●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Christelik / Christian
Algemeen / General

Results 1 to 15 of 26
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205423

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 99
R 89Jy spaar R 10
HOU OP DROOM ... KRY DIE LEWE WAT JY WIL HÊ!
Hoeveel beplanning doen jy om gelukkig te wees?

Die daaglikse 'doen-my-nou, doen-my-gou' dinge hou jou so besig, dat die res van jou lewe aan die kortste end trek. Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie ...

'N LEWE WAAROOR JY MAL IS sal jou begelei om antwoorde te vind op die regte vrae soos ...

• Is ek met elke aspek van my lewe in 'n goeie rigting op koers?

• Hoe kan ek my tyd beter bestuur en meer produktief wees?

• Hoe oorleef ek die krisisse wat oor my pad kom?

• Wat gaan mense van my sê op my begrafnis?

Kry jouself in rat vandag nog!
Publikasiedatum: 2016-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780785234791

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 330
R 264Jy spaar R 66
From international bestseller Mario Escobar comes a story of escape, sacrifice, and hope amid the perils of the second World War.

Jacob and Moses Stein live with their aunt in Paris until the great raid against foreign Jews is unleashed in August 1942. Their parents, well-known German playwrights, have been hiding in France, but before their aunt manages to send them south, the gendarmes stop the boys and take them to the Velodromo de Invierno, where more than 4,000 children, 5,000 women, and 3,000 men had to subsist without food or water. Jacob and Moses manage to flee, but the road will not be safe or easy. This novel by internationally bestselling author Mario Escobar follows two brave young Jewish boys as they seek refuge in the French town of Le-Chambon-sur-Lignon and eventually Argentina.
Publikasiedatum: 2020-06-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321626

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 195
R 176Jy spaar R 19
God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak.
Publikasiedatum: 2020-01-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617975

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 230
R 207Jy spaar R 23
Ontdek die ware jy sodat jy bemagtig kan word om die regte keuses in die lewe te maak.

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in 'n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei
Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en 'n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

Oor die outeur

Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommuni­kasie­patologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.
Publikasiedatum: 2017-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616763

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 20
R 18Jy spaar R 2
Die Storie wat jou lewe kan verander is 'n uitstekende hulpbron vir kerklike bediening, asook sendingwerk. Die treffende kunswerke en kleurvolle detail vertel die storie van Jesus op 'n vars en Bybelse manier - van die verskyning van engele tot by Saggaria, Jesus se geboorte, Josef en Maria se vlug na Egipte, Jesus se wonderwerke, sy kruisiging, opstanding en hemelvaart.
Hierdie boek bevat:
• 14 volkleurbladsye geneem uit Die Aksie-Bybel geïllustreer deur Sergio Cariello.
• Geloofstellings
• 6 stappe om ʼn volgeling van Jesus te word
• Plek om ʼn naam en persoonlike verlossingsdatum neer te skryf
Die Storie wat jou lewe kan verander is die ideale vertrekpunt om 'n gesprek oor geloof te inisieer. Dit kan gebruik word in kerklike programme, huisgodsdiens, asook uitreikprogramme na oud en jonk.
Publikasiedatum: 2017-03-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617241

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 190
R 171Jy spaar R 19
Die Bybel se diepste waarhede visueel verduidelik vir 'n nuwe generasie.

Ons leef in 'n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan.

Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was 'n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieël. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voorstellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en 'n visuele demonstrasie.

Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op 'n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van:

Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte
Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe
Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk
Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so 'n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur 'n generasie wat ingestel is op die visuele.

Oor die outeurs

Tim Challies is 'n leraar, bekende spreker, skrywer van verskeie artikels en 'n pionier in die Christelike blogwêreld. Meer as 20 000 mense besoek Challies.com daagliks, wat dit een van die mees geleesde en erkende Christelike blogs in die wêreld maak. Tim is ook die redakteur van DiscerningReader.com, 'n webtuiste wat daaraan toegewy is om weldeurdagte resensies te plaas oor boeke wat vir Christene van belang is. Tim en sy gesin bly naby Toronto, Ontario.

