Christelik - Kinders
Kleuters

Results 1 to 14 of 14
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176682

Christelik - Kinders: Kleuters

R 1110
R 750Jy spaar R 360
Hier wag ure van lees- en luisterpret vir voorskoolse kinders, terwyl hulle leer oor syfers, letters, kleure, vorms en baie meer. Al ses boeke in die Storiemuis-reeks word hier saamgevoeg, teen 'n baie spesiale prys. Dit is propvol stories, liedjies, rympies en dinge om te leer, terwyl die ses oudio-CD's met vrolike voorlesings elke kleurvolle bladsy vergesel en ekstra pret verskaf met musiek, geluide, saamsing-liedjies en saamluister-stories.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617487

Christelik - Kinders: Kleuters

R 130
Die gewoontes en gesindhede wat kinders in die eerste klompie jare van hulle lewe ontwikkel, kan die res van hulle lewe beïnvloed. Dit is daarom belangrik dat ouers seker maak hulle kinders leer van die begin af die regte gewoontes aan. Hierdie pragtige 4-in-1 boek deur Carolyn Larsen is die ideale hulpmiddel vir ouers wat graag vir hulle kinders die regte waardes wil leer.
Die Ek wil soos Jesus wees-omnibus sal jong kinders help om hulle gevoelens te verstaan, Christelike gewoontes te ontwikkel en positiewe gesindhede en gewoontes aan te leer wat die res van hulle lewe sal hou. Hierdie omnibus sluit in:
• Praat altyd die waarheid
• Tel tot tien voordat jy kwaad word
• Wees vriendelik met almal
• Moenie kroek nie!
Help jou kind om goddelike gewoontes en 'n positiewe gesindheid te ontwikkel.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617173

Christelik - Kinders: Kleuters

R 150
Jesus is baie lief vir sy kinders en het 'n wonderlike plan vir elkeen van hulle. Kinders sal in Jesus is groot leer hoe spesiaal hulle vir Jesus is.
In Jesus is groot sal die kleinspan:
• meer leer oor God en oor hoe Hy wil hê sy kin¬ders moet leef;
• speel-speel leer deur die opvoedkundige, ouderdom-gepaste aktiwiteite wat saam met elke storie gaan;
• pret hê terwyl hulle saam met die CD se lekker liedjies sing.
Die 24 prettige stories is geskryf deur Clarice Pieterse, Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise, en pastoor Arnold de Wet. Dit is ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar. Die temas wat in die stories aangeraak word, sluit in: Jesus is lief vir jou, God het jou spesiaal gemaak, laat jou liggie skyn, vertel vir ander van Jesus en God hoor jou gebede.
Elke storie word lewendig met kleurvolle illustrasies en het 'n Bybelvers, gebedjie en prettige aktiwiteit. Die aktiwiteite sluit soek-die-verskille, woordspeletjies en vele meer in.
Geniet ure saam met jou kinders terwyl julle God se Woord lees en leer oor sy groot liefde vir sy klein mensies.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617142

Christelik - Kinders: Kleuters

R 130
In hierdie pragtig geïllustreerde Bybelstorieboek gebruik topverkoper-outeur Sheri Rose Shepherd betowerende prinseskarakters en maklik om te verstaan Bybelstories om geestelike wysheid en waarhede met jong dogtertjies te deel. Hierdie Bybelstorieboek is 'n wonderlike inleiding tot die Bybel vir selfs die kleinste prinsessie!
Bybelstories vir God se klein prinses is 'n vars en nuwe manier om klein dogtertjies - kleuters en voorskolers - die fondasie van die Christelike geloof te leer. Eenvoudige lessies oor hoe om God te ken, om te leer bid, om geloof te hê en om tussen reg en verkeerd te onderskei, maak hierdie die perfekte eerste Bybel.
Met pragtige illustrasies op elke bladsy, lessies vir 'n prinses en maklik om te verstaan Bybelversies, sal hierdie Bybelstorieboek dogtertjies opgewonde maak om God se Woord te leer ken.
Publikasiedatum: 2017-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431603343

Christelik - Kinders: Kleuters

R 180
Stories uit die Bybel vir kleuters is 'n versameling van 20 Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament.
Met behulp van kleurvolle illustrasies en maklik verstaanbare teks ontdek kleuters en jong lesers meer oor God se liefde en beloftes vir sy mensekinders.
Wat dit nog meer opwindend maak, is die iPhone en iPad app wat by iTunes beskikbaar is. Hierdie app laat kinders toe om na 'n voorlesing van die stories te luister. Ouers kan ook self hulle stemme opneem vir wanneer hulle nie by die huis kan wees nie. Die opwindende animasies op die app sal kinders ook vir ure betower!
Hierdie lekker interaktiewe boekie met sy oulike dra-handvatseltjie sal gou 'n gunsteling wees onder kinders.
Publikasiedatum: 2017-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618477

Christelik - Kinders: Kleuters

R 180
Dit is nooit te vroeg om vir kinders te leer hoe almagtig God is nie!
My eerste Bybelstorieboek is die ideale Bybel vir kinders om hulle lewenslange reis saam met 'n liefdevolle God en sy Woord te begin. Die 20 bekende stories oor God se getrouheid en almag uit die Ou en Nuwe Testament kry nuwe lewe met die helderkleurige illustrasies. Kinders sal ure se pret hê wanneer hulle lees hoe God die aarde en alles daarin gemaak het, sy beloftes aan Noag en Abraham gehou het, vir Daniël uit die leeukuil gered het, sy enigste Seun gestuur het om die mense te red en nog baie meer.
Leer jou kinders vandag nog van God se almag, liefde en getrouheid.
Publikasiedatum: 2017-06-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615148

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Catherine Groenewald
R 140
19 Bybelstories oor kinders van die Bybel wat God se plan vir hulle lewe geleef het.

