●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190316

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In hierdie bundel sketse neem die veelbekroonde skrywer haar lesers op reis: na Pelgrimsrus; die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge; Paternoster aan die Weskus en Namibië. Sy reis ook verder: na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is.
Publikasiedatum: 2003-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190910

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'In 'n ander lewe was ek reisiger. Bedelmonnik, avonturier, ontdekkingsreisiger, wát weet ek nie,
maar ek weet dat ek swerwend oor die aardbol se ruwe paaie geloop het.
Publikasiedatum: 2005-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191559

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
'n Kluisenaarskrywer staan verstom voor die lig in die verlate huis langs syne. Die wewenaarwetenskaplike begin met kloning eksperimenteer. 'n Motorgeesdriftige ervaar wraak vanuit 'n ongewone oord.
Publikasiedatum: 2007-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780636070516

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 228
Die hersiene uitgawe van hierdie titel sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in. Die bundel bevat splinternuwe kortverhale wat vir die eerste keer gepubliseer word. Daar is opsommings, verklarende aantekeninge, vrae, aktiwiteite en wenke vir elke verhaal.
Publikasiedatum: 2008-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798149808

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 300
Die bekende Insig-joernalis Willemien Brümmer, agterkleindogter van CJ Langenhoven, debuteer met 'n bundel kortverhale, Die dag toe ek my hare losgemaak het. Dis verhale oor 'n jong vrou wat in Kaapstad woon.

Publikasiedatum: 2008-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192884

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
G.R. von Wielligh (1859-1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karooveld, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer. In hierdie publikasie, word Boesmanstories Deel I: Mitologie en legendes, en Boesmanstories Deel II: Dierestories en ander verhale, in een deel ná 90 jaar in eietydse Afrikaans heruitgegee. Boesmanstories is 'n ryk oes kosbare verhale, 'byna letterlik gered uit die mond van die vertellers deur Von Wielligh' (Hennie Aucamp).
Publikasiedatum: 2009-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193218

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'As 'n boom in 'n bos val, en niemand is daar om dit te hoor nie, maak dit nog steeds 'n geluid?' lui die reeds geykte gesegde. As ek nie 'n naam het nie, bestaan ek dan werklik? Wie is ek sonder die mense wat my definieer? As ek anders optree as wat verwag word - is dit ek wat verkeerd is, of die verwagting? Dis van die vrae wat Ilse van Staden sonder pretensie en met fyn aanvoeling vir karakter in Tafel vir twee ondersoek.
Publikasiedatum: 2009-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165730

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 335
"Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was 'n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton.
Wat hy so graag wil hê. En nou? Nou het ""plaasaanval"" ontvoering geword. Nou jaag hy soos 'n besetene om 'n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met 'n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal 'Stiltetyd'."
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193393

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter.
Liefde in Aucamp se werk vertoon 'n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. 'n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van 'The Return from the Kloof' deur Joey Muller, 'n vergete meesterstuk, met 'n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe.
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192235

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Wanneer oom Fanie, 'n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: 'Uitspring, kêrels!'. Vir die ouer broers wat moet 'uitspring' en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van 'n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192877

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
In 'n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal. 'n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. 'n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie.
En 'n skrywer en 'n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei.
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192891

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Versamelde Boesmanstories 2 volg op die gewilde Versamelde Boesmanstories 1 (2009). Hierdie keer word Die Boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede en gemengde vertellings, meestal van 'n avontuurlike aard, in een deel gepubliseer.
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193386

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In Oor en weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied 'n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194604

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 160
In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te sê oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en sê. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as 'outerlink op die banke' met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook.
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798155724

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 325
Nataniël se jongste bundel is 'n versameling van 46 stories (15 in Engels en 31 in Afrikaans) uit sy verhoogproduksies sedert 2007, onder meer uit Predicting Snow, Men who Fly, Egg Whites and Angel Food, Coronation, Cathedral, Knowing your Microwave and other Magical Moments, Combat.
Magiese vertellings oor ons absurde wêreld: die vreemdheid maar ook die bekendheid daarvan.
'n Meesterstorieverteller aan die woord.
Publikasiedatum: 2011-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.