AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Christelik / Christian
Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Results 1 to 15 of 19
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208455

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 249
R 224Jy spaar R 25
Gretha Wiid se huwelikspakket bevat 26 geheime om 'n paartjie te help saamstaan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek. Die aparte boekie Liefdesuitdaging sal help om julle vaardighede te slyp sodat julle sterker anderkant sal uitkom.

Ons hardloop die rotteresies, net om eendag wakker te word en te besef: Ons twee is nie meer so naby aan mekaar soos voorheen nie. Een effektiewe manier om 'n huwelik te laat hou is om tyd en energie daarin te belê en julle huwelik die hoogste prioriteit te maak - soos toe julle nog uitgegaan het.

Gretha Wiid deel haar insigte, soos hoe om die konneksie te behou ten spyte van hindernisse en hoe om op die regte manier te baklei. Sy gee ook nuttige gereedskap om die sprankel te behou, selfs as julle al lank getroud is. En hoe om seksuele en emosionele probleme te oorkom.

Of julle pas getroud is of al baie sakke sout saam opgeëet het, of net wil voorberei vir die reis, 'n Huwelik wat hou! sal julle verhouding omskep in 'n vervullende, suksesvolle en voorspoedige huwelik.
Publikasiedatum: 2018-05-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620555

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Vertaler: Linda Beukes
Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 270
R 243Jy spaar R 27
101 gebede wat paartjies lei om 'n inniger verhouding met God en mekaar te geniet.
Tyd in gebed saam met God is baie belangrik vir 'n sterk en gelukkige huwelik. 101 Gebede vir Mnr & Mev bied 101 kragtige gebede deur Rob en Joanna Teigen.
Elke gebed word gekomplementeer deur 'n bemoedigende teksvers. Die gebede sal paartjies lei om 'n inniger verhouding met God en met mekaar te geniet.
Temas sluit in liefde wat getrou is, God se troos, vergifnis, wedersydse respek, vrede en geduld, eensgesind­heid in die huwelik, deel God se seëninge en vele meer.
Leeromslag met merklint en goud afwerking.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613892

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 190
R 171Jy spaar R 19
Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is 'n baie ernstige saak. Doktor Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskildende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op 'n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook dié van sy maat te identifiseer.
Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:
- Opbouende woorde
- Kwaliteit-tyd
- Geskenke
- Diensbaarheid
- Fisieke aanraking
Hierdie nuwe, bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat 'n bygewerkte vraelys.
'
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620319

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 150
R 135Jy spaar R 15
Elke huwelik beleef soms kronkels en kinkels. Maar die ompaaie hoef paartjies nie heeltemal te laat verdwaal of van mekaar te vervreem nie.

In Beloftes, romanse en liefde ondersoek Greg en Erin Smalley 12 Bybelsgebaseerde rigtingwysers wat paartjies sal help om hulle huwelik op koers te hou. Deur praktiese raad en stories uit hulle eie huwelik en jare lange beradingservaring wys hulle paartjies hoe om padversperrings te oorkom, suksesvolle kommunikasie­patrone te vestig en lewenslange romanse te skep.

Met humor en deernis deel die Smalleys die geheime van 'n sterk huwelik gevul met “ware liefde” soos God dit in die Bybel beskryf sodat paartjies 'n padkaart kan hê vir 'n lewenslange romantiese avontuur.
Publikasiedatum: 2019-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770001206

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 180
R 162Jy spaar R 18
God wil hê die huweliksdaad moet die mees voorÂ-trefÂ-like ervaring wees wat twee mense met mekaar kan deel.
Publikasiedatum: 2008-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432202866

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 124
R 112Jy spaar R 12
Julle is verloof! En droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek ... totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!
Skielik stry julle oor wie genooi gaan word en is jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want manlief sê dit is te duur! Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue, julle verhouding ly daaronder en jy wonder of dit ooit die regte besluit was om verloof te raak!
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die
perfekte troudag én huwelik te verseker.
Skep moed, julle is nie alleen nie!
Gretha Wiid is 'n kenner as dit by verhoudings kom, terwyl Yolandé Edelinksi van Troukoors weet hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan!
Beplanning sluit in:
- Begroting
- Wat om wanneer te betaal
- Wanneer om wat te doen
- Vrae om te vrae tydens afsprake
- Gastelyste
- Nommers van vendors
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204037

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 99
R 89Jy spaar R 10
Elke vrou se KLEIN BOEKIE oor SEKS
- voorsien van antwoorde op al die vrae wat jy bang is om te vra
- aanmoedig om teleurstellings en verskille te oorkom
- help om jou (en jou man se) lyf lief te kry
- leer om jou man te verstaan deur vraelyste wat julle invul
- wys hoe om 'n opwindende sekslewe te hê.
Met intimiteit as hemelse gawe kan jy 'n gelukkige huwelik in 'n seksmal wêreld hê.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432202804

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 129
R 116Jy spaar R 13
Wat is die geheim van 'n gelukkige huwelik? Is dit 'n 100 sonsondergange wat julle elke aand geniet? Is dit 'n 1000 verskietende sterre wat jou geluk - wense waar maak? Of is dit bloot die gewone goed - hope geduld, emmers vol pret, en 'n oseaan vol onvoorwaardelike liefde? As dit is wat jy vir jou huwelik begeer, is Gelukkig getroud net die gids vir jou. Dis propvol wenke wat elke situasie, wat in jou huwelik kan opduik, tekkel - van die groot verneuk tot 'n onvervulde sekslewe, tot die kleiner jakkalsies soos te min tyd. Om die waarheid te se, hierdie boek is soos jou sielkundige wat jy met jou kan saamdra! Jy sal 'n antwoord op elkeen van jou vrae kry.
Publikasiedatum: 2013-04-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617470

