●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik - Kinders
9 tot 12 jaar

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625949

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 79
Deur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag gebedstryders leer hoe om met God te praat. In Die krag van 'n biddende meisie ontdek ampertiener-meisies tussen 8 en 12 méér as net hoe om met God te kommunikeer. Hulle sal ontdek hoe lief God hulle het, wat hulle ware geestelike identiteit is, wie Jesus is en hoe hulle Hom as hulle Verlosser kan aanvaar. Elke hoofstuk het eenvoudige vrae om meisies in hulle geloof te help groei, met plek om hulle antwoorde neer te skryf. Vat hande met Stormie en help ampertiener-meisies om die lewensveranderende krag van gebed te ontsluit.
Publikasiedatum: 2019-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618545

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 70
Ons almal het 'n vriend nodig op wie ons kan vertrou, en Jesus is die beste vriend ooit. Jong seuns het baie rolmodelle waarna hulle opkyk: sportsterre, sangers, akteurs en ander volwassenes. Maar die beste rolmodel wat is Jesus - die held wat ook ons beste Vriend is.
In sy boek Jesus - die beste vriend ooit ondersoek Jim George 10 maniere waarop ampertiener-seuns elke dag soos Jesus kan leef, en leer hulle belangrike karaktereienskappe soos:
• Selfvertroue om te wees wie hulle is
• Moed om die regte keuses te maak
• Dissipline om take te voltooi
• Geloof dat die lewe reg sal verloop
• Fokus om hulle doelwitte te bereik
In Jesus - die beste vriend ooit sal seuns met behulp van eenvoudige selfstudie-vrae ontdek hoe Jesus hierdie karaktertrekke elke dag in sy aardse lewe uitgeleef het en hoe hulle dit ook in hul eie lewe kan doen. Hulle sal leer om seuns te word waarna ander opkyk en seuns wat vir ander die pad na Jesus se liefde en vriendskap wys.
Publikasiedatum: 2018-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351435

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 180
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand 'n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
Publikasiedatum: 2022-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620067

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 80
Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Chris van Wyk bied egter 'n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee. In Wat glo jy? gee Chris antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met 'n eenvoudige antwoord, 'n opsomming van 'n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en 'n teksgedeelte uit die Bybel. Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle 'n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir 'n standvastige geloof te lê.
Publikasiedatum: 2020-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624348

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 139
Vertrek op 'n wonderlike avontuur saam met God! Die 140 kort oordenkings in Wees 'n seun na God se hart sal jong seuns help ontdek dat God hulle liefhet en 'n wonderlike lewe vir hulle beplan. Hulle sal alles leer wat hulle nodig het om die lewe te hanteer, soos die keuse van vriende, besluite, 'n gesonde gebedslewe en geloofsgroei. Jong seuns sal deur hierdie oordenkings ervaar hoe lief God hulle het en meer leer van sy sorg vir hulle. Dit is die ideale bousteen vir 'n lewenslange verhouding met 'n liefdevolle Vader.
Publikasiedatum: 2019-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.