●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092872

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
R 207Jy spaar R 23
In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende - dog onmiddellik herkenbare - tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit? Bot is 'n verrassende debuut wat 'n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.
Publikasiedatum: 2022-04-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313564

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 235
Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en 'n menselewe rig. Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld. Of dit liefde vir die omgewing, 'n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde 'n pad wat sy meelopers by 'n tuiste bring, soms met 'n traan, meesal met 'n lag, maar altyd met nuwe insig.
Publikasiedatum: 2022-03-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092018

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 240
Hierdie heruitgawe van Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:

Skeef gelaai
Soontjie
Merk haar vir my
Die man wat so kon spu
Liefde is 'n winskoop
Dubbele kyk in die oog
Milky bar Eksterminasie
'n Ruikertjie geelperskes
'n Dier in pyn
Om 'n vrou aan te kleef
Die snorkmasjien
PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as 'n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is 'n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus.
Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in 'n mens se hart.
Publikasiedatum: 2022-02-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090885

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 299
Min sou Dana Snyman weet toe hy die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Rondomskrik kyk dat die euforie van dié oomblik kortstondig sou wees; dat ons lewens binnekort handomkeer sou verander. Dana verwoord die sonderlinge ervaring van die afgelope agttien maande - van rugbytriomf tot treur en vertwyfeling. Dan kry hy self ook Covid. Dana se kenmerkende fyn waarneming en deurleefde wysheid maak In die tyd van die gif 'n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop - en 'n goeie blomjaar.
Publikasiedatum: 2021-11-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530619

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieël word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe.
Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaai kalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke ''lees'' op die uitkyk vir reën en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.

Hierdie stories, wat weekliks op RSG verskyn, is soos suikerklontjies. Sit een in jou sak, en vind jou eie Theefontein.”
- Amoré Bekker - RSG
Publikasiedatum: 2021-10-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928283584

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen het op 26 Augustus by Hemel & See Boeke verskyn. Sneeu in die Karoo is 'n uiters rare boek, waarin twee novelles in een band verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van 'n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.
Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar 'n Croxley oefenboek en 'n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar - en oor haar kinderdae - terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.
Die verskyning van Agnes se boek in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik 'n eerste in wêreldletterkunde!
Goosen is die bekende skrywer van, onder andere, Ons is nie almal so nie, 'n Pawpaw vir my darling en die digbundel, Het jy geweet ek kan toor. 'n Biografie, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne, deur Petrovna Metelerkamp, het in 2020 by Hemel & See Boeke verskyn.
Publikasiedatum: 2021-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530626

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van
ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). Ingesluit by hierdie bundel is 'n CD waarop verhale voorgelees word met musiek deur Joanita self gekomponeer. Die voorleser is Christo Olivier, bekende omroeper en rugbykommentator. As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Publikasiedatum: 2021-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530510

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 175
Vandag se gister vir môre is my memoires - 'n nostalgiese lewensreis van 'n doodgewone reisiger op pad na 'n onbekende 'môre'. Hierdie reis word vertel deur 'n versameling kort stories, briewe en gedigte wat oor meer as veertig jaar in Afrikaans of Engels geskryf is. Elke storie, brief en gedig beskryf 'n baie besondere oomblik of spesiale gebeurtenis wat my ten diepste geraak het - soms hartroerend, maar soms ook baie komies.
Alhoewel memoires uiteraard persoonlik van aard is, is ek van mening dat dit tog met ander gedeel kan word. Ek deel dit graag met die leser, want uit my vandag se gister is daar tog iets te leer vir môre.
Publikasiedatum: 2021-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312093

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
*** WENNER 2022 UJ-DEBUUTPRYS en EUGENE Marais-Prys ***

Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op 'n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel.

De Jager het 'n fyn oog en 'n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy 'n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en 'n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.

OOR DIE OUTEUR
Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur. Hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van 'n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse. Hy is betrokke by skryfskole, onder andere op die eiland Lesbos waar hy woon. Sy vinjette het 'n groot en lojale gevolg op Facebook.
Publikasiedatum: 2021-04-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210796

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 290
*** WENNER 2022 UJ-PRYS ***

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om 'n aardbol uit - van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In 'n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester 'n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic sluk 'n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir 'n ander verruil het en bring hulle 'n angswekkende aand saam met 'n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm 'n ma haar oor 'n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe 'n jong Namibiër en sy Japannese vriendin 'n tragedie in die berge en 'n nag in 'n beklemmende chateau met 'n poel vol gloeiende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé 'n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605968

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.”
'n Versameling van 25 erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur bekende en geliefde skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.
Die verhale is teer, humoristies, effens stout, magies, sondig. Sommige speel af in die intimiteit van die slaapkamer, maar ander vat vlam in die ouetehuis, die kerk, 'n kunsgallery en selfs 'n vliegtuig.
Publikasiedatum: 2021-02-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311157

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van 'n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot 'n uitbundige relaas van 'n skoolkonsert.
Publikasiedatum: 2021-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620904643

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
Dié bundel kortverhale beskryf die veelvlakkigheid van die samelewing uit die perspektief van vroue. Die temas wissel van 'n gewapende aanval op 'n gesin saam met hul vriende by die huis, selfdood, droogte, 'n gesinsmoord, 'n gewelddadige kind en die laaste oomblikke van 'n bejaarde tot 'n sensuele Turkse bad. Die leser kyk na doodgewone alledaagse gebeure tot ingrypende voorvalle deur die oë van vroue - maar dit beteken allermins dat die verhale slegs vir vroue geskryf is.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620904650

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
In dié bundel kortverhale kyk die skrywer na die daaglikse interaksie tussen die enkeling en sy omgewing. Alles gebeur tussen ons: tussen man en vrou, ouer en kind, jou en 'n vreemdeling, slim en dom, ryk en arm. Of tussen jou en die noodlot, die boosheid en die tyd. Tussen ons is daar herinneringe, emosies, verwyte, hartseer en gruwel. Die verhale praat oor die dinge van gister, vandag en môre, oor mense en menswees. Oor die kompleksiteite in ons samelewing. Want niemand is 'n eiland nie. Vir alles is daar redes en gevolge. Stories is nie nét mooi of nét lelik nie. Niemand is nét goed of nét sleg nie.
Publikasiedatum: 2021-01-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091523

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in 'n buksie van 'n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenoot­dae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy self­ondersoekend en met 'n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van Suid­Afrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”
Publikasiedatum: 2020-10-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.