Afslag slegs op aanlynbestellings

Christelik / Christian
Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Results 1 to 15 of 24
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321336

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 230
R 184Jy spaar R 46
“Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry ... en ook om vir die Here te leef.” 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit dagstukkies wat oorspronklik in Uit die Beek verskyn het, help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Publikasiedatum: 2018-09-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619009

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
R 225Jy spaar R 25
Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.
Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?
Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op 'n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy óp en áf inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in 'n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om dáárdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.
Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir 'n jaar dieper in 'n verhouding met God in - dag vir dag!
Publikasiedatum: 2018-08-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320933

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 185
R 167Jy spaar R 18
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe.  Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Publikasiedatum: 2018-08-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208271

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 119
R 107Jy spaar R 12
Jy het die mooi huis, die blink motor, die suksesvolle man... tog voel dit vir jou asof iets kort.
In die Johannes-evangelie het jesus iets hieroor te sê: ''n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê,en dit in oorvloed' (johannes 10:10). Die duiwel kom steel,vernietig en doodmaak, maar Jesus het gekom sodat ons 'n lewe van oorvloed kan hê. Andries Enslin wys jou oor 40 dae wat dit beteken. Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir hom te doen, het Hy 40 dae gebruik.
Publikasiedatum: 2018-03-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339787

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 60
R 48Jy spaar R 12
10-minuut-oordenkings: Spreuke sal jou herinner aan God se wysheid met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy leiding nodig het, is 10-minuut-oordenkings: Spreuke die ideale manier om met God in aanraking te kom.
Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Spreuke, die boek van wysheid. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Spreuke sal jou van die nodige wysheid verskaf om weer die dag in die oë te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.
Publikasiedatum: 2017-11-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339794

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 60
R 48Jy spaar R 12
10-minuut-oordenkings: Psalms bied bemoedigende insig met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy God se teenwoordigheid die nodigste het, is 10-minuut-oordenkings: Psalms die ideale manier om geestelik te groei op 'n manier wat jou besige skedule pas.
Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Psalms, die boek van lofprysing en nadenke. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Psalms sal jou van die nodige vrede verskaf om weer die dag in die oë te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.
Publikasiedatum: 2017-11-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616923

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 300
R 270Jy spaar R 30
Versterk jou huwelik en verhouding met God met die kosbare Mnr. & Mev. - 366 oordenkings vir egpare.
In vandag se gejaagde lewe is dit belangrik dat paartjies gereeld saam met mekaar en saam met God stil word. Hierdie pragtige dagboek sal paartjies help om 'n dieper intimiteit met mekaar en met God te ontwikkel wat hulle huwelik en geloof na 'n nuwe vlak van liefde, vertroue en hoop sal neem.
Beweeg elke dag nader aan jou huweliksmaat en aan God deur 'n paar minute saam stil te word, te lees en na te dink oor die inspirerende oordenkings en bemoedigende teksverse in hierdie dagboek vir paartjies.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796318176

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
R 225Jy spaar R 25
"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien."   Duet is 'n dagstukkieboek vir egpare om saam in hulle stiltetyd te lees. Johan en Christine Ferreira neem die leser op 'n reis reg deur die jaar, 'n reis nader aan God, maar ook nader aan mekaar.  Hulle help om lewensmaats ook geloofmaats te maak.  Johan is 'n voorligtingsielkundige in privaatpraktyk en Christine is die redakteur van Leef.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336632

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 150
R 135Jy spaar R 15
Met God se krag wat deur sy kinders werk, is elkeen van ons tot oneindig meer in staat as wat ons kan bid of dink,' skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 3:20) 'Tog weerhou dit jou nie daarvan om by tye steeds moedeloos en kragteloos, selfs depressief te voel nie. Dit is menslik onmoontlik om altyd, onder alle omstandighede sterk te bly,' skryf Nina Smit in haar splinternuwe boek, Wanneer vreugde my ontwyk. Maar daar is hoop, sê sy. Dit is wonderlik om te weet dat in swaarkrytye wanneer jy wel moed verloor of depressief voel, God jou omstandighede ken en gereedstaan om jou te help.
In Wanneer vreugde my ontwyk bied Nina 52 oordenkings wat die leser daaraan sal herinner dat die beste medisyne vir negatiewe emosies soos moedeloosheid en magteloosheid die wete is dat God juis dán 'n pad met jou wil stap; dat Hy reeds alles van jou omstandighede weet. Boonop mag jy daarvan seker wees dat Hy elke oomblik van hierdie krisistyd by jou sal wees om jou met sy wonderwerkende krag te ondersteun.
Gebruik hierdie dagstukkies as inspirasie op jou af-dae!
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336052

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 200
R 180Jy spaar R 20
Joyce Meyer bied kragtige woorde vir elke dag as katalisator vir 'n dieper verhouding met God.
Ontwaak Met Die Woord bevat kragtige woorde - een vir elke dag van die jaar - wat jou sal help om nader aan God te leef.

