Christelik / Christian
Geskenke / Gifts

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615155

Christelik / Christian: Geskenke / Gifts

R 120
Geluk is God se spesiale geskenk aan jou. Hy het jou lief en daarom het Hy klein vreugde-oomblikke oral om jou geplant. Jy moet net jou hand uitsteek en dit aangryp. In Dans in die reën gee Johan Smith 101 wenke, toegelig met teksverse, wat lesers sal help om weer ware geluk in hulle lewe te ervaar. Die wenke sluit eenvoudige, alledaagse dinge in, soos kuier om die tafel, doen dinge stadiger, reël alleentyd, en ook groter uitdagings soos leef in dankbaarheid en vergewe jouself. Met sy pragtige uitleg en blou teks en kort, kragtige wenke is Dans in die reën die ideale geskenk.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204464

Christelik / Christian: Geskenke / Gifts

R 120
Versies vir my vriendin is 'n besonderse bundel met 'n Bybelvers vir elke dag van die jaar. Dis anders as gewone dagboeke omdat jy nie vir Januarie hoef te wag om met die boek te begin nie. Jy kan enige tyd van enige maand inspirasie hierin raakblaai!
12 geliefde vroueskrywers, soos Fatima Abdool, Hettie Brittz, Esté Geldenhuys, Liesel Krause-Wiid, Soekie Krog, Maretha Maartens en Nina Smit, het elkeen 'n maand onder haar sorg geneem. Met groot omsigtigheid het hulle verse gekies wat nie net interessant en inspirerend is nie, maar ook vir die leser 'n stukkie seën sal wees. As bonus is daar by elke werksdag 'n toepassing met brokkies bemoediging, strale van hoop en liefdevolle begeleiding om 'n Geesvervulde vrou te wees.
Plaas jou vertroue in die Woord eerder as in jou wêreldse omstandighede. Die Bybel is die betroubaarste bron van energie en troos vir elkeen wat behoefte het aan God se goedheid. Neem dit vir jouself en gee dit aan na elke vrou wat as vriendin na aan jou hart is. Dis die waardevolste seëning wat jy kan aangee - en self ontvang.
Publikasiedatum: 2015-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development