●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Christelik - Kinders
Dagstukkies

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619979

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 155
60 oordenkings vir kinders tussen 6 en 10 jaar propvol Bybelstories en krabbelpret om hulle te help om God beter te leer ken.
'n Dagboek spesiaal ontwerp vir kinders om in te krabbel.
Met 60 maklik om te lees dagstukke vir kinders tussen 6 en 10 jaar sal 'n Doodle-dagboek vir kinders hulle help om hulle geloof te ontdek en in hulle daaglikse lewe toe te pas. Die oordenkings deur Nancy Taylor is geïnspireer deur bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament. Dit sluit stories in oor die skepping, die groot vloed, die gelykenis van die seun wat weggeloop het en Jesus wat op water geloop het. Elke oordenking gee ook 'n voorstel van iets wat die kind kan teken of neerskryf om hulle te help om hulle geloof op 'n kreatiewe manier uit te druk.
Publikasiedatum: 2019-02-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340882

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 180
Hierdie dagstukkieboek, gemik op meisies tussen agt en twaalf, sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.
Maak die meeste van elke oomblik saam met God met 5-minuut-dagstukkies vir meisies. Hierdie dagstukkieboek - gemik op meisies tussen die ouderdomme van agt en twaalf - sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.

Die 180 kort maar kragtige dagstukkies is ideaal vir elke dag se stiltetyd en word vergesel deur 'n toepaslike Skrifgedeelte wat tot jong meisies sal spreek. Die temas fokus op die hoogtepunte en swaarkry van die moeilike pre-tienerfase: vriendskap, groepsdruk, boelies, kêrels en selfvertroue - terwyl dit hulle leer hoe om hul geloof elke dag uit te leef.

Met sy kleurryke omslag en pragtige binneblaaie is hierdie boek die perfekte geskenk vir verjaardae, Kersfees of enige spesiale geleentheid.
Publikasiedatum: 2019-07-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617388

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 190
Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan 'n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs 'n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind.
Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het - Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied 'n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid.
Help die jongmense van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621705

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 249
'n Kreatiewe en Geesvervulde reis vir meisies met 366 kort oordenkings en Woordkuns om in te kleur.
Geïllustreerde oordenkings vir dogters is propvol pret! Elkeen van die 366 dagstukke bevat 'n kort oordenking, wat afgerond word met 'n gebed, en 'n ontwerpte teksvers wat ingekleur kan word. Die oordenkings is die perfekte gids vir dogters wat met moeilike lewensituasies begin stoei, soos cool-wees, uitgaan, beste vriende en groepsdruk.
Die oordenkings is geneem uit Eenminuut-oordenkings vir dogters, geskryf deur bekende outeur Carolyn Larsen. Die sleutelverse by elke dagstuk is pragtig ontwerp, sodat die waarheid van die Skrif in jong harte vasgelê kan word terwyl hulle die vers inkleur.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614134

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 140
Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.
Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Dié dagstukke kyk na temas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”
Naas 'n gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met 'n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.
Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hule is.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770008014

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 170
365 dagstukke wat laerskoolseuns sal inspireer tot 'n inniger verhouding met die Here.

Carolyn Larsen het 'n hart vir jongmense, en 'n beÂ-sondere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.
Met Om God te ken - 365 oordenkings vir seuns deel sy met laerskoolkinders hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by seuns se belangstellings en ervaringswêreld. Elke dagstukÂ-kie word afgesluit met 'n voorstel aan die kind om sy wandel met die Here op praktiese maÂ-niere te gaan uitleef.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336069

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Illustreerder: Nicola Anderson
Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 250
Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer.
Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto's wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat 'n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook 'n gepaste Bybelvers en gebed.
Publikasiedatum: 2017-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.