarde van aanhou en moedhou leer ken. 'n Reis wat van haar vra om te vergewe en haar bring by die man wat in sy eie liga speel.

Ligaman is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393521

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
In Toskane ontmoet Daniela die kunstenaar Franco Farini, die kleinseun van ʼn oud-krygsgevangene in Suid-Afrika, wat fresco's teen die mure van haar droomkapel geskilder het. Hy is onweerstaanbaar en gesog, net soos sy voorvader. Is sy bestand teen sy aantrekkingskrag of sal sy soos haar ouma haar hart aan 'n Farini verloor?
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393583

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 160
R 128Jy spaar R 32
Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!
Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.
Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg
Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Net in stories - Rika Cloete
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.
Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)
Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?
Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin
Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)
Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?
Net ons twee - Petronel Louw
Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.
Om haar pinkie - Didi Potgieter
Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799392258

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Die aktrise, Lea, het drie punte op haar doenlysie: rus, vrede en 'n Afrika-sonbrand. Maar sy het ook 'n metgesel nodig vir haar grootouers se sestigste huweliksherdenking, dus klop sy by Human Coetzee se arbeidsburo aan. Sy vind hom uiters aantreklik, maar hy is duidelik die een man op die planeet wat nie onder haar bekoring val nie.

-Sedert 2006 het Dina al 55 romanses, twee SuperRomanzas en vier historiese romanses geskryf.
-Dina het al twee keer die ATKV-Woordveertjiesprys vir Romanses gewen met haar Romanzas, Boks vol soentjies (2013) en Alles is perfek (2018).
-Haar boeke verskyn gereeld op Nielsen se topverkoperlys.
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799392227

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Die eerste persoon wat Melanie op die boot na haar nuwe lewe ontmoet is 'n ongeskikte samaritaan, Thomas. Sy loop hom ook weer op die eiland raak, maar skielik is hy anders. Hierdie nuwe Thomas, spelerig en ontspanne, maak haar verbouereerd. 'n Befoeterde man kan sy eerder hanteer.
Publikasiedatum: 2019-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087038

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
R 204Jy spaar R 51
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Bambi en die boef - Anita du Preez
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht

Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op 'n stormsee vasgekeer: daar het 'n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .
'n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met 'n hart groter as Tafelberg?

Bambi en die boef - Anita du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!
Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man!
Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só 'n gladde karakter enigsins vertrou?

Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig 'n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.
Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087106

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Suzanne en Phil is nog nie lank in 'n verhouding nie, maar sy hoop hy sal haar binnekort vra om te trou. Sy sukkel egter al hoe meer om nie vergelykings met haar vriende se verhoudings te tref nie. Hoekom kan sy en Phil mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is beslis nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer die stand van Suzanne en Phil se verhouding - veral wanneer tannie Gertruida 'n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman.
Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman wie se hart na sy familieplaas hunker, en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie ook met ander oë na Herman te kyk nie.
Publikasiedatum: 2019-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391657

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ...
Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag!
'n Ongewone meisie:
Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …
Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig.
Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …
Soleil en die sakeman:
Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen.
Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie.
Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?
Formuleliefde:
Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie
Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis.
Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe.
Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391534

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
'n Verhouding so kort op die hakke van die verbreking van haar verlowing, is vir Lizma ondenkbaar, maar vertel dit nou vir haar ongehoorsame hart. Dit gaan telkens op loop as Joe Schoeman net naby haar kom.

Madelie se Romanza, Held in n oorpak, was 'n finalis vir 2018 ROSA (Romance Writers Organisation of South Africa) se Imbali-toekenning
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391473

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Antjie is lief vir Tom, maar trou? Nee, dankie. Die huwelik is 'n strik waarin jy trap. Maak sy 'n fout toe sy die troue weer uitstel? Sy het dit immers voorheen al gedoen, toe het Tom haar vergewe.

Joanita Fourie, die Romanza-teksredakteur, sê die volgende oor die manuskrip: “Ek nomineer hierdie manuskrip in sy toekomstige boekvorm vir 'n Woordveertjie.”
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391626

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Familiegeheime dreig om hul geluk te verongeluk ...
Mona se huwelik eindig op 'n laagtepunt en haar eksman het goed daarin geslaag om haar minderwaardig te laat voel. Ná haar onverwagse erflating gee nie net die finansiële voordele haar nuwe selfvertroue nie maar veral die besef dat sy oor haar eie lewe en sukses beskik.
Só kom dit dat sy 'n gastehuis cum skrywershuis begin waar skrywers kan kom werk. Sy kry met skrywers van alle soorte te doen, sommige aspirerend, ander so bekend dat hulle werk in verskeie tale vertaal word. Tydens die Woordfees op Stellenbosch is daar veral een bekende skrywer wat die vroue op hol het en Mona allesbehalwe onaangeraak laat.
Of sy inderdaad spesiaal is vir hom en of sy haar verbeel, is 'n vraag wat sy maar self moet probeer beantwoord. Maar daar is 'n groter probleem. Mona weet dit is nie wys om jou hart te verloor op 'n man waaroor die vroue so swymel nie. Net gou het sy baie vyande gemaak want sy is nie die enigste wat oor hom droom nie en haar eksman gun haar nie geluk nie. Boonop word haar eienaarskap van die huis bevraagteken.

Hierdie is nie net 'n liefdesverhaal nie, maar het ook spanningselemente.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391503

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Tot Izette se ontsteltenis is die nuwe, sexy prokureur niemand anders as haar eksman nie. Gelukkige is haar gevoelens vir Markus iets van die verlede, maar sy soene saai steeds verwoesting in haar hart.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799392197

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Eers los Nico Roussow haar met 'n gebroke hart en nou verwag hy 'n tweede kans. Hoe harteloos kan hy wees, wonder Melissa. Wel, nie weer nie. Sy dink sy het 'n goeie houvas op haar hart, maar dit luister nie en voor sy weet, dompel sy haarself van voor af in die verderf.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087380

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou.
Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is - nonsens.
Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir 'n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis 'n uitstekende reëling - pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerlei lekker dinge aan haar lyf.
Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart kan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
Publikasiedatum: 2019-01-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.