●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Christelik / Christian
Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Results 1 to 15 of 32
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321336

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
“Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry ... en ook om vir die Here te leef.” 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit dagstukkies wat oorspronklik in Uit die Beek verskyn het, help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Publikasiedatum: 2018-09-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622887

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Aan die voete van die Vader is 'n dagboek uit die pen van bekende outeur Isak Burger.

In 365 kragtige oordenkings sal lesers geestelik verryk en verkwik word. Die oordenkings sal die Here ook ʼn groter werklikheid vir mans en vroue in hulle lewe laat word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is rentmeesterskap, vergifnis, seën, genade, gebed, dissipelskap en Woordstudie.

Aan die voete van die Vader sal lesers inspireer om meer toegewyde volgelinge van Jesus te word.
Publikasiedatum: 2019-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431608492

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
God word nie gefrustreerd nie, Hy is nooit verras nie en Hy gee nooit moed op nie ... Dit is maar net sommige van 17 karaktereienskappe van God wat Ann Spangler onder oe neem in Beleef die grootheid van God. Die dagboek bestaan uit 17 weke met dagstukke van Maandag tot Vrydag vir elke week. Dit sal lesers help om te besef dat God veel groter en beter is as wat hulle ooit gehoop of verwag het.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614349

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
Glo beteken om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie.

Hoe lyk ons geloof te midde van pyn? Hoe bly ons blyÂ-moeÂ-dig in 'n samelewing wat lyk of dit besig is om uitÂ-meÂ-kaar te val?

Dit is die vrae wat dikwels deur ons kop maal, sê Johann Voges. In Dáárom kan ek sing bemoedig hy jou deur 'n nuwe perspektief: Ons oorwinning en troos lê daarin dat ons kan weet God is by ons en dra ons in ons seerkry.

In dié verrykende boek kyk Johann na wat groot GodsÂ-manne soos Jesaja, Job en Esegiël oor lyding gesê het. Hulle het ook lyding, vervolging, hartseer, verlies en swaarkry geken. Hulle verhale wys ons baie duidelik - niemand word lyding gespaar nie.

Ontdek saam met Johann dat ons inderdaad saam met Habakuk kan jubel, want die Here ons God gee vir ons krag. Dít is wat glo werklik beteken - om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie die doel van ons lyding nie.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340844

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
So dikwels in die lewe vind ons dat ons soek na God en uitreik na Hom, desperaat vir sy teenwoordigheid en om 'n liefdevolle verhouding met Hom te bou. Daar is soveel tye waar ons onseker voel, desperaat en met 'n behoefte aan krag en versekering, en dit is in daardie oomblikke dat God na ons uitreik en sy hand in ons s'n plaas.

Die reis van 'n pelgrim is 'n 52-week-dagstukkieboek wat die gelowige soeker van rigtingwysers op hul pad voorsien. Die oordenkings sal jou in staat stel om jou weg na God te vind, sy hand te neem en die dag met moed aan te pak. Soek na die Lig wat jou lewe sal verryk en jou sal verseker van God se standvastigheid. Verdiep jouself in God se liefde, gee alles dag na dag oor in sy hand, en bewaar alles wat Hy jou wil leer diep in jou hart.

Elke gelowige moet daarna streef om die karaktereienskappe van God aan te neem. Wanneer ons Jesus Christus se karaktertrekke bestudeer, kom ons agter dat ons daardie karaktertrekke in ons verhouding met Hom kan aanneem en elke dag meer soos Hy kan word. Die reis van 'n pelgrim sal jou in staat stel om jou Verlosser te ontmoet, maak nie saak voor watter uitdagings jy te staan kom nie. Deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring, sal jy nuwe waarhede en openbarings ontdek namate jy saam met Christus deur die lewe reis.
Publikasiedatum: 2019-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781643520292

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
Our earth, the animals and plants, the sun and night sky--all tell of God if we'll listen.

