AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Nie-fiksie / Non-fiction
Aktuele Sake / Current Affairs

Results 1 to 15 of 127
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396157

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 260
R 208Jy spaar R 52
Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor
Hy noem Julius Malema 'n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ 'n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma 'n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.
Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop - ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.
In Gesprek met Waldimar is 'n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met 'n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van 'n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426561

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 240
R 216Jy spaar R 24
Hierdie boek behandel vier hooftemas:
Die toekoms van Afrikaners in `n uiters onseker land;
Die aard van Afrikaans-wees en Afrikaner-wees - verlede, hede en toekoms;
Sleutelvoorwaardes vir `n vooruitstrewende Suid-Afrika;
Wat staan ons as Afrikaners te doen om `n goeie toekoms te help skep?
Publikasiedatum: 2019-02-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081586

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 285
R 257Jy spaar R 28
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners.
Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer.
Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die
1940's naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag
grootliks vergete.
In Wit terroriste vlek Albert Blake dit oop. 
Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle
verraaiers of was hulle ware patriotte?
'n Fassinerende blik op 'n versweë, hoogs
aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.
Publikasiedatum: 2018-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776091843

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 250
R 225Jy spaar R 25
In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.
Publikasiedatum: 2018-07-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799371635

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 295
R 266Jy spaar R 29
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot 'n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir 'n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en 'n blinkswart Jaguar vir 'n ou universiteitskoshuis.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 'n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
Publikasiedatum: 2018-06-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776092314

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 240
R 216Jy spaar R 24
Plofbare opinies was nog altyd 'n onderskeidende kenmerk van Afrikaners. Politici, skrywers, joernaliste en die man op straat was nog nooit skaam om by bekgevegte betrokke te raak nie. Tradisioneel was die gedrukte media die forum waar polemieke uitgewoed het. In die vroegste dae aan die Kaap is die slawekwessie driftig gedebatteer, en toe die Voortrekkers hulle skrede noordwaarts gerig het, het teenstrydige argumente uitgespeel in een van die vroeë Suid-Afrikaanse koerante, Grocott's Mail.
Die waarde van gesprekke in die aanloop en nadraai van geskiedkundige gebeure soos rebellies, opstande en oorloë kan nie onderskat word nie. Politieke verwikkelinge soos Suid- Afrikaners se gesprekke met die ANC toe dié organisasie nog verban was, het die hele land aan die stry gehad. Om nie te praat van Afrikaans en sy rasse-bagasie of kerksake soos die Belharbelydenis en die hantering van gay lidmate nie. En wie sal die spanning wat tussen H.F. Verwoerd en N.P. van Wyk Louw ontstaan het met die pluimsaad-polemiek, vergeet? Piekniek by Dingaan en die Voëlvry-beweging het nie net opskuddings op kultuurgebied veroorsaak nie. Ook het die eggo's van kwessies soos “gemengde” sport en boikotte, en die skandes wat sportsterre soos Hansie Cronjé, Joost van der Westhuizen en Oscar Pistorius veroorsaak het, in alle sfere van die samelewing weerklink.

Misdaad soos plaasaanvalle en -moorde is daagliks op Suid-Afrikaners se lippe, net soos wat daar steeds oor figure soos Daisy de Melker, Gert van Rooyen en Joey Haarhoff gegons word. In Polemieke bied Gabriël Botma lesers 'n blik op bekende én byna vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het. Karakters wat 'n sentrale rol in Afrikanerpolemieke gespeel het, word aan die vergetelheid ontruk, en hedendaagse polemici kom onder die loep. Binne die konteks van Afrikaner-nasionalisme het dié strydpunte deurgaans gelei tot groter insig onder betrokkenes en lesers, maar terselfdertyd is die verdelingslyne wat van ver af kom, dieper afgeëts.
Publikasiedatum: 2018-03-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081166

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 255
R 230Jy spaar R 25
Skreeusnaaks en uittartend soos nét Deon Maas kan. In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder dié uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se 'menere' tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend. Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192563

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 190
R 171Jy spaar R 19
Die bekende dr. Pieter Mulder is aan die woord oor sy wedervaringe in die politiek. Dit handel hoofsaaklik oor sy meer onlangse ervarings (ná 1994) as parlementslid, maar ook oor sy ervarings voor die eerste demokratiese verkiesing. Oor byna elke land kan hy 'n storie vertel, o.a. oor die keer toe 'n Duitse regeringsamptenaar nie rekening gehou het met Afrikatyd nie.
Publikasiedatum: 2009-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191429

