Christelik / Christian
Ouerskap / Parenting

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868298556

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 140
Met soveel verwarring oor die man se rol in ons hedendaagse samelewing is dit geen wonder nie dat so baie ouers en onderwysers met hulle hande in die hare sit as dit by die grootmaak van seuns kom. Ons kultuur het manlikheid van sy eer beroof en as gevolg daarvan moet seuns aan die kortste ent trek. 'n Hele geslag seuns is besig om groot te word sonder 'n duidelike beeld van wat dit beteken om 'n man te wees. Maar daar is hoop!
Om seuns groot te maak bied raad en aanmoediging gebaseer op Bybelse beginsels. Dit verskaf antwoorde op vrae soos:
• Watter rol speel kompetisie in 'n seun se ontwikkeling?
• Watter invloed het egskeiding op seuns?
• Wat veroorsaak homoseksualiteit? Kan dit voorkom word?
• Watter invloed het vandag se gejaagde lewenstyl op seuns?
Elke persoon wat betrokke is by die uitdaging om seuns te verander in goeie mans moet hierdie boek lees.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431612345

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 90
Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daargestel het. God het pa's gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en 'n voorbeeld vir hulle seuns te wees.
Angus Buchan moedig pa's in Pa's en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.
Temas wat in Pa's en seuns bespreek word, sluit in: 'n pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid teenoor hoogmoed, opoffering, wat maak iemand 'n pa en onversetlike liefde.
Pa's en seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337387

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 160
Die avontuur van ouerskap is 'n splinternuwe boek deur 'n Suid-Afrikaanse skrywer en berader, Mandi Hart. Hierdie eietydse gids vanuit eie bodem bied praktiese raad oor ouerskap vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief.
As ouerskap 'n avontuur-sport was, sou dit beslis die sport gewees het wat die meeste durf verg. Dit is 'n avontuur na die onbekende, besaai met onverwagse kronkels en draaie - heeltemal onvoorspelbaar! Skool en tersiêre opleiding beteken nie veel in ons voorbereiding om ouers te word nie, en ouers het al die hulp nodig wat hulle kan kry om die toenemende uitdagings wat hulle van dag tot dag teëkom, te hanteer.Mandi help ouers om te besef dat dit in die eerste plek gaan oor wie en nie wat jy is nie. Sy moedig lesers aan om na binne te kyk en hulself te beoordeel, en beweeg dan aan na die invloed van eksterne faktore. Sy verskaf praktiese gereedskap en wys op die belang van die geestelike aspekte van ma- en pawees met God se hulp. Onderwerpe sluit in:

'¢ Die invloed van ons kultuur

'¢ Karakter en waardes

'¢ Die fases van ontwikkeling

'¢ Dissipline

'¢ Doelbewuste ouerskap

'¢ Hoe om vir jou kinders te bid

Die avontuur van ouerskap bevat ook talle ware ouerskap-stories, en Bybelverse en vrae vir nadenke aan die einde van elke hoofstuk.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868528929

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 140
R 112Jy spaar R 28
Boys are different! But with pressure to be 'gender neutral,' many try to mold children into a one-size-fits-all model. Dr. Dobson explains why boys are the way they are, how to understand their emotional and physical development, and the best way to motivate them to become godly men. Bringing Up Boys is a must-read for anyone involved in the challenge of turning boys into godly men.
Publikasiedatum: 2011-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development