That's the idea of Everyday Inspiration from God's Creation. This 365-day devotional--of special interest to active readers--draws parallels between the Christian faith and many popular outside activities, such as camping, hiking, fishing, biking, stargazing, bird watching, and more. Each concise reading is accompanied by a relevant scripture and prayer to focus your thoughts on the God who created the great outdoors and all the wonderful things in it.
Publikasiedatum: 2019-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617494

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Leef elke dag in God se teenwoordigheid en ontvang die seën wat God in oorvloedige genade vir jou gegee het.
So sê die evangelis Angus Buchan in die 366 dagstukke in Genade in oorvloed . Elkeen van die kragtige oordenkings, geneem uit Die Bybel met Grassroots-oordenkings, bied ʼn teksvers, oordenking en kort gebed, en gee riglyne oor hoe om in ʼn hegter verhouding met God te leef. Dit sal jou deur die hele jaar verryk en bemoedig.
Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy onder alle omstandighede op Hom kan vertrou.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781455537495

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 360
With Joseph Prince as a guide, the faithful can delve even further into the radical, inside-out transformation that comes from a personal acceptance of grace. This devotional will revolutionize how the reader sees God, leading him or her to a victorious life with lasting breakthroughs. Each daily experience includes Today's Scripture: A Scripture to meditate on to recalibrate the mind and receive the fullness of God's grace; Today's Excerpt: A key truth about grace that ministers and delivers God's liberating love; Today's Thought: An uplifting, liberating, and powerful thought for the day; Today's Reflection: A place to journal; Today's Prayer: A simple but powerful prayer to help anyone express his or her heart to the heavenly Father.
Publikasiedatum: 2016-04-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618811

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 140
31 studies om te ontdek hoe om nou al te weet wat God se wil is.

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert 'n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

· Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.

· Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk waaronder: Verander God se wil my in 'n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

OOR DIE OUTEUR

Stephan Joubert is 'n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus - 'n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, 'n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van 'n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.
Publikasiedatum: 2018-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781400218929

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 300
God's Message for Each Day is a year-long devotional that gathers Eugene Peterson's best-loved, most powerful writing into a daily invitation to grow closer to God.

As the creator of The Message Bible translation, which has sold more than 20 million copies, Eugene Peterson has helped us find surprising newness in confusing or overly familiar Bible passages. God's Message for Each Day is a dated 365-day devotional that brings together Scripture with brief excerpts from Peterson's most compelling writing from classic books, including Run with the Horses, Leap Over a Wall, A Long Obedience, and more.

With its attractive two-color interior, God's Message for Each Day is a great gift for men and women alike, recent high school and college graduates, those starting a new job, or anyone eager to grow in their faith. Eugene Peterson's writing in God's Message for Each Day is for all of us looking for a way to understand the complexities of the Bible in clear language and apply those truths to our lives.
Publikasiedatum: 2020-11-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619009

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.
Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?
Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op 'n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy óp en áf inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in 'n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om dáárdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.
Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir 'n jaar dieper in 'n verhouding met God in - dag vir dag!
Publikasiedatum: 2018-08-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321916

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 270
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van 'n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.
Publikasiedatum: 2019-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340752

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede - goed en sleg - stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na 'n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind.
Elke oordenking word afgesluit met 'n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621262

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 200
366 oordenkings wat jou lei om 'n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.
Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, beïnvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wêreld ervaar 'n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

In Maak 'n kopskuif - elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met 'n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag 'n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategieë om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van 'n gedagtewêreld wat 'n detoks deurgegaan het.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain - Every Day.
Publikasiedatum: 2018-12-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618767

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
“Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Almal ken hierdie bekende teks-vers uit 1 Korintiërs 13, maar wat ís geloof, waarop kan Christene régtig hoop en hoe kan ons ander oprég lief-hê?
Meer as oorwinnaars , deur Solly Ozrovech, is 366 oordenkings saamgestel rondom hierdie drie geloofspilare. Omdat die hele dagboek rondom slegs drie temas sentreer, is soveel moontlik teksverse hieroor uit die Bybel ontgin.
As ervare en deurwinterde gelowige was Solly Ozrovech toegerus om gelowiges dieper te lei in die grondwaarhede van die Christelike geloof en hulle die werklike betekenis van geloof in die Vader, die lewende Christus en die Heilige Gees te laat begryp. Aan die einde van Meer as oorwinnaars sal die leser 'n beter begrip hê van die vervlegtheid van die temas geloof, hoop en liefde, begryp hoe lief God ons het deur Christus en hoe om God en ander onbevrees en met oorgawe lief te hê.
Publikasiedatum: 2017-08-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.