●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619481

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Sallie Riehl droom nog altyd daarvan om ten minste een keer te reis voordat sy by die kerk aansluit. Daarom is sy in ekstase toe sy die geleentheid kry om dié somer as 'n kinderoppasser vir 'n welgestelde familie in Cape May te gaan werk. Maar selfs al moet sy slegs tydelik van haar ouerhuis in Paradise afskeid neem, beteken dit dat sy haar doop met nog 'n jaar sal moet uitstel en dat sy die man met wie sy veronderstel is om uit te gaan, moet agterlaat.

Die weke wat sy in Cape May deurbring, is onvergeetlik - deels weens Kevin, 'n jong Mennonitiese man wie se vriendskap sy gou begin koester. Het sy oorhaastig beloftes gemaak, of sal sy slegs by die huis kry wat sy die meeste begeer?
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620795944

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Dis Paasgebeure nuur aangebied uit die Paasgebeure soos ons dit in die Bybel lees.
Die hele Paasverhaal word saamgevat en uitmekaargehaal tot een groot gehee!
Jopie het die verhaal soos ons dit in die Evangelie lees chronologird laat saamloop terwyl hy die karakters waarvan ons soms net met ;n naaam van kennis neem, laat opstaan en lewe het.
Simon die Malaatse se verontwaardiging omdat sy belangrikheid nie in ag geneem word nie, Judas iskariot se moeder se naakte rou oor haar seun se verraad en selfdood, Annas se stryd met die Jesus-Waarheid en Pontius Pilatus se vrou se invloed is van die mense wat ons eerstehands leer ken.
Publikasiedatum: 2019-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607139

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 270
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.
Publikasiedatum: 2021-03-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320520

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg. Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.
Publikasiedatum: 2018-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868299621

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Die vroue in die geslagsregister van Jesus Christus was dapper, het risiko's geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wereld voort te bring. Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Hierdie vroue kan vir ons die weg wys. Die lesse wat ons by hulle kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het. Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus in nou in een titel beskikbaar. Tamar was 'n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeewenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wereld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jou insluit.
Publikasiedatum: 2006-05-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868294930

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 100
Terwyl hy herstel van 'n wond wat hy in die Eerste Wêreldoorlog opgedoen het, ontdek 'n soldaat wat in die Midde-Ooste gestasioneer is een van die mees opspraakwekkende argeologiese vondste in eeue. Omstandighede keer egter dat hy dit verder kan ondersoek.
Maar een aand in 1920 maak hy die houtkissie oop en ontdek binne-in 'n stuk perkament, drie spykers en die beendere van 'n man se regterhand. En so ontvou die verhaal van Scipio Martialis, 'n Romeinse soldaat uit Christus se tyd; die verhaal van die man wat vir Jesus Christus gekruisig het.
Hierdie boek voer die leser mee op 'n man se aangrypende reis deur die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld. Skrywer J. Fletcher Ray teken Jerusalem in die eerste eeu na Christus en vertel hoe die geboorte, lewe en dood van Jesus gewone mense deel gemaak het van God se groot plan vir die verlossing van die mensdom. Elkeen wat daardie Vrydag op Golgota was, kon nie anders as om geraak te word deur Jesus se dood nie. Veral nie die Romeinse soldaat wat die spykers in Jesus se hande en voete moes inslaan nie.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publikasiedatum: 2018-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322753

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Die lewe loop wye draaie met Janine van die Weskusdorpie af, eers Londen toe saam Greg Walker en nou weer in Roodepoort. Frustrasies bring versoekings, en sy wil bietjie uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters nie net haar verantwoordelikheid is nie, maar ook haar grootste vreugde. Om terug te gaan dorp toe en 'n gesin te begin saam met haar ou liefde wat haar onvoorwaardelik vergewe het, is per slot van sake nie 'n verpligting nie, maar God se antwoord op haar gebede.
Publikasiedatum: 2021-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623310

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van 'n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om 'n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan ontmoet hy 'n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worste...
Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal kombineer geloof, 'n bietjie humor en tonne passie en laat jou met een vraag: Wat laat jy toe om jou identiteit te bepaal?
Publikasiedatum: 2019-07-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321510

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 260
In Sirië vrees Ilizabith elke dag vir haar lewe, die man wat haar sy vrou gemaak het is boos. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef, maar sal haar ouers dit insien? Hoewel hulle in dieselfde skool is in Pretoria verskil Talitha en Yasmine se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is en Yasmine probeer oorleef. Deur 'n Goddelike saamloop kruis Ilizabith, Pascale en Talitha en Yasmine se paaie, en elkeen moet besluit of hulle gehoorsaam sal wees aan God.
Publikasiedatum: 2019-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616756

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 179
Is daar hoop op 'n nuwe toekoms vir 'n jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede?

Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry.

Dale Wyeth het 'n diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoë om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier.

Terwyl Christian en Dale amper 'n pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart - en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde - op 'n manier nuut kan begin?

Oor die outeur

Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen 'n onderwyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, waaronder New York Times en USA Today.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
R 224Jy spaar R 56
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan. Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319722

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 255
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van 'n boervrou op 'n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
Publikasiedatum: 2017-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.