●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618071

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 180
Jou seun is amper 'n tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun? Amper 'n tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei.
Dit sluit onderwerpe in soos:
• Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan
• Hoe om rein te bly in 'n samelewing wat so seksbehep voorkom
• Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik
Amper 'n tiener (vir seuns) is 'n praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.
Publikasiedatum: 2019-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624867

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 149
Wanneer 'n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense 'n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in 'n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur 'n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353958

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 180
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om:
• Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.
• Antwoorde op hul geestelike vrae te vind.
• Beter lewenskeuses te maak.
In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir 'n tiener, sowel as 'n waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en Sondagskool.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770006706

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 150
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan - dikwels op vernietigende wyse - daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree. Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom 'n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie - net 'n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan ver-woes.
Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770009370

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 300
DIE KLASSIEKE KINDERBYBEL-STORIEBOEK is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser - jonk of oud - se verbeelding mekaar ontmoet.
Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in 'n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met 'n insiggewende Bybellees-ervaring.
Publikasiedatum: 2011-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622559

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 40
Dit is so 'n wonderlike voorreg om te bid! Om alles wat in 'n mens se hart is met die Skepper van die heelal te deel. My eie gebedsjoernaal is 'n kreatiewe joernaal wat tienermeisies lei om die vreugde te ervaar van elke dag met Jesus praat. Die handige gebedsidees wat meisies lei om vir God, hulleself en ander te bid, ruimte om daardie gebed neer te skryf en prettige lynsketse wat hulle kan inkleur, sal hulle help om meer gefokus te bid en te groei in hulle daaglikse gebedslewe. Met hierdie gebedsjoernaal sal meisies ervaar hoeveel vreugde en seën daarin opgesluit is om vir ander en vir hulself te bid.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622429

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 89
My Jesus-joernaal is perfek vir tienermeisies. Elke bladsy in hierdie kreatiewe joernaal is ideaal vir krabbel, verf, plak, mooimaak en teken. Die moderne ontwerp en lynsketse sal lei tot ure se pret terwyl die teksverse en geloofsgebaseerde boodskappe meisies sal aanmoedig om in hul geloof te groei terwyl hulle ook meer toegewy leef aan God.
Publikasiedatum: 2020-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.