Afslag slegs op aanlynbestellings

Christelik / Christian
Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Results 1 to 15 of 21
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621170

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 inspirerende oordenkings vir 'n lewe van oorwinning in Christus.
In 'n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy volkleur ontwerpe deur Amylee Weeks is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.
Publikasiedatum: 2018-08-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339183

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
Nina Smit is one of the biggest and well-known names when it comes to daily devotionals in South Africa. Her writing is always popular and tops best-seller charts. With Lord, Answer My Prayer, month after month, readers will learn more about the subject of prayer as well as how to go about it.
Nina draws inspiration from the Bible, from heroes of the faith like Joshua, David, Job and Jesus Himself to illustrate how powerful prayer can be. Topics include the role of the Holy Spirit in prayer, prayer in difficult times, prayer obstacles, how to pray for others and the joy of prayer. Each day opens with a Scripture verse and closes with an inspiring prayer.

About the Author

Nina Smit is well known for her many devotionals, children's books and books for women on various topics.
Her latest publications include Living as a Conqueror, Living in His Light, Grace for Today, When Joy Escapes Me, God Is on Your Side and Promises for Mom. She has three adult children and lives in Somerset West.
Publikasiedatum: 2018-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339190

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
Nina Smit is een van die bekendste en gewildste name in Suid-Afrika wanneer daar van dagstukkieboeke gepraat word. Haar boeke is uiters gewild en op topverkoperlyste regoor die land. Met Here, hoor U my? sal lesers maand vir maand meer oor gebed leer en ook hoe om dit te benader. Nina Smit se inspirasie kom vanuit die Bybel en Bybelse helde soos Josua, Dawid, Job en selfs Jesus om die krag van gebed te illustreer.
Dit sluit onderwerpe soos die Heilige Gees se rol in gebed, gebed in moeilike tye, hindernisse in gebed, hoe om vir ander te bid en die vreugde van gebed. Elke dag open met 'n gebed en word met 'n inspirerende gebed afgesluit.

Ooor die Skrywer

Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in God is aan jou kant, Beloftes vir Ma, Genade vir vandag, Leef in sy lig, en Leef as oorwinnaar. Sy is ma van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.
Publikasiedatum: 2018-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339381

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
Kragtige denke vir elke dag bied 366 dagstukkies wat lesers sal help om die krag van hul denke en woorde te verstaan en te implementeer. Dit sal lesers help om negatiewe denke te oorkom deur hul gedagtes op die positiewe dinge in God se Woord te rig. Die dagstukkies is nie bedoel om net gelees te word nie, maar om te gebruik.
Kragtige denke vir elke dag voorsien jou van lewensveranderende waarhede direk uit God se Woord wat jy deel kan maak van jou gedagtes en elke dag van die jaar oor jou lewe kan verklaar. Oordink hierdie waarhede deur die loop van jou dag en jy sal meer positief begin dink, praat, optree en selfs voel, namate jy kies om jou lewe elke dag te geniet.

Oor die Skrywer

Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is 'n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer 'n honderd boeke geskryf wat in meer as 'n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, 'n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Waag dit al is jy bang, Die stryd in jou gedagtes en Herbedraad jou denke.
Publikasiedatum: 2018-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320490

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 240
R 216Jy spaar R 24
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag 'n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe - om jou innerlik te versterk as mens. Dit is 'n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Publikasiedatum: 2018-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208233

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 119
R 107Jy spaar R 12
Die doel van Oudword is nie vir sissies nie is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom

“Oud maar nie koud” en “die grysheid bring wysheid” beweer sommige mense. Die Amerikaanse aktrise Bette Davis draai egter nie doekies om haar belewenis van hierdie tydperk nie: “Old age ain't no place for sissies!” Ons rem verbete aan die perde wat ons lewenswa trek, maar hulle bly onverbiddelik op koers.

Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieë begin kraak. Jy wil dikwels eerder tuis bly as om saam met die jongeres te gaan jol. Maar dit beteken nie dat jy vergeet het hoe om 'n goeie tyd te geniet nie!

Die belangrikste is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom. Die beste manier om ouer te word is met 'n gesonde dosis humor, want lag maak gesond. Lag help vir 'n magdom klagtes en skete. Lag hou jou fiks - emosioneel en liggaamlik.

Dit is die doel van Oudword IS NIE VIR SISSIES NIE. Bly jonk van gees met die humor, wysheid en inspirasie wat jy hier kry. Dan draf jy die veranderinge wat saam met die ouderdom kom, sommer lag-lag kaf, of jy nou 60, 70 of 80 is. Vergeet van die grys hare en die skete en vier oudword met 'n breë glimlag en 'n vonkeling in die oog.