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 50
R 45Jy spaar R 5
Die keiser loop in sy pragkleed deur die skare. Net slim mense kan dié kleed sien. 'Hoera vir die keiser se nuwe kleed!' juig die mense. Tot 'n seuntjie verbaas uitroep: 'Maar die keiser is dan kaal!'
Publikasiedatum: 2007-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780241405956

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 320
R 256Jy spaar R 64
Most books about the environmental crisis are densely academic, depressingly doom-laden and crammed with impersonal statistics.
We are the Weather is different - accessible, immediate and with a single clear solution that individual readers can put into practice
straight away.
A significant proportion of global carbon emissions come from farming meat. Just changing our dinners - cutting out meat for one meal per day - is enough to change the world.
With his distinctive wit, insight and humanity, Foer frames this essential debate as no one else could, bringing it to vivid and urgent life.
Publikasiedatum: 2019-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624088998

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 280
R 224Jy spaar R 56
Set against the raging land debate, For the Love of the Land introduces South Africans to the unsung heroes of the agricultural industry. A diverse crop of farmers from across the country share heartwarming stories, at times surviving generational tragedies that plague our past. From the farms and agri-businesses who feed South Africa, the book focuses on the power of land to promote nation building and social cohesion by telling stories that are often overlooked by broader society.

A much-needed account of our farmers' commitment to the earth and South Africa, truly saluting the unsung heroes of agriculture - Nick Serfontein, Free State Farmer of the Year, wrote an open letter to President Cyril Ramaphosa, asking him to include commercial farmers in plans for effective land reform.

Set against the backdrop of our heated land reform debate, this book proves that farming is often a labour of love - Gloria Serobe, Founding Member and CEO of Women Investment Portfolio Holdings.
Publikasiedatum: 2019-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868429745

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 260
R 208Jy spaar R 52
A secret anguish for some, a proud responsibility for others, black tax draws heated and wide-ranging reactions. While the debate rages, these payments and other forms of support to family members remain a daily reality for many black South Africans. Black tax has its historical roots in the inequalities created by apartheid and the loss of land. Consequently, thousands of black South Africans still live in poverty today. Some believe black tax is an undeniable part of black culture and part of the philosophy of ubuntu. Others feel they should not have to take over what is essentially a government responsibility and should be allowed to focus on building their own wealth.
Publikasiedatum: 2019-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868429943

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 260
R 208Jy spaar R 52
The privately-operated, nightly labour trains running between Booysens and Ressano Garcia left deep scars in the urban and rural cultures of black communities whether in the form of popular songs, such as Stimela and Shosholoza, or in a belief in nocturnal witches' trains that captured and conveyed zombie workers to the region's most unpopular places of employment. By tracing the up- and down- rail journeys undertaken by black migrants over half a century it is possible to reconstruct how racial thinking, expressed logistically, reflected the evolving systems of segregation and apartheid. Mozambican migrant labour formed an integral part of a largely hidden, parallel universe that created the wealth of 20th century South Africa and some of the deepest roots of an on-going tragedy lie, to this very day, besides the rails of the Eastern Main Line
Publikasiedatum: 2019-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781785784903

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 315
R 252Jy spaar R 63
In this unique, illustrated introduction, we'll explore the early history of conscious struggle against sexist oppression, through the modern “waves” of feminism, up to present-day conversations about MeToo, intersectional feminism, and women's rights in the Middle East. We'll look at critical theory, popular action and the social and cultural forces that affect attitudes toward gender, women's lives and the struggle for equality. And we'll hear about the contributions of pioneers like Mary Wollstonecraft, Simone de Beauvoir and Kimberlé Crenshaw. As we'll see, feminism is at once global, local and individual.
Publikasiedatum: 2019-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781789544503

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 340
R 272Jy spaar R 68
We are looking at the first generation in living memory who can expect to be poorer than their parents, even as the economy continues to grow. This is unprecedented. No generation in modern history has been poorer than its parents. And they could be quite a lot poorer. If we continue as we are going, the civilisation we enjoy today will not last until 2050. The early signs are already here. In 2017, we read that the economy was booming and stock markets were at an all-time high, yet at the same time we heard that wages were not keeping pace with inflation and food-banks had more 'customers' than ever before. If the economy is doing so well, how can most people not be doing well?
Publikasiedatum: 2019-09-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.