Josh Byers is 'n leraar, kunstenaar, spreker, eggenoot en pa van Iowa. Sy werk is al op verskeie plekke gesien, van die Gospel Coalition tot die Tonight Show. Hy skryf en publiseer gereeld grafika by joshbyers.com
160 Bladsye , 181 x 231 mm
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322272

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 190
R 152Jy spaar R 38
Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Dit is dan eenvoudiger omdat ons al die selfsugtige keuses uitskakel. Morele keuses organiseer ons opsies beter. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons verblyfkeuses maak.
Publikasiedatum: 2020-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336724

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 230
R 207Jy spaar R 23
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191702

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 190
R 171Jy spaar R 19
Geskiedenis en geskrifte. Die literatuur van Ou Israel is die langverwagte Afrikaanse vertaling van Ancient Israelite literature in context. Dié boek, wat in 2000 by Protea Boekhuis verskyn het en waarvan 'n tweede uitgawe in 2006 die lig gesien het, handel oor die oorsprong van die versameling geskrifte wat as die Hebreeuse Bybel (ook algemeen bekend as die Ou Testament of Eerste Testament) bekendstaan.
Publikasiedatum: 2007-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192952

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 265
R 239Jy spaar R 26
Die bundel bevat artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste. Bydraes is deur teoloë van die Universiteit van Suid-Afrika en die Protestantse Teologiese Universiteit in Nederland gelewer en is die resultaat van samewerking tussen die twee universiteite op die gebied van praktiese en sistematiese teologie.
Publikasiedatum: 2009-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775620419

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 250
R 225Jy spaar R 25
God se raadsplan vir sy skepping strek van voor die grondlegging van die wêreld af tot in die nuwe hemel en die nuwe aarde. God laat alles volgens sy raadsbesluit gebeur, ooreenkomstig sy ewige voorneme wat Hy in Christus Jesus uitvoer. Die plan van God het talle fasette, waaronder die verlossing van mense in Christus, die kerk se rol en plek, Israel en die nasie asook baie profetiese aspekte wat in die eindtyd in vervulling sal gaan.
God se raadsplan bereik sy hoogtepunt in die koninkryk van God wat op aarde opgerig sal word, met Christus as koning. Die manier waarop God sy raadsplan tot verwesenliking gaan bring, word in die onvoorwaardelike Bybelse verbonde en profesieë uitgespel.
Publikasiedatum: 2019-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615223

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 180
R 162Jy spaar R 18
Besef dat God jou nooit verlaat nie en saam met jou in jou hartseer is.

6 miljoen Jode sterf tydens die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe. Dekades later sterf 230 000 mense ná 'n tsunami. Waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat?

Oor die eeue wonder mense oor swaarkry en hoe ons moet dink oor God se betrokkenheid daarby. Adrio König kyk in God, waarom lyk die wêreld so? na teorieë van teoloë soos Calvyn en Arminius, wat geredeneer het oor of God die kwaad net toelaat, of beskik.

Die eerste hoofstuk van God, waarom lyk die wêreld so? vertel ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het, byvoorbeeld die groot Jodeslagting (Holocaust) van die Tweede Wêreldoorlog wat 'n agtergrond bied waarteen die boek gelees kan word. Die boek sluit ook af met 'n bylaag swart-en-wit foto's.

Op die ou end kan ons net weet: Ons verstaan dikwels nie hoekom slegte dinge in die wêreld gebeur nie. In plaas daarvan om met leë woorde te probeer troos, moet ons besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is.

Oor die Outeur

Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom 'n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vyf klein-kinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781546035503

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 245
R 221Jy spaar R 24
Internationally renowned Bible teacher Joyce Meyer draws on her own history of abuse to show women how Christ's redeeming love heals emotional wounds and brings joy to life.
Can a woman who has been deeply hurt by life's circumstances be healed, heart and soul? If she has been wounded by a man she loved and trusted, can she love and trust again? As a woman who endured years of abuse, abandonment, and betrayal by those closest to her, Joyce Meyer can answer with a resounding 'yes!'

