●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik - Kinders
Dagstukkies

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622566

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 40
Huiswerk, sport- en kultuuraktiwiteite maak 'n meisie se dag baie gou baie besig. Dit word egter soms so besig dat 'n mens totaal oorweldig voel. Dit is wanneer jy by die Vader moet gaan stilword sodat Hy jou kan vul met sy krag en hoop. Stilwordtye saam met God vir meisies bied 90 kort, inspirerende gedagtes wat meisies sal bemoedig en versterk. Meisies kan enige tyd van die dag nadink oor hierdie inspirerende oordenkings.
Publikasiedatum: 2020-12-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625901

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 79
Om wyse besluite te neem en te weet wat die beste manier is om uitdagings by die huis, by die skool of op die sportveld aan te pak, kan vir kinders moeilik wees.
Die daaglikse oordenkings in Eenminuut-oordenkings vir kinders sal hulle help om leiding uit God se Woord te kry. Deur net 'n paar minute elke dag saam met God deur te bring, sal kinders inspireer om hul uitdagings op die regte manier te hanteer terwyl hulle God se wil vir hulle begin verstaan. God se Woord gee die beste voorbeelde van wat om te doen of te sê in enige situasie.
Hierdie kort oordenkings sal kinders help om in die voetspore van die beste Rolmodel in die hele wêreld te stap - Jesus Christus!
Publikasiedatum: 2021-12-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624386

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 99
101 oordenkings vir seuns bied kort, inspirerende oordenkings vir laerskool-seuns. Rebecca Davis vertel hulle van die wonderlike dinge wat God deur die lewens van Christene oor die hele wêreld heen gedoen het sodat hulle uit dié werklike verhale kan leer. Elke dagstukkie staan op drie bene: (1) Leer meer oor iets wat regtig gebeur het (oordenking), (2) lees God se Woord (Bybelverse); en (3) gesels met God (gebedsvoorbeeld). Met hierdie drie eenvoudige stappe sal seuns vinnig leer hoe om elke dag hul eie stiltetyd te hou.
Publikasiedatum: 2019-06-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624379

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 99
101 oordenkings vir meisies bied kort, inspirerende oordenkings vir laerskool-meisies. Rebecca Davis vertel hulle van die wonderlike dinge wat God deur die lewens van Christene oor die hele wêreld heen gedoen het sodat hulle uit dié werklike verhale kan leer. Elke dagstukkie staan op drie bene: (1) Leer meer oor iets wat regtig gebeur het (oordenking), (2) lees God se Woord (Bybelvers); en (3) gesels met God (gebedsvoorbeeld). Met hierdie drie eenvoudige stappe sal meisies vinnig leer hoe om elke dag hul eie stiltetyd te hou.
Publikasiedatum: 2015-05-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614134

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 140
Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.
Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Dié dagstukke kyk na temas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”
Naas 'n gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met 'n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.
Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hule is.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619979

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 155
60 oordenkings vir kinders tussen 6 en 10 jaar propvol Bybelstories en krabbelpret om hulle te help om God beter te leer ken.
'n Dagboek spesiaal ontwerp vir kinders om in te krabbel.
Met 60 maklik om te lees dagstukke vir kinders tussen 6 en 10 jaar sal 'n Doodle-dagboek vir kinders hulle help om hulle geloof te ontdek en in hulle daaglikse lewe toe te pas. Die oordenkings deur Nancy Taylor is geïnspireer deur bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament. Dit sluit stories in oor die skepping, die groot vloed, die gelykenis van die seun wat weggeloop het en Jesus wat op water geloop het. Elke oordenking gee ook 'n voorstel van iets wat die kind kan teken of neerskryf om hulle te help om hulle geloof op 'n kreatiewe manier uit te druk.
Publikasiedatum: 2019-02-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340882

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 180
Hierdie dagstukkieboek, gemik op meisies tussen agt en twaalf, sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.
Maak die meeste van elke oomblik saam met God met 5-minuut-dagstukkies vir meisies. Hierdie dagstukkieboek - gemik op meisies tussen die ouderdomme van agt en twaalf - sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.

Die 180 kort maar kragtige dagstukkies is ideaal vir elke dag se stiltetyd en word vergesel deur 'n toepaslike Skrifgedeelte wat tot jong meisies sal spreek. Die temas fokus op die hoogtepunte en swaarkry van die moeilike pre-tienerfase: vriendskap, groepsdruk, boelies, kêrels en selfvertroue - terwyl dit hulle leer hoe om hul geloof elke dag uit te leef.

Met sy kleurryke omslag en pragtige binneblaaie is hierdie boek die perfekte geskenk vir verjaardae, Kersfees of enige spesiale geleentheid.
Publikasiedatum: 2019-07-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623204

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 189
Maak jou kind se eerste ervaring met oordenkings iets onvergeetliks met 365 Oordenkings vir beginners. Hierdie boekie spog met lewendige illustrasies wat kinders van 3-6 jaar sal fassineer. Kinders sal die volkleur-kunswerk uit Bybelstories vir beginners geniet terwyl die eenvoudige oordenkings met Bybelverse en gebede hulle bekendstel aan daaglikse stiltetyd. 365 Oordenkings vir beginners, met sy hope pret en tydlose verhale vir kleuters, is ideale vir ouers en Sondagskoolonderwysers om kinders te help om God en sy Woord elke dag beter te leer ken.
Publikasiedatum: 2018-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617388

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 190
Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan 'n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs 'n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind.
Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het - Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied 'n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid.
Help die jongmense van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337141

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 200
Bedtyd is 'n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring.Raak saam met jou kleinding rustig ná al die dag se bedrywighede en geniet 'n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan herinner hoe lief Hy ons het en dat Hy vir ons sorg. Jesus-stories vir slaaptyd bestaan uit 'n versameling gebede en oordenkings geskryf deur 'n wye verskeidenheid pastors en ander kerkleiers. Die boek bevat lesse oor onderwerpe soos dankbaarheid, gehoorsaamheid, vertroue in God, vriendelikheid, liefde vir jou naaste en talle meer. Die Woord kry lewe deur eenvoudige taal en pragtige illustrasies. Jesus-stories vir slaaptyd sal jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336069

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Illustreerder: Nicola Anderson
Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 250
Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer.
Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto's wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat 'n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook 'n gepaste Bybelvers en gebed.
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623259

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 349
Dit kan 'n uitdaging wees om daaglikse stiltetyd 'n gewoonte te maak vir kinders. Maar om die Bybel te lees, of ons dit saam doen of alleen, en of ons jonk of oud is, help ons om God te leer ken en te weet wat sy wil vir ons is. Familie Storiebybel-oordenkings maak Bybellees 'n fees vir kinders tussen 6 en 10.
Al word die Bybelstories oorvertel vir 'n jonger gehoor, is dit gebaseer op amptelike, vertroude Bybelvertalings, en daar is deurgaans verwysings na waar die storie in die Bybel gekry kan word. Die 365 stories het elkeen 'n prikkelende gedagte of vraag, asook 'n gebed om kinders en volwassenes te help om die boodskap van die Bybel hul eie te maak.
Familie Storiebybel-oordenkings is ideaal vir huisgodsdiens, of kinders kan dit self in hul stiltetyd gebruik. As jy die oordenkings in Bybelvolgorde wil lees, kan die indeks agterin jou help om dit maklik op te spoor.
Publikasiedatum: 2021-04-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.