Fiksie
Christelik

Results 1 to 15 of 56
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339428

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Brady Bradshaw is 'n alleenloper. Hy verkies dit so. Wanneer hy nie brande blus in Oklahoma City nie, werk hy as vrywilliger in sy gemeenskap. Dit gee sin aan sy lewe, want as God nie die inwoners van Oklahoma City gaan help nie, sal hy wat Brady is. ingryp. Dit is waarvoor hy lewe. Om ander te help, en nog iets: die hoop dat hy eendag weer die meisie sal opspoor wat hy meer as tien jaar laas gesien het. 'n Meisie met die naam Jenna.
Jenna Davis dra alleen aan die hartseer wat in die verste hoeke van haar hart nesgeskop het. Haar verlies daardie donker dag in April is nie iets waaroor sy praat nie, die emosies is net hare. En sonder hegte vriende in haar lewe het Jenna niemand om haar pyn mee te deel nie.Niemand wat onthou wat 23 jaar gelede gebeur het het by Alfred P . Murrah Federale gehou nie. Tog, ten spyte van die onuitspreeklike verlies, het sy uiteindelik haar pad teruggevind na God toe.
Publikasiedatum: 2018-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9780796321084

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 195
R 156Jy spaar R 39
Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?


Ná 'n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik het Altus 'n besigheid wat veevoer en ander boerderybenodigdhede verskaf. Later neem hy 'n vennoot in en begin 'n ruitertuigbesigheid. Vir 'n ruk lank gaan dit goed, maar later moet Altus dit waag dit om naas ruitertuig steeds ook veevoer in en uit te voer. Die een ramp na die ander tref hom en sy versekering moet groot bedrae uitbetaal vir skeepsvragte wat óf sink, óf besmet is en by doane afgekeur word. Met 'n skok ontdek hy dat Drikus hom besteel. Skuld hoop op nadat hy reeds verbande op sy huis en kleinhoewe geneem het om die besigheid se begroting te laat klop. Dit gaan so sleg met dat die besigheid onder sekwestrasie geplaas word, maar hy skop vas, verkoop sy kleinhoewe en leen nog geld teen hoë rentekoerse.

Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Dit gaan sleg. Die tuiewinkel brand af, nalatigheid word vermoed, die versekering wil nie betaal nie, nog 'n vrag voer word afgekeur en die bank dreig om die huis terug te neem. Alles word te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Nie net sekwestrasie nie, bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Hulle besluit om ook die seehuis in Hermanus in die mark te sit en gaan vir oulaas vakansie hou.

Die geskinder raak ondraaglik, selfs by die kerk word hulle skeef aangekyk of oordrewe vertroos. Altus wat a.g.v. rumatiekkoors as kind hartprobleme ondervind het, word siek en stort ineen. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen a.g.v. Altus se siekte. Haar beste vriendin Elaine Theunissen en dié se vervreemde man dr. Gerhard Theunissen, staan hulle by. As troos bring sy ook vir dominee Dieter saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in en word daar ook vir die gesin gratis huisvesting aangebied, in 'n tuinwoonstel omring deur 'n pragtige tuin. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321176

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 255
R 204Jy spaar R 51
Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en 'n huwelik op die rand van egskeiding is nie die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. 'n Donker geheim van bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om onder andere 'n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand van iemand wat die naaste aan hom moet wees. Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is. Combrinck se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit bevat ook 'n spannende avontuurverhaal en 'n liefdesverhaal - 'n sonderlinge kombinasie.
Publikasiedatum: 2018-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620029

Fiksie: Christelik

Vertaler: Hester Fourie
Fiksie  -  Christelik
R 240
R 192Jy spaar R 48
'n Pragtige liefdesverhaal oor die krag van geloof en liefde en hoe God 'n beter toekoms gee as wat 'n mens jou kan voorstel.
Hope Harbor se polisiehoof, Lexie Graham, het haar hande vol. Nie net maak sy haar seun alleen groot nie, maar daar is ook 'n skielike vlaag van vandalisme en diefstal in haar kusdorp. Daar is dus nie tyd vir enigiets anders in haar lewe nie, insluitend romanse. Adam Stone, 'n voormalige misdadiger, is ook nie op soek na liefde nie. Hoe ironies dan dat die eerste vrou wat sy aandag trek die polisiehoof is. Maar om te wens dat dinge anders kon wees, is net dwaas.
Wanneer Lexie egter Adam se hulp vra met 'n jong seun wat betrek word by die vandalisme, begin die vonke spat. Hoe langer hulle saamwerk, hoe duideliker word dit dat God dalk 'n ander toekoms vir hulle in gedagte het as wat hulle hul kan voorstel.
Publikasiedatum: 2018-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415338902

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
'n Oomblik in tyd is 'n verhaal oor die nuanses van godsdiensvryheid en die betekenis van geloof in vandag se kultuur.

Van New York Times-topverkoperskrywer Karen Kingsbury kom 'n splinternuwe Baxterfamilie-roman oor 'n geliefde skoolhoof wat 'n Bybelstudieklub begin om die lewens van sy sukkelende leerlinge te verbeter. Dit het egter tot gevolg dat hy die nasionale fokus van 'n omstrede regsgeding word.

Hamilton Hoërskool se skoolhoof, Wendell Quinn, is moeg vir die dwelmmisbruik, tienerswangerskappe, geweld, en lae verwagtings by sy skool. Quinn is 'n Christen en gesinsman, en wil verandering in sy gemeenskap sien. Daarom begin hy 'n vrywillige naskoolse Bybelstudieprogram, ten spyte daarvan dat dit sy werk in gevaar kan stel. Die hoë bywoning by elke byeenkoms moedig hom egter aan om voort te gaan. Dis duidelik dat die program werk - totdat een ouer die pers daarvan in kennis stel. Nou staan Quinn voor 'n regsgeding wat alles kan verwoes, en moet hy kies: Gaan hy toegee en die program stop, of gaan hy opstaan vir wat hy glo reg is.