Vul die “aan”- en “van”-gedeeltes voor op die boek in en jy het 'n spesiale geskenk wat iemand weer en weer sal lees!
Publikasiedatum: 2018-03-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617210

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige vroue te bemoedig.
Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.
Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.
Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617340

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
Vroue is unieke skepsels. Die meeste vroue is so besig met werk en hulle gesin, en dan moet hulle boonop ook versorger, vertrooster, bemoediger, skeidsregter, rasieleier en vertroueling wees. Dit is dus maklik om moeg en uitgeput te word en jou lewensvreugde te verloor.
In Met 'n lied in die hart wys Marietjie Joubert jou op die één ding wat jy elke dag broodnodig het om ware vrede en lewensvreugde te ervaar: Tyd by Jesus se voete. As jy by sy voete sit, sal Hy jou siel verkwik en jou las verlig; Hy sal vir jou nuwe hoop en inspirasie gee. Jy sal nuwe energie kry om elke dag met 'n lied in jou hart sy hande en voete in die wêreld te wees, om sy omgee-hart uit te leef en ewige seëninge ontvang.
Die 366 verrykende oordenkings sal jou herinner aan die drie-enige God in wie jy jou elke dag kan verbly.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617500

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
R 171Jy spaar R 19
God se Woord is gevul met beloftes wat vrede, leiding, wysheid en perspektief bied.
Deur te fokus op sommige van God se kosbaarste beloftes in die Skrif sal hierdie belofteboekie mans in enige lewenseisoen bemoedig en versterk. Die boekie bied kort, inspirerende oordenkings oor 30 temas spesiaal uitgesoek uit topverkoper-dagboeke deur Johan Smit. Elke oordenking word verder gekomplementeer met 'n verskeidenheid teksverse wat lesers verder verseker van God se getroue beloftes.
Op arendsvlerke , deur Johan Smit, kombineer kragtige oordenkings en bemoedigende beloftes uit die Skrif om mans na 'n hoër vlak in hulle verhouding met God te neem.
Hierdie belofteboekie is die perfekte geskenk vir besige mans wat deur God se beloftes verkwik en versterk wil word.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615209

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 225Jy spaar R 25
'n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God - vir jong vroue is 'n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.
Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om 'n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenkings sal jou help op jou reis na 'n lewe gevul met liefde, vreugde en God se genade.
Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag 'n stil oomblik saam met God deurbring.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320360

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 200
R 180Jy spaar R 20
Van 'n vrou word in vandag se wêreld baie verwag. Ons is ma's, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne én steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616657

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
R 171Jy spaar R 19
366 vreugdevolle oordenkings wat jou inspireer om voluit te leef terwyl jy omvou word deur God se genade.

Vandat ons ons oë oopmaak in die oggend totdat ons dit toemaak in die aand, is die lewe 'n dolle gejaag. Dit is dus geen wonder dat ons soms uitÂ-geput en totaal oorweldig voel en wonder hoe ons deur die volgende dag gaan kom nie.
Omvou deur genade motiveer vroue om tot God te nader en die vrede van 'n toegewyde en standÂ-houdende geloof te leer ken. Die 366 kort maar kragtige oordenÂ-kings spesiaal vir vroue op alle vlakke van die sameleÂ-wing, sal jou uitkyk op jou dag verander en jou die inspirasie gee wat jy so nodig het! Dalene Reyburn gesels in hierdie volkleur-dagboek oor temas soos gesindheid, verÂ-genoegdÂ-heid, bemoediging, geloof, genade, hoop, vrede, gebed, verhoudings en geestelike groei.
Wees vandag die beste jý! Vier die lewe. Sien die wonder in die alledaagse. Leer om voluit en hartstogtelik vir God te leef terwyl jy omvou word deur sy genade.
Ook beskikbaar in Engels onder die title Walking in Grace.

Oor die Outeur
Dalene Reyburn is 'n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings op dalenereyburn.com. Sy het 'n meestersgraad in toegepaste taalstudies en was 'n hoërskoolonderwyseres voordat sy voltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206178

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 139
R 125Jy spaar R 14
Jy moet 'n uithalerete kan kook, maar ook 'n vergadering kan lei;
Jy moet genoeg van Google weet, maar nog meer van Jesus ... Jou lewe is oorvol.
Soms sien jy nie eers vir God in jou prentjie raak nie, maar as jy mooi dink, besef jy dat Hy nog altyd net goed was vir jou.
En soms die onmoontlike in jou lewe laat gebeur het.
In hierdie dagboek het 52 vroue oor 'n breë spektrum - skrywers, dominees, sangeresse, motiveringsprekers - bymekaargekom om vir jou te vertel van die buitengewone dinge wat God in húlle lewens gedoen het.
Elkeen het 'n week se dagstukkies geskryf met die sentrale tema: God se grootheid en goedheid.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205010

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 149
R 134Jy spaar R 15
Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en 'n wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing.Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, 'n inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak!Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit. Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met 'n duur boek onder jou arm en 'n ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits...Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as 'n bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na 'n storie met inhoud.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431612185

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 130
R 117Jy spaar R 13
Inspireer die Skrif jou gebede? Dit is Stormie Omartian se vraag aan vroue in Gebed: jou verhouding met God - 'n dagboek waarin hulle God se grootheid sal ontdek.
Die New York Times-topverkoper-outeur wys in 101 dagstukke vir vroue hoe hulle die verse van die Bybel as inspirasie vir gebed kan gebruik. Die dagboek sal ook vir vroue wys wat God in hulle lewe en die wêreld om hulle kan doen in antwoord op Geesvervulde gebede.
Gebed: jou verhouding met God sal lesers inspireer en aanvuur in hulle eie gebede.
Publikasiedatum: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.