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 190
R 171Jy spaar R 19
Humor in die huwelik is gebaseer op Mark Gungor se sukses met tienduisende paartjies wat hom die krediet gee dat hy hulle huwelike verryk en selfs gered het.
Deur sy unieke vermenging van humor en kenmerkende eerlikheid help hy paartjies om oor die weg te kom en pret te hê. Mark ondersoek 'n verskeidenheid onderwerpe soos die mite van 'n “sielsgenoot”, die verskil tussen hoe mans en vroue dink, die teenstrydige vlakke van libido en die nood¬saaklikheid om te vergewe. Hy bewys die sleutel tot huweliksgeluk is nie romanse of voorbeskikking nie - dit is werk en vaardigheid.
Paartjies moet hard werk om hulle verhouding in stand te hou en hulle moet die vaardighede besit om dit te doen. Hoe langer huweliksmaats wag om hierdie vaardighede aan te leer, hoe groter is die kans dat hulle gaan opgee. Humor in die huwelik maak dit maklik vir paartjies om vandag nog hulle verhouding na 'n hoër vlak van intimiteit te neem.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781589978904

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 260
R 234Jy spaar R 26
What happens when a kingdom man marries a kingdom woman? Kingdom Marriage: Connecting God's Purpose with Your Pleasure helps couples grow together as a kingdom couple to fulfill God's design and purpose for their marriage. Through practical insights and powerful stories, Dr. Tony Evans inspires and instructs so couples will discover the hope, challenge, and guidance God's Word provides for their journey together.'You can reflect the glory of God and the unity of the Trinity through your shared purpose, honor, and love as a true kingdom couple.' --Tony Evans Kingdom Marriage shows couples that the key to influencing our society and world with lasting impact is found in solidifying biblical marriage in the way God intended. It starts with both wife and husband reflecting God and His image and modeling that reflection within the roles and responsibilities of their union. This is based on a correct understanding of God's kingdom and their responsibilities in it. Kingdom Marriage and the Kingdom Marriage devotional and video resources are part of an entire line of Kingdom products by Tony Evans, including Kingdom Man, Kingdom Woman, Raising Kingdom Kids, and the Kingdom Quest strategy guides for kids and teens.
Publikasiedatum: 2018-01-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770003095

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 180
R 162Jy spaar R 18
Die geheim van suksesvolle kommunikasie tussen eggenote lê hierin: onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar. Dis 'n huweliksgeheim wat elke paartjie begeer, maar wat net enkeles ooit vind.
In Liefde en respek gee dr. Emerson Eggerichs baanbrekersriglyne wat paartjies sal help om 'n nuwe begin te maak. Die revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat 'n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huwe-liksberaders wat inligting soek wat 'n huwelik kan red. Met die gebruik van hierdie baanbrekerstegnieke in Liefde en respek kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620444118

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 120
R 108Jy spaar R 12
Natuurlik weet kinders van die Here dat hulle getroud moet wees voordat hulle seks mag hê. Maar jongmense wonder dikwels wat God se rede is? En wat gemaak as jy regtig ware liefde gevind het? Tel dieselfde dinge dan ook? Wat van vry? Hoe ver is té ver? So baie vrae, so min antwoorde!
Publikasiedatum: 2009-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206017

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 99
R 89Jy spaar R 10
Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, nou irriteer sy gewoontetjies jou. Maar dis dalk die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar. Mal oor jou man sal jou wys hoe julle lewe saam baie beter kan wees - juis omdat julle verskil. Hierna sal jy sommer weer van voor af op jou man verlief wees!
Publikasiedatum: 2016-04-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320155

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 315
R 284Jy spaar R 31
My bruidsboek is 'n trougids vir elke gelowige bruid. Dit is vol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak, jou trourok en skoene, jou gevolg, blomme en dekor, foto- en videograwe en die onthaal. Dit berei ook die bruid op 'n geestelike vlak voor en bespreek kwessies soos: Wat is 'n verbond, troubeloftes en die dieper betekenis van elke gebeurtenis (soos ringe uitruil). Daar is plek vir lysies maak en baie praktiese wenke. Dit is 'n pragtige bêreboek vir elke gelowige bruid.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621194

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 159
R 143Jy spaar R 16
Vind hoop en genesing vir gebroke verhoudings deur lief te hê asof jy nog nooit seergekry het nie.
Die mense naaste aan ons - kinders, ouers, familielede, huweliksmaats, vriende - kan ons soms die seerste maak. En die letsels wat hierdie emosionele seerkry laat, gaan soms so diep dat ons mure om ons bou. Tog is dit juis hierdie mure wat ons daarvan weerhou om hoop te sien, heel te word en weer lief te hê.
In Om lief te hê ten spyte van seerkry deel Jentezen Franklin sy verhaal van persoonlike pyn en wys lesers hoe om krag, moed en motivering te vind om lief te hê asof jy nooit seergekry het nie. Deur Bybelse en eietydse verhale bespreek hy verskillende soorte seerkry en gee antwoorde op vrae soos: Hoe kan ek hom weer vertrou? en Hoe kan ek ooit regtig vergewe?
Om lief te hê ten spyte van seerkry bied alles wat nodig is om mure af te breek, deur wonde te werk, gebroke verhoudings te herstel en die krag te ontdek van liefhê te spyte van seerkry.
Publikasiedatum: 2019-07-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.