Christelik - Kinders
Dagstukkies

Results 1 to 13 of 13
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618859

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 150
Wendy Maartens bied vir ouers die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer hulle hul kinders wil leer om stil te word by God.
Die 50 stukkies in Dagstukkies vir klein hartjies begin elk met 'n kort oordenking en 'n Bybelvers om te onthou. Daarna word die kind se geloofsgroei verder gestimuleer deur iets om oor te dink, 'n gebedjie en iets om te gaan doen. So leer hulle sommer vroeg dat jy dit wat jy in die Bybel leer elke dag deel van jou lewe moet maak. Kleingoed sal ook versot wees op die allermooiste illlustrasies by elke stukkie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op 'n pret¬tige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.
Dagstukkies vir klein hartjies sal kleintjies wys dat God om hulle is in die natuur. So sal hulle sy wonder¬like wêreld elke dag ontdek.
Die kleurvolle boek sal kinders leer om elke dag stil te word by God en nader aan hul Skepper te groei.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617388

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 190
Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan 'n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs 'n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind.
Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het - Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied 'n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid.
Help die jongmense van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614134

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 140
Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.
Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Dié dagstukke kyk na temas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”
Naas 'n gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met 'n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.
Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hule is.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431603213

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 180
Jong kinders word elke dag met moeilike besluite en verskillende opinies gekonfronteer en hulle moet leer om na Jesus se woorde te luister om sin te maak van die veranderende wêreld om hulle.
Jesus se woorde vir dogters is dagstukke spesiaal vir dogters van 8-12 jaar. Hierdie funky dagstukkies is vars en nuut geskryf om dogters in 366 dae te lei met Jesus se woorde oor temas soos omgee, deel, vergifnis, getuienis en om tot eer van Hom te leef. Carolyn Larsen het elke dagstukkie geskryf met 'n Bybelteks, boodskap vir die dag en 'n “Gaan leef dit”-afdeling om hul nuwe kennis prakties toe te pas.
Die jong leser sal ook baie hou van die unieke blad-uitleg in kleur.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431603220

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 180
Jong kinders word elke dag met moeilike besluite en verskillende opinies gekonfronteer en hulle moet leer om na Jesus se woorde te luister om sin te maak van die veranderende wêreld om hulle.
Jesus se woorde vir seuns is dagstukke spesiaal vir seuns van 8-12 jaar. Hierdie funky dagstukkies is vars en nuut geskryf om seuns in 366 dae te lei met Jesus se woorde oor temas soos omgee, deel, vergifnis, getuienis en om tot eer van Hom te leef. Carolyn Larsen het elke dagstukkie geskryf met 'n Bybelteks, boodskap vir die dag en 'n “Gaan leef dit”-afdeling om hul nuwe kennis prakties toe te pas.
Die jong leser sal ook baie hou van die unieke blad-uitleg in kleur.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207045

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 100
R 50Jy spaar R 50
Lukas Korff is 'n baie bekende rekordbreker...hy sê nooit nee nie en aanvaar elke uidaging wat iemand vir hom gee. Hierdie boek is 'n geestelike boek van 100 boodskappe wat Lukas geskryf het op sy 3000km reis op 'n saallose tandemfiets. Dit sal jou op 'n reis neem van herontdekking en transformasie
Publikasiedatum: 2017-04-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616411

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 100
Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderwêreld van gebed.
Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers 'n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei.
Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan 'n ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weerÂ-spieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voëlÂ-soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie verÂ-gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreugÂ-des, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.
Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle geÂ-bedsÂ-lewe te gee.
Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613274

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 190
101 lewenslesse om 'n waarlik fantastiese lewe te leef!

Daar is mense wat elke dag opstaan en net bestaan. En dan is daar mense wat opstaan en kies om waarlik te lééf.

In #KiesDieLewe deel Johan Smith 101 lewensÂ-lesse wat jongmense sal help om 'n fantastiese lewe te leef. Die lewenslesse - geneem uit die lewens van Ben Carson, Katie Davis, Christine Caine, Craig Groeschel, Bob Goff, Henry Cloud, Boeta Dippenaar, Natalie du Toit, Penny Heyns, Gary Kirsten, Shaun Pollock, moeder Teresa en Bill Hybels - sal jongmense herinner dat wanneer jy jou hoop in Christus stel, jy oorwinning sál beleef.

Lewenslesse sluit onder andere in:

· Maak die regte keuses

· Gebruik jou tyd wys

· Leef vir die hier en nou

· Kies jou woorde versigtig

#KiesDieLewe sal jongmense die moed en krag gee om God se plan en doel vir hulle lewe uit te leef.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204853

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 120
As jy God liefhet is jy 'n Koningskind en dit maak van jou 'n prinses. Lees elke dag van die jaar hierdie spesiale boodskap uit Jesus se hart vir jou bedoel. Kyk na jouself deur sy oë, weet jy is perfek en dat Hy elke dag daar is om jou te help ... met alles

Lees elke dag Nina Smit, Rodney Seale, Nedine Blom en Jannie le Roux se stukkies en jy sal met sekerheid weet: 'Ek is die Koning se kind. Ek is sy prinses en Hy gee al sy liefde vir my!'

Die skrywers verstaan hoe 'n meisie van 10 tot 13 se kop en hart werk. God se prinses leer jou ...

Al die mooiste beloftes in die Bybel
Hoe om liefde vir ander mense te wys
Wat om te doen as dinge skeefloop by die skool of huis
Om deur die Here se oë na jouself te kyk.
Daar is 'n Bybelvers en boodskap vir elke dag van die week en een vir die naweek. Maak gereed vir jou mooiste jaar van prinses wees!

God is op 'n spesiale manier by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut.
2 Korintiërs 4:16
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770008014

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 170
365 dagstukke wat laerskoolseuns sal inspireer tot 'n inniger verhouding met die Here.

Carolyn Larsen het 'n hart vir jongmense, en 'n beÂ-sondere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.
Met Om God te ken - 365 oordenkings vir seuns deel sy met laerskoolkinders hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by seuns se belangstellings en ervaringswêreld. Elke dagstukÂ-kie word afgesluit met 'n voorstel aan die kind om sy wandel met die Here op praktiese maÂ-niere te gaan uitleef.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770008021

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 170
365 dagstukke wat laerskoolmeisies sal inspireer tot 'n inniger verhouding met die Here.

Carolyn Larsen het 'n hart vir jongmense, en 'n besonÂ-dere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.
Met Om God te ken - 365 oordenkings vir dogters deel sy met laerskooldogters hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by dogters se belangstelÂ-lings en ervaringswêreld. Elke dagstukkie word afgesluit met 'n voorstel aan die kind om haar wandel met die Here op praktiese maniere te gaan uitleef.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431601431

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 200
Dogters tussen 8 en 12 kan ook nou saamlees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. DIE BYBEL IN 366 DAE VIR MEISIES se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwereld en uitdagings van dogters.
DIE BYBEL IN 366 DAE VIR MEISIES sal dogters help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) saam met kort en kragtige oordenkings. Dogters kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groepsdruk, slegte keuses en vertroue op God.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431604654

Christelik - Kinders: Dagstukkies

R 200
Seuns tussen 8 en 12 kan ook nou saamlees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. DIE BYBEL IN 366 DAE VIR SEUNS se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwereld en uitdagings van seuns.

DIE BYBEL IN 366 DAE VIR SEUNS sal seuns help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) saam met kort en kragtige oordenkings. Seuns kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groepsdruk, slegte keuses en vertroue op God.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development