Die kinders in die Bybel was doodgewone kinders. Party was gehoorsaam en dapper. Ander was bang en alleen. Maar God het 'n spesiale plan met elkÂ-een se lewe gehad.
Kinders van die Bybel bied 19 treffende stories deur Wendy Maartens en stel kinders bekend aan bekende kinders in die Bybel soos Josef met sy veelkleurige jas, Moses in die mandjie, Simson met sy lang hare en die spesiale Baba Jesus.
Aan die einde van Kinders van die Bybel sluit Wendy af met leidende vrae wat kinders kan gebruik om hulle eie storie neer te skryf. Dit is die ideale Bybelstorieboek vir klein hartjies.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Children of the Bible.
108 Bladsye
Hardeband
165 x 205 mm
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616404

Christelik - Kinders: Kleuters

R 120
Hoe lyk engele?' 'Wat doen hulle?' 'Het hulle name?'
In Engele van die Bybel beantwoord bekende kinderboekskrywer Wendy Maartens hierdie en ander vrae oor God se engele. Sy stel kinders bekend aan spesiale engele in 18 verskillende Bybelstories soos Jakob se droom, Bileam se pratende donkie, die engel wat vir Elia kos gegee het, en die engel wat vir Maria goeie nuus gebring het.
Dié boekie, wat begin met 'n volksrympie, sluit kleurvolle illuÂ-strasies deur Catherine Groenewald in wat lewe gee aan die engele en die stories waarin hulle verskyn. Aan die einde van die boek is daar ook instruksies om jou eie kaartjie met 'n opspring-engel te vou.
Engele van die Bybel sal vir kinders leer dat engele oral is - hulle is God se liefdevolle dienaars en hulle is ons vriende!
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616435

Christelik - Kinders: Kleuters

R 150
Wanneer jy aan die diere in die Bybel dink, watter dier kom in jou gedagtes op. Is dit een van die diere in Noag se ark? Of miskien die skape wat die skaapwagters die nag van Jesus se geboorte opgepas het? Bekende kinderboek-skrywer Wendy Maartens het 'n prettige boek vir besige bytjies geskep waarin hulle meer oor die wonderlike diere in die Bybel kan leer.
Diere van die Bybel vertel 30 stories uit die Ou en Nuwe Testament en die diere wat daarin voorkom. Kinders leer watter rol hierdie diere in die Bybel gespeel het en dat hulle steeds vandag tussen ons leef. Elkeen van die stories bied interessante diere-feite en 'n prettige idioom sodat kinders op 'n speelse manier meer leer van die diere wat God geskep het.
Catherine Groenewald se helderkleurige illuÂ-strasies sal kinders se verbeelding aangryp wanneer hulle lees van donkies, leeus, visse, arende en nog vele meer. Jong lesers sal in verwondering wees oor God se kreaÂ-tiwiteit en die skoonheid van die natuur.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319432

Christelik - Kinders: Kleuters

R 129
Help jou kindjie bid met Wendy Maartens se gebede spesiaal vir kleingoed, lieflik aangevul met illustrasies deur bekroonde illustreerder Vian Oelofsen.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616718

Christelik - Kinders: Kleuters

R 230
Tydlose Bybelverhale vir kleuters.

Maak jou kind se eerste Bybellees-ervaring iets onÂ-vergeetliks met Bybelstories vir beginners.
Hierdie Kinderbybel spog met lewendige, illustrasies wat kinders van 3-6 jaar sal fassineer. Kinders sal die prentjies geniet van Noag wat die olifant in die ark inhelp, Jona wat binne-in die groot vis bid en vele meer. Die helder illustrasies op elke bladsy, meer as 90 kort stories uit die Ou en Nuwe Testament en 'n woordeÂ-lys agter in die boek maak hierdie Bybelstorieboek die perfekte boek om kinders aan die stories en karakters van die Bybel bekend te stel.
Bybelstories vir beginners, met sy hope pret en tydlose verhale vir kleuters, is die ideale geskenk vir elke jong kind.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593506

Christelik - Kinders: Kleuters

R 20
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur 'n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook 'n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. 'n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur 'n vreugde-vervulde lewe te lei. Lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en sê die gebed saam met jou kind op.
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593322

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Lilani Brits
R 20
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter sê 'n groot Ja! om Jesus te volg én om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593339

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Lilani Brits
R 20
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter sê 'n groot Ja! om Jesus te volg én om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.
Publikasiedatum: 2012-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development