●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik - Kinders
Bordboeke

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613205

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 80
'n Pragtige klein boekie wat 'n groot storie vertel ...
Jesus het op 'n keer sy dissipels in 'n groot storm gehelp deur vir hulle te wys Hy het die mag om 'n storm stil te maak.
Met sy lekker-om-aan-te-vat-sponsbladsytjies sal Die storm word stil gou een van kleingoed se gunsteling boekies word wanneer hulle hul eerste Bybelstories begin lees
(Dik sponsbladsye)
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340653

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 170
Die 18 Bybelstories in hierdie boek vertel van die wonderlike feit van God se liefde en gee elke kind die kans om te leer dat hulle in God se oë uiters kosbaar is. Elke Bybelstorie verwys na 'n bekende Bybelvers wat spesifiek gekies is om die waarheid in elke storie uit te lig. Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak God is liefde Bybel die ideale boekie vir kleingoed. Saam met die pragtige illustrasies, sal hierdie stories aan kinders 'n beter begrip van die boodskap van die Bybel gee, sodat hulle met sekerheid kan sê 'God is lief vir my' en ook verstaan hoekom!
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623488

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 179
Jesus is lief vir kindertjies en sorg graag vir hulle, dit is duidelik in die Bybelverhaal waarin Jesus die kindertjies na Hom toe nooi. In Jesus is lief vir klein hartjies ontdek peuters presies hoe lief Jesus hulle het. Van die bekendste stories oor Jesus en sy liefde word eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook 'n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679170

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 95
Die boekie het 'n sagte skoonvee omslag, stewige bladsye en prettige kleurprente.
Hierdie stewige kartonboekie is 'n uitstekende inleiding tot die Bybel vir babas en kleuters. Bekende Bybelverhale is met sorg uitgekies en geillustreer om God se boodskap met kleintjies te deel
Publikasiedatum: 2017-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617708

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 170
'n Interaktiewe Bybelstorieboek met 13 stories en 32 lig-en-loer-deurtjies wat kinders sal geniet.
Ontdek allerhande verrassings in hierdie prettige boekie met lig-en-loer-deurtjies vir klein handjies van nuuskierige agies.
Lig-en-loer-Bybelstories is die ideale boek om kleintjies aan die tydlose stories van die Ou en Nuwe Testament bekend te stel. Met die 32 lig-en-loer-deurtjies wat hulle moet oopmaak, sal hierdie interaktiewe boek kinders vir ure besig hou terwyl hulle meer leer oor 13 van die gewildste Bybel­stories. Elke storie het 'n Skrifverwysing sodat jy die storie maklik kan naslaan.
Lig-en-loer-Bybelstories is ʼn prettige, inter­aktiewe boek met kleurvolle illustrasies en maklik-om-te-lees Bybelstories ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.
Publikasiedatum: 2019-01-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622818

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 155
Ontwikkel peuters se vroeë praat-, luister- en waarnemingsvaardighede terwyl hulle leer om verskillende diere, mense en voorwerpe te herken.
My eerste woorde Bybel met sy vyf bekende Bybelstories sal peuters se …
• Woordeskat uitbrei met 70 woorde, soos ma, pa, blom, son, reënboog, vis, voël, muis, engel en skaapwagter.
• Beeld en woordherkenning aanmoedig met kleurvolle prentjies saam met elke woord sodat hulle die woord met die prentjie kan assosieer.
• Begrip verbeter omdat hulle “wie”- en “waar”-vrae moet beantwoord deur na die regte prentjie te wys.
• Leesvaardigheid ontwikkel wanneer hulle die woorde moet klank.
My eerste woorde Bybel is 'n opvoedkundige kartonboekie wat kleingoed op 'n prettige manier noodsaaklike vroeë vaardigheid help leer.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625062

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 149
Hierdie tydlose Bybelstories lê die ideale grondslag vir 'n lewe van geloof!
Dié kleurvolle Kleuterbybel se eenvoudige teks gee 'n Skrifgetroue oorsig van die Bybel. Die 28 stories dek die skepping, en ook die bekende stories van geloofshelde soos Abraham, Josef, Moses en Dawid. Vertel jou kleuter van Jesus se geboorte, sy bediening, dood en opstanding, hemelvaart en die verspreiding van die evangelie met kort, maklik verstaanbare stukkies.
Terwyl jy en jou kleuter die stories in dié stewige kartonboekie saam lees, kan jy vir hom of haar vertel hoe God lief vir hulle is en hoe baie Hy vir hulle omgee.
Publikasiedatum: 2019-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625314

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 169
'n Ouer se dae is propvol dinge wat gedoen en onthou moet word. Ná 'n besige dag is 'n mens dankbaar vir enigiets wat die lewe vir jou makliker maak. My slaaptyd-Storiebybel maak die besluit oor wat om met slaaptyd te lees kinderspeletjies. Kinders tussen 3 en 6 sal baie hou van die 20 kort en eenvoudige stories uit die Ou en Nuwe Testament. Klassieke verhale oor die skepping, Noag, Moses, Daniël en Jesus se lewe stel jou kind bekend aan God se Woord en skep die regte atmosfeer vir soete drome.
Jou kleinding sal graag My slaaptyd-Storiebybel aan sy stewige handvatseltjie bed toe dra en die dag afsluit met 'n slaaptyd-storie uit God se Woord.
Publikasiedatum: 2020-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.