●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: madelein rust

Results 1 to 14 of 14
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780798183765

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248Jy spaar R 62
Desember 2022, Bloemfontein. Mindie Rochebrandt is swanger met haar en advokaat Marius se eersgeborene - erfgenaam van die Rochebrandt-fortuin. Maar ná die onsmaaklike insident tydens haar ooievaarstee, die een waarheen háár mense nie genooi was nie, het Mindie besef sy moet 'n streep trek. Van Marius en sy buie het sy genoeg gehad. Sodra sy geboorte geskenk het, gaan sy sak en pak trek en met haar kind 'n nuwe lewe op De Rust begin. Enkele dae later bel Mindie se ma, Eona, hoogs beswaard. Mandelien, Mindie se tweelingsuster, ook swanger met haar en Sebastiaan se eersteling, antwoord nie haar oproepe nie. In Mandelien se meenthuis kom Mindie af op 'n gruwelike toneel: In die klein badkamer lê haar suster se verminkte liggaam - uitgesprei soos 'n gevalle engel. Wie verniel 'n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom?
Publikasiedatum: 2023-10-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390063

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om 'n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit 'n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hul gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens 'n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is 'n belofte van nog 'n moord oor drie en dertig dae.
Publikasiedatum: 2023-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385007

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in 'n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor.
Publikasiedatum: 2023-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380422

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Doktor Renata Malan is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. 'n Seksmoordenaar saai amok tussen die ontroue vroue van Bloemfontein se rykstes; Renata en haar span moet hom help aankeer voordat nog vroue sterf. Die een raaiselagtige leidraad na die ander duik op ondanks die gebrek aan forensiese getuienis.
Publikasiedatum: 2023-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799375824

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Renata is 'n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van 'n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone - sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede. Sy gaan sien 'n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op. Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het. Is hy 'n sosiopaat, of is hy bloot 'n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red?
Publikasiedatum: 2023-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600154

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van 'n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, 'n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel 'n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens 'n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.
Publikasiedatum: 2023-08-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796323101

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 260
As jy met 'n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: Bly lê of jy staan op en doen wat die siekte en die wêreld nie van jou verwag nie. In hierdie dapper, praktiese boek ondersoek geliefde skrywer Madelein Rust hoe om te leef, nou dat sy besig is om dood te gaan. Sy benader haar komende dood op 'n praktiese manier en gee tot 'n lys Bybelverse om jou te versterk en te troos. Madelein trek as't ware die dood se angel, vir haarself maar ook vir die siek persoon en hulle geliefdes.
Publikasiedatum: 2023-04-21
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183192

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan 'n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang. Maar swangerskap sonder 'n toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie. Moederland bied 'n fassinerende blik op die toekoms. 'n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.
Publikasiedatum: 2022-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000079

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is?
Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van 'n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, 'n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel 'n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens 'n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.
Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan? In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van 'n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

My naam is Legio volg op Monstersaad, Bloedlyn, Moordhuis en Lam ter slagting met Renata Malan as forensiese sielkundige.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607627

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?
Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander. Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée
ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broertjie dood is. Hoe meer sy probeer uitrig hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afksu. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman. Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net vyf en twintig trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terug hê.
Publikasiedatum: 2021-07-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395129

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer? Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.
Publikasiedatum: 2019-06-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384819

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 300
Die oorlewingstog van 'n dapper vrou
“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”
In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.
Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.
Publikasiedatum: 2019-03-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799367690

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie.
Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat.
Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?
Publikasiedatum: 2014-05-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.