Hierdie stryd kom met 'n hoë prys, en daar is net een prokureur wat Quinn aan sy kant wil hê: Luke Baxter.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320841

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 176Jy spaar R 44
Boek 10.
Henok kry 'n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat  Re'uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Publikasiedatum: 2018-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320520

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg. Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.
Publikasiedatum: 2018-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
R 240Jy spaar R 60
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publikasiedatum: 2018-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337004

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van 'n liefdesverhaal wat steeds 'n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.
Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, 'n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.
John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring - veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.
Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar 'n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?
Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat 'n erfenis van liefde op 'n familie het.
Publikasiedatum: 2017-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337707

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
R 136Jy spaar R 34
Millie Malan se rustige lewe op Dreunbaai verander onherroeplik wanneer haar ouma Hetta sterf en sy by die lees van die testament hoor sy moet haar erfporsie deel met 'n vrou van wie sy nog nooit eens gehoor het nie - Cornelia Krynauw. Boonop kan sy net nie Cornelia se aantreklike seun, Karel, uit haar gedagtes kry nie. Toe hy by haar koffiewinkel ingeloop het, het sy gedink hy is die een vir wie sy gewag het, maar toe sy uitvind wie hy is, en dat dit sy ma is met wie sy haar ouma se erflating moet deel, was die strydlyne getrek.

Dan kom Millie op dokumente af wat haar lewe verder deurmekaarkrap: Sy was 'n surrogaatbaba. Wie is haar regte ouers dan? Millie se soeke na die waarheid oor haar afkoms, dwing haar om gespanne verhoudings uit haar verlede aan te spreek, onder andere met haar vervreemde pa, haar antagonistiese stiefma, en haar halfbroer en -susters, wat sy nooit regtig geken het nie.

Verdwaalpad handel oor seerkry, hoe liefde alles kan oorwin en dat vergifnis altyd moontlik is.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617395

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 200Jy spaar R 50
Debora is 'n uitgesproke en onverskrokke vrou. Sy glo in God, maar sukkel om die potensiaal in haar eie lewe te sien. As Israelitiese vrou sal sy trou en kinders hê, en haar kinders van Adonai leer - en dit is meer as genoeg om haar dae vol te maak.
Maar God het 'n ander plan vir haar. Vir byna 20 jaar al leef Israel onder die so te sê konstante vrees vir die Ka¬naänitiese leër. En nou roep God vir Debora om haar volk van hierdie verdrukking te bevry. Sal haar geliefdes dit verstaan? Sal mense glo dat God haar geroep het? En kan die bedreiging wat Kanaän inhou, gestop word?
Met haar kenmerkende onberispelike navorsing en verbeeldingryke vertelkuns skets Jill Eileen Smith in Debora , die profetes die storie van Israel se magtigste vroulike rigter in 'n roman wat sowel boeiend as inspirerend is.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868299829

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 120Jy spaar R 30
Hy word vandag beskou as een van die mees invloedryke figure in die geskiedenis van die wêreld, maar vir diegene wat vir Martin Luther geken het, was hy meer as net die leier van 'n belangrike geskiedkundige rebellie. Hy was 'n man van visie, toewyding en passie. Hy was vasbeslote om sy God te dien en om die kerk van sy dag te reinig van eeue se afvalligheid.
Van die begin af het Luther se vyande - die korrupte kerklike en politieke regeerders van sy dag - saamgespan om te verhoed dat sy radikale idees versprei; idees wat die kerk en die wêreld se grootste politieke magte tot in hulle fondament sou skud. Maar God het aan Luther die krag en genade gegee om die leërmagte van die wêreld teen te staan, slegs gewapen met die swaard van God se Woord.
Kom ervaar Luther se opstand teen Charles V en sy onverwagse romanse met voormalige non Kate von Bora. Beleef die veranderings wat tot die Hervorming gelei het en sien hoe God een buitengewone man toegerus het om standpunt in te neem - al het dit beteken dat hy dikwels alleen moes staan - te midde van die tierende storm.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616756

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Is daar hoop op 'n nuwe toekoms vir 'n jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede?

Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry.

Dale Wyeth het 'n diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoë om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier.

Terwyl Christian en Dale amper 'n pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart - en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde - op 'n manier nuut kan begin?

Oor die outeur

Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen 'n onderwyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, waaronder New York Times en USA Today.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618668

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 88Jy spaar R 22
Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man, Tim, 'n gerespekteerde professor in joernalistiek, 'n buite-egtelike verhouding het met een van sy studente en 'n egskeiding wil hê, is sy woedend, seergemaak en verward. Sy keer terug na haar ouerhuis om dinge uit te sorteer.
Daar besluit sy dat sy haar man steeds sal liefhê en getrou sal bly aan haar huwelik, ongeag wat dit van haar vra. Maar wanneer 'n ou liefde opdaag, raak sy net nog meer verward.
Om vry te wees is die eerste boek in die Vernuwing-reeks wat Karen Kingsbury saam met Gary Smalley geskryf het. Hierdie boeke wys hoe God skynbaar hooplose verhoudings kan red en illustreer ook 'n kernboodskap: Liefde is 'n keuse.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618675

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 88Jy spaar R 22
Sy het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier onwaarskynlike mense - Alzheimer-pasiente - dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou.
Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig verander. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hartverskeurend en hoopvol is.
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.