●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Christelik - Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626854

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Sergio Cariello
Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 70
R 63Jy spaar R 7
Deel die verhaal van Jesus se geboorte met kinders tussen 8 en 12 vanuit die oogpunt van 25 getuies wat dit eerstehands beleef het!
Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte: 25 Bybelstories Oor Hoekom Jesus Aarde Toe Gekom Het bevat 25 verhale van “ooggetuies” van Jesus se geboorte, soos die jong sterrekundige wat eerste die ster gesien het, Sagaria, die herbergier en die duif wat in die stal was waar Jesus gebore is. Dit sluit ook vrae in vir dieper nadenke oor Jesus se geboorte en wat hierdie goeie nuus vir jou en jou gesin beteken.
Pragtige illustrasies en die unieke perspektief maak Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte 'n waardevolle toevoeging tot jou boekrak.

• 25 Stories vir kinders tussen 8 en 12, vertel uit die unieke oogpunt van karakters wat deel vorm van die verhaal van Jesus se geboorte, soos 'n skaapwagterseun, 'n lammetjie, Simeon, Maria, 'n engel en 'n donkie.
• Sluit vrae in wat gesinne kan oordink en bespreek.
• 64 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Action Bible Christmas.
Publikasiedatum: 2023-11-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770000582

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Hierdie boekie vertel in breë trekke verhale oor die skepping, Jesus se geboorte en werk op aarde, die opstanding en ook die hemelvaart. Tussendeur is daar gedeeltes wat as 'n gesinsgesprek tussen ouers en kinders aangebied word. Op dié manier word die waarhede van God se liefde en vergifnis prakties uit-gebeeld. Dit beantwoord ook kernvrae waaroor kinders dalk kan wonder. Die belangrikste storie ooit vertel is veral nuttig in evangelisasiewerk, maar kan ook sommer net gebruik word om die goeie nuus met jou vriende en familie te deel. Die boekie het kleurryke illustrasies en is beskikbaar in agt tale: Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa, Zulu, Tswana, Kimwani en Portugees.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780638008463

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Ian Dale
Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 60
Begin hierdie jaar 'n nuwe Kersfees-tradisie. Skep herinneringe wat almal in die gesin vir altyd sal koester. Lees die stories saam en onthou hoe nodig ons 'n Verlosser het - en hoe wonderlik dit is dat Hy aarde toe gekom het!
Hoekom Jesus gekom het: 25 Bybelstories oor waarom God sy Seun gestuur het neem jou en jou gesin op 'n pragtige, chronologiese reis deur antieke verhale wat God se belofte volg om Jesus, ons Verlosser, te stuur. Elkeen van die 25 Bybelstories begin met 'n kernvers en sluit af met 'n vraag wat jou en jou kinders sal help nadink en gesels oor die rede hoekom ons Jesus se geboorte herdenk.

• 25 Bybelstories vir kinders tussen 6 en 10 wat God se belofte volg om 'n Verlosser te stuur.
• Elkeen van die Bybelstories het 'n kernvers en vrae wat jou en jou kinders sal help nadink en gesels oor die rede hoekom ons Jesus se geboorte herdenk.
• 64 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Why Jesus came.
Publikasiedatum: 2023-11-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415342794

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 89
Die Vrugte van die Gees is 'n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22-23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”. Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat 'n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en 'n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk. Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie 'n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel. Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.
Publikasiedatum: 2022-02-23
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614028

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 169
Drie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.

Hierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring 'n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis 'n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.

Jy is spesiaal

Die Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.

Jy is myne

Die behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy 'n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.

Die heel beste

Wanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met 'n doel gemaak soos ons is.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children's omnibus.

OOR DIE OUTEUR

Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625666

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 199
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Publikasiedatum: 2020-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624447

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 89
So dikwels aanvaar ons God se seëninge in ons lewe as vanselfsprekend. Met hierdie pragtig geïllustreerde boek met gebede kan jy kinders tussen 5 en 8 aanmoedig om God se seën in hul lewe raak te sien en vir God dankie te sê daarvoor. My groot dankie-sê-boek lig baie dinge uit waarvoor ons dankbaar kan wees: lewe, liefde, stories, familie, kos, 'n huis en nog baie meer. Die eenvoudige teks en lewendige illustrasies vang die wonder van die skepping vas en moedig lesers aan om met nuwe oë na die wêreld te kyk.
Publikasiedatum: 2018-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780638008715

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Snowy 2-in-1 bevat Angus Buchan se gewilde boeke Snowy en Snowy en sy maats. Die prettige plaasstories is vol waardevolle lesse vir kinders tussen 5 en 8.
Snowy: Kom leer allerhande lesse saam met Snowy, soos om vriendelik te wees met kwaai mense en hoe om jou vrese te oorkom in moeilike situasies.
Snowy en sy maats: Ontmoet 'n hele klomp van Snowy se nuwe vriende, soos Mê en Rooies. Hulle leer vir Snowy allerhande lesse oor om gehoorsaam te wees en hoe God ons almal uniek geskape het.
Kinders sal ook hou van die prettige aktiwiteite, soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe. Elkeen van die stories word afgerond met 'n teksvers en gebed. Hierdie versameling interaktiewe en opvoedkundige stories sal goddelike waardes vaslê in jong hartjies.

• Omnibus van Angus Buchan se gewilde kinderboeke Snowy en Snowy en sy maats.
• Angus Buchan is 'n topverkoper-outeur en bekende evangelis.
• Raak ouderdomsgeskikte konsepte vir kinders tussen 5 en 8 aan, soos gehoorsaamheid, omgee vir ander en dankbaarheid.
• Sluit speletjies in soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe in.
• 100 volkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Snowy 2-in-1.
Publikasiedatum: 2023-11-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621477

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Word 'n volgeling van Jesus is 'n handige evangelisasie-boekie wat help om die Goeie Nuus oor Jesus aan kinders oor die hele wêreld te verkondig.
Hierdie boekie deur topverkoper-outeur Dave Strehler is 'n wonderlike hulpmiddel om iemand na Jesus te lei. Jong gelowiges sal ook ontdek hoe hulle geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees en te bid.
Ander spesiale kenmerke sluit in:
• Plek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het
• Aanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak
Publikasiedatum: 2019-04-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.