Joyce Meyer begin elke dagstukkie met 'n sleutelwoord om oor na te dink. Hierdie woorde, saam met gepaste Skrifgedeeltes en praktiese raad, sal jou lewe positief verander. Dit sal jou help om 'n inniger verhouding met God te ervaar en die wonderlike dinge wat Hy vir jou beplan jou eie te maak.

Deur daaglikse bemoediging en gebede, en Joyce se gestruktureerde plan om jou geloof te laat groei, kan jy leer om God se krag in jou lewe te laat werk, so die struikelblokke in jou lewe oorkom en jou potensiaal bereik.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205676

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 100
R 90Jy spaar R 10
Hierdie boekie is geskryf deur vroue net soos jy. Vroue wat hulle harte vreesloos oopgemaak het om vir jou te vertel hoe hulle as oorwinnaars aan die ander kant uitgestap het. Die boekie sal jou hoop gee en jou bemagtig om 'n lewe van oorgawe en oorwinning te leef.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206161

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 140
R 126Jy spaar R 14
Begeer jy groter geloof en 'n beter verhouding met God?
Dan is hierdie Bybeldagboek, gemik op dieper geestelike groei, vir jou!
In slegs 52 weke, een dag op 'n slag, sal jy jou Vader beter leer ken.
Jy sal leer hoe om eerlike gesprekke met Hom te hê.
En jy sal leer hoe om te luister sodat jy die regte Stem kan hoor.
Gee God 52 weke is 'n praktiese Bybeldagboek wat beloof om jou te help om alles in jou lewe - huwelik, kinders, finansies, vrese, drome - elke dag met meer krag, moed en geloof aan te pak.
Elke week begin met 'n temabladsy wat die week inlei. Hier kan jy jou gedagtes en gevoelens oor die betrokke tema neerskryf en dit prakties toepas op jou lewe.
Daarna volg 'n inspirerende dagstukkie, met 'n teksvers en gebed, vir elke dag van die week.
Wat hierdie dagboek uniek maak, is dat jy die geleentheid het om jou eie idees en insigte neer te pen. Jy kan dus gereeld deur die dagboek blaai om te sien hoe jy geestelik gegroei het. Dit sal jou inspireer en motiveer om aan te hou delf in die Woord.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206215

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
R 162Jy spaar R 18
Elke oggend met dagbreek word luisteraars gegroet met Johann Els se ikoniese stem op Radiokansel. Nou is al sy oordenkings saamgevat in een boek. Jy kan elke oggend jou dag begin met 'n oordenking oor aktuele sake en dinge waarmee ons elke gekonfronteer word, soos om dankbaar te wees, vrede, liefde, vertroue, bekommernis en blydskap.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614325

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
R 162Jy spaar R 18
Kom tuis by God - skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.

Soms druk die lewe ... soos 'n paar ongemaklike skoeÂ-ne aan die einde van 'n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.

Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het 'n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy - ten spyte van baie dinge - kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy - ondanks alles - kan blý vertrou omdat jy 'n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genadeÂ-seën wil toevou.

Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614349

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
R 153Jy spaar R 17
Glo beteken om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie.

Hoe lyk ons geloof te midde van pyn? Hoe bly ons blyÂ-moeÂ-dig in 'n samelewing wat lyk of dit besig is om uitÂ-meÂ-kaar te val?

Dit is die vrae wat dikwels deur ons kop maal, sê Johann Voges. In Dáárom kan ek sing bemoedig hy jou deur 'n nuwe perspektief: Ons oorwinning en troos lê daarin dat ons kan weet God is by ons en dra ons in ons seerkry.

In dié verrykende boek kyk Johann na wat groot GodsÂ-manne soos Jesaja, Job en Esegiël oor lyding gesê het. Hulle het ook lyding, vervolging, hartseer, verlies en swaarkry geken. Hulle verhale wys ons baie duidelik - niemand word lyding gespaar nie.

Ontdek saam met Johann dat ons inderdaad saam met Habakuk kan jubel, want die Here ons God gee vir ons krag. Dít is wat glo werklik beteken - om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie die doel van ons lyding nie.
Publikasiedatum: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.