Meyer's positivity comes from living her own journey, and from seeing so many women who don't believe they can fully overcome their pain--or even know where to begin--find the guidance they need in the life-changing wisdom of the Bible.

Meyer's bestseller Beauty for Ashes told of her personal story of healing. Now, with the passage of more time, HEALING THE SOUL OF A WOMAN delves deeper into Joyce's story and the journey of healing for all women. Each chapter guides you through whatever obstacles may be holding you back to find your true destiny as God's beloved. God can heal all pain, and He wants to do this in you. Let HEALING THE SOUL OF A WOMAN be the first step toward the wonderful, joyful future God intends for you.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617616

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 200
R 180Jy spaar R 20
Maklik verstaanbare antwoorde op gewilde vrae oor die Bybel se betroubaarheid en akkuraatheid.
Het jy al ooit gewonder wie die boeke in die Bybel geskryf het en hoe hulle saamgestel is? Het iemand al ooit vir jou gesê dat sommige boeke uit die Bybel gelaat is of dat jy nie die stories van Jesus in die Evangelies kan vertrou nie? Hoe het die Bybel ontstaan? vertel op fassinerende wyse meer van die bes bewaarde Boek wat die wêreld nog ooit gesien het. Dr. Timothy Paul Jones gee maklik verstaanbare antwoorde op gewilde vrae oor die Bybel se betroubaarheid en akkuraatheid.
Hoe het die Bybel ontstaan? bevat die volgende:
· Hoe die Ou Testament en Nuwe Testament ontstaan het.
· Definisies oor populêre terme soos “geïnspireer” en “onfeilbaar”.
· Redes hoekom die Nuwe Testamentiese-boeke gekies is.
· Boeiende verhale oor Polycarpus, Serapion, John Wycliffe, William Tyndale, die King James-weergawe van die Bybel en vele meer!
· Fassinerende feite oor die Bybel, soos dat daar meer as 5 700 manuskripte oorleef het van die Nuwe Testament teenoor die 210 eksemplare van Plato.
Publikasiedatum: 2018-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616640

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 200
R 180Jy spaar R 20
40 gesprekke wat ouers sal help om hulle kinders te bemagtig om te verstaan wat hulle glo en dit te verdedig.

Dit is geen geheim nie dat kinders van alle ouderdomme by die skool, saam met vriende en aanlyn blootgestel word aan negatiewe kritiek oor Christenskap. Is jy bereid om met jou kinders te praat oor hoe hulle effektief die moeilike vrae kan antwoord wat mense hulle gaan vra oor hulle geloof?

In Kan ons regtig die Bybel glo? sal jy 40 van die algemeenste uitdagings vind wat kinders teëkom, asook duidelike, maklik om te verstaan reaksies wat julle saam kan bespreek. Hierdie boek sal jou help om:

'n oop gesprek met jou kind aan te moedig oor kwessies waaroor hy dalk nie wil praat nie
jou kind se onsekerhede te vervang met vertroue wat slegs God se waarheid kan gee
jou kind goeie vaardighede te leer om op hulle voete te dink
Kan ons regtig die Bybel glo? is 'n gids wat ouers toerus om kritieke (en moeilike) geloofsgesprekke met hulle kinders te hê. As jy wil hê jou kinders moet 'n dinamiese geloofslewe hê, moet jy hierdie boek lees en vandag nog hierdie gesprekke met hulle begin hê.

Oor die outeur

Natasha Crain skryf 'n gewilde blog op ChristianMomThoughts.com. Sy het 'n MBA van UCLA en het die Certificate Program in Christian Apologetics aan Biola University voltooi. Sy en haar man, Bryan, het drie kinders.
356 Bladsye, 140 x 216 mm
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.