Christelik / Christian
Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321152

Christelik / Christian: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Christelik / Christian  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 220
R 176Jy spaar R 44
In hierdie boek vertel ek die verhaal van hoe dit genadiglik aan my en my vrou gegun is om as twee wit Afrikaners tot die ontvangkant van apartheid toe te tree. Hoe weinig het ons van dié ontvangkant geweet! Vir ons was die wêreld agter die apartheidsmuur, soos vir bykans alle Afrikaners, ʼn ander wêreld waar vreemde volke met wie ons geen bande gehad het nie, geleef het. Dit was ʼn wêreld wat vir hulle geskep is deur ʼn “Christelike” regering, en daarom sou dit uit die aard van die saak die “beste wêreld” wees wat deur die wit Christelike regering aan hulle toegewys is. Ons as wit Suid-Afrikaners het nie nodig gehad om ons enigsins oor die lot van ons gekleurde landgenote te bekommer nie. Ons het geglo ons wit regering weet wat die beste is vir hulle, en uiteindelik sou hulle ook die vrugte pluk van ʼn beleid wat vir hulle miskien eers tydelike ongerief veroorsaak het.

Vir die geleentheid wat my gegun is om diep betrokke te raak by die lotgevalle van swartes gedurende die laaste fase van die “onmenslike beleid”, soos oudpres. FW de Klerk dit later self voor ʼn uitgelese universiteitsgehoor in Brittanje genoem het, is ek diep dankbaar. Weinig van my wit landgenote het dié voorreg gehad. Dié pad was nie met rose besaai nie. Dit was ʼn eensame pad in die sin dat daar nie ander wit Suid-Afrikaners was wat dit saam met my geloop het nie. Ek moes maar so voel-voel my weg vind op die vir my totaal onbekende weë in die swart township.

Terugskouend het die lewe agter die apartheidsmuur van Suid-Afrika my lewe oneindig verryk en my naby aan die hartklop van Afrika gebring. Niks kan meer verrykend vir enige mens se lewe wees as om toe te tree tot die denke en lewenswyse van mense wat so anders is as jou eie nie. Dat die mense van Afrika my toegelaat het in hulle wêreld, sal my altyd met dankbaarheid teenoor hulle vervul.
Publikasiedatum: 2018-07-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320773

Christelik / Christian: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Christelik / Christian  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 150
R 120Jy spaar R 30
Elke Christen het ankers nodig, dit wat ons vashou aan God en wat keer dat ons lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom ken die donker kant van die lewe. Sy moes self leer dat as dit voel of alles uitmekaarval, slegs jou geloof jou kan deurdra. In hierdie openhartige boek vertel Nadine van valse ankers wat ons in die steek laat, maar sy wys ook op dié ankers waaraan elkeen van ons met vertroue kan vashou.
Publikasiedatum: 2018-05-31

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development