Christelik - Kinders
Tieners

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431612314

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 150
Op 15 moes Tindell Baldwin 'n keuse maak - bly op die pad wat haar Christelike gesin aangedui het, of klim die sosiale leer wat duidelik vir die gewildste meisie baie pret sou verseker. Sy het haar keuse gemaak en uitgegaan om die lewe te lei wat sy gedink het sy wou hê.
In Populêr deel sy uitdagende, rou insigte oor haar jongmeisie-reis deur hoërskool. Sy vertel van die plekke waarheen sy nooit beplan het om te gaan nie en die seer wat sy nie verwag het om te ervaar nie. Sy skryf helder en eerlik om enigiemand te help wat dit oorweeg om dieselfde pad te volg.
Populêr is verdeel in twee dele - die een wat die skadukant van 'n jong meisie se lewe wys, en dan volg die ligkant waar sy vertel hoe sy teruggestrompel het na God en sy genade ontdek het.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616633

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 90
Jennifer Rothschild weet hoe maklik tienermeisies voel asof hulle nie raakgesien word nie en onsigbaar is. In Uniek & amazing gebruik Jennifer die ongewoonste liefdesverhaal in die Bybel, wat ons in die boek Hosea kry, om jong meisies te laat besef dat God vir hulle lief is en vir hulle omgee, maak nie saak hoe hulle tans oor hulleself voel nie.
Jong meisies sal ontdek:
• As jy wegdwaal, sal Hy jou soek en kry.
• As jy bang is, sal Hy jou rustig maak.
• As jy twyfel in Hom, sal Hy jou geloof versterk.
Uniek & amazing is ideaal vir alle tienermeisies wat graag hulle identiteit in Christus wil vind.
Publikasiedatum: 2017-06-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613014

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 130
Daar is nie standaard-antwoorde op die moeilike vrae van die lewe nie - ook nie wanneer dit kom by wat ons glo, die kerk en God nie.
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op hulle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:
- Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
- Wie is nou reg oor die skepping - die Bybel of die wetenskap?
- Bybellees is vir my baie vervelig - hoe kan ek dit beter doen?
- Hoekom praat ons van God as 'n Drie-eenheid?
- Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
- Wat gebeur met mense na hulle dood?
Kwelvrae wat tieners vra is die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770009974

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 180
Daar is vir dogtertjies min dinge so lekker soos om prinses-prinses te speel! Elke dogtertjie is 'n prinses omdat God die koning is. God maak dogtertjies spesiaal. Hy is die Vader in die hemel en het elke dogtertjie onbeskryflik lief.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770009370

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 300
DIE KLASSIEKE KINDERBYBEL-STORIEBOEK is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser - jonk of oud - se verbeelding mekaar ontmoet.
Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in 'n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met 'n insiggewende Bybellees-ervaring.
Publikasiedatum: 2011-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development