●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik - Kinders
Kleuters

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622580

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Frank Endersby
Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 199
'n Versameling Bybelstories, gebede en beloftes ideaal vir 5- tot 8-jariges om die gewoonte van daaglikse stiltetyd te leer.
365 Stories, beloftes en gebede is 'n versameling Bybelstories, gebede en beloftes uit die Bybel. Die maklik-om-te-verstaan teks en pragtige illustrasies maak dit die ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen 5 en 8 jaar wat die gewoonte van daaglikse stiltetyd moet leer.
Sommige van die bekende Bybelstories wat in die boek voorkom, sluit in die storie oor die skepping, Josef, die uittog uit Egipte, Simson, Dawid en Goliat, Jona, Daniël in die leeuhok, Jesus se geboorte, die barmhartige Samaritaan, die laaste paasmaaltyd, die opstanding en Jesus se hemelvaart.
Publikasiedatum: 2019-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087441

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Tasia Rosser
Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 245
Op die hakke van Liedjies vir Pikkies en Peuters (2017) volg vroeëkindontwikkelingspesialis Gertie Smit se nuwe boek met 40 oorspronklike Afrikaanse Bybelliedjies en -stories: oor karakters soos Jona, Moses en Daniël, liedjies wat goeie waardes aanleer, bv. om nie te jok nie, sowel as gebedjie-liedjies. Daar is ook 6 bekende Bybelverhale verwerk tot musiekstories. Die CD bevat al die liedjies in die boek, pragtig vertolk deur Marlie Katzke en Andre Terblanche. Illustrasies deur Tasia Rosser.
Publikasiedatum: 2019-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616718

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 350
Tydlose Bybelverhale vir kleuters.

Maak jou kind se eerste Bybellees-ervaring iets onÂ-vergeetliks met Bybelstories vir beginners.
Hierdie Kinderbybel spog met lewendige, illustrasies wat kinders van 3-6 jaar sal fassineer. Kinders sal die prentjies geniet van Noag wat die olifant in die ark inhelp, Jona wat binne-in die groot vis bid en vele meer. Die helder illustrasies op elke bladsy, meer as 90 kort stories uit die Ou en Nuwe Testament en 'n woordeÂ-lys agter in die boek maak hierdie Bybelstorieboek die perfekte boek om kinders aan die stories en karakters van die Bybel bekend te stel.
Bybelstories vir beginners, met sy hope pret en tydlose verhale vir kleuters, is die ideale geskenk vir elke jong kind.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621309

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 155
In Bybelstories vir klein hartjies word van die bekendste Bybelstories vir kleuters oorvertel. Elkeen van die 30 Bybelstories word deur 'n klein diertjie vertel wat kleingoed se verbeelding sal aangryp. Die interaktiewe stories met kort sinne, maklike woorde en vrae en opdragte is ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar. Terwyl die kleurvolle en prettige illustrasies nie net pragtig en Bybelsakkuraat is nie, maar ook propvol klein besonderhede vir jong lesers om te ontdek. Bybelstories vir klein hartjies is 'n wonderlike hulpmiddel vir ouers om hulle kleingoed aan God se Woord bekend te stel.
Publikasiedatum: 1970-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593339

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Lilani Brits
Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 21
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter sê 'n groot Ja! om Jesus te volg én om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639609645

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Nici Brockwell
Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 120
Gebaseer op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping, vertel hierdie pragtige prenteboek die storie van 'n jong Jeremia wat met spraak gesukkel het totdat die Here hom aangeraak en 'n amandeltak as belofte gewys het. Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik geskryf soos net Wendy Maartens kan nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling in kleuters. Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.
Publikasiedatum: 2021-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618101

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 170
24 lekker-lees-stories oor oom Karoolus en Lente se avonture.
Oom Karoolus en Lente is bekende karakters vir die Suid-Afrikaanse kleinspan. Nou kom deel Cor en Letitia Uys 24 lekker-lees-avonture van dié twee geliefde karakters.
Oom Karoolus leer in hierdie pragtige boekie vir Lente en al haar mense-maats sommer baie nuwe dinge. Lesertjies sal sien hoe kosbaar hulle vir Jesus is terwyl hulle leer van God se spesiale boek, die besonderse reënboog wat Hy vir ons gegee het, hoe hard miertjies kan werk, dat God ons altyd veilig sal hou en ons nooit ooit sal vergeet nie, en vele meer.
Elke storie bied ook spesiaal 'n Bybelvers om te onthou, en bied ook die volgende belangrike uitdagings om kinders te help groei: Watter nuwe woord jy vandag geleer het, 'n doen-ding en iets om oor te gesels. Die gebed vat dan alles mooi saam.
Ingesluit is 'n gratis CD met 10 lekker saamsing-liedjies.

OOR DIE OUTEURS
Cor en Letitia Uys is al ongeveer 30 jaar betrokke by kinderbediening in Suid-Afrika en hulle is veral bekend as Oom Karoolus en Lente. Hulle bedien by ge­meentes, jeugweke, kleuterskole en laerskole, kunste­feeste en kinderteatergeleenthede. Hulle vervaardig en bied ook radio- en televisieprogramme aan, en hulle jarelange program, Maranataland, word gereeld op Christelike radio- en televisiestasies gehoor en gesien.
Publikasiedatum: 2018-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679545

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 150
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele het.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619221

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 250
Die Bybel vertel een storie, en dit gaan oor Jesus. Hierdie oulike, interaktiewe Bybelstorieboek gee kinders die groot prentjie oor God se storie. My Bybelstorieboek oor Jesus bevat 100 stories wat heenwys na Jesus en is 'n opwindende reis deur die Bybel. Die prentjies word ook lewendig met die app wat gratis afgelaai kan word met 'n QR-kode in die boek. Elke storie in My Bybelstorieboek oor Jesus wys vir ses- tot tienjarige kinders hoe God die hele tyd beplan het om mense te red.
Publikasiedatum: 2019-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623495

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 179
Die Bybel is vol beloftes wat God vir sy kinders gemaak het. Een van die bekendste beloftes, is die een wat Hy aan Noag gemaak het en die reënboog as teken daarvoor gegee het. In Noag se ark word hierdie storie eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook 'n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar.
Publikasiedatum: 2020-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.