●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Leandra Naudé

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9798462088292

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 249
Alles lyk presies dieselfde, tot op die laaste skildery, so asof tyd stilgestaan het en Arriana steeds 'n kind in die huis is. Selfs die magtelose gevoel wat sy soms as kind ervaar het, is deur die mure ingesuig en dreig om soos rook te ontsnap en haar te infiltreer as sy lank genoeg stilstaan.
Arriana was nog nooit so gelukkig in haar lewe nie. Sy is saam met die liefde van haar lewe, Finn O'Reilly en het die Kersfees saam met sy groot familie in Ierland spandeer. Die O'Reillys het haar dadelik as 'n suster en 'n dogter aanvaar en vir die eerste keer voel sy die geborgenheid en onvoorwaardelike liefde wat sy nooit in haar ouerhuis ervaar het nie. Totdat 'n tragedie haar en Finn dwing om hulle vakansieplanne te laat vaar en na Suid-Afrika te vlieg. Hier word sy gekonfronteer met die spoke van haar verlede en een vir een tuimel die geraamtes uit die kas. Is dit toevallig dat albei haar ouers in die hospitaal is? Hoekom loop haar eks se nuwe vrou, 'Kugel-Barbie', rond asof Arriana se ouerhuis aan haar behoort? Was haar eksman nog altyd so 'n swakkeling en eejit? En hoekom vibreer haar spidey sense as Giacomo Giovetti in die omgewing is?
Terwyl Arriana met die moeilikste uitdagings van haar lewe worstel, is Finn daar om te ondersteun. Maar gaan Finn altyd daar wees? Gaan al sy geheime en die besluite wat hy in die verlede geneem het, hom verhoed om vir haar te gee wat sy regtig nodig het?
Reis deur Klatergoud, Boek Twee van die Reis-reeks,verken net hóé interessant verhoudings kan raak nadat twee uiteenlopende karakters bymekaarkom en hulle lewens saam begin.
Publikasiedatum: 2022-01-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9798842808830

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 249
Reis deur Geheime, die laaste hoofstuk in die Reis-reeks, vaar deur die onbekende skaduwees van Finn se verlede en geheime wat hy diep weggebêre het. Kan hy Arriana vertrou met die nagmerrie wat die verloop van sy lewe verander het? En hoe kan hy haar beskerm teen sy skaduwees wat weer gestalte gevind het en dreig om hulle lewens en nuutgevonde geluk te verwoes?
Leandra se debuut-romanse, 'Reis deur die hart', is die eerste boek in die reeks waarvoor sy die ROSA Imbali-trofee gewen het vir 'Uitmundendheid in die skryf van romanses'. Die tweede boek, 'Reis deur klatergoud',word deur Madsock ('n kombinasie van die talente van Paul en Leandra Naudé) uitgegee.

“Daar was eenmaal 'n man wat gedink het dat sy lewe uitgesorteer en agtermekaar is. Hy het gedink hy is gelukkig en dat sy lewe volmaak is, alhoewel hy soms gevaarlike en onverantwoordelike dinge aangevang het om lewendig te voel. Hy het egter een aand op 'n strand 'n meisie se silhoeët gesien, min wetende dat sy lewe daar en dan eers sou begin.” - Finn se woorde aan Arriana in die lekkerlees-roman, Reis deur Geheime deur Leandra Naudé.

“So begin die epiese liefdesreis van twee unieke en intens passievolle karakters, Arriana en haar Ierse liefde, Finn O'Reilly. Die leser besef egter baie vinnig dat dié twee se toekomspad nie net met maanskyn en rose besaai is nie, maar ook met verdwaalpaaie, geheime klowe en onwelkome skimme uit die verlede. Leandra Naudé kry dit reg om met hierdie karaktergedrewe verhaal die leser so te betrek dat jy vrywillig saam met die verliefdes op hul emosionele mallemeulerit klim, asem ophou en hoop die liefde oorwin uiteindelik alles.” - René van Zyl, skrywer
Publikasiedatum: 2022-08-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9798368025094

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 249
Nadat 'n uitgebrande Arriana haar werk as maatskaplike werker bedank, bevind sy haarself as kelnerin by 'n spoghotel inMauritius. Dinge verloop egter nie so glad soos sy gedink het nie en nie net omdat sy nie gewoond is daaraan om vatterige mans af te weer, borde op haar arms te balanseer en heeldag drankies aan te dra nie. Heelwat nuwe uitdagings kom te voorskyn soos die Ierse triljoener, Fin O'Reilly, wat onverwags sy verskyning maak om die ongerymdhede by sy hotel te ondersoek. Sy probeer egter om uit sy pad te bly, want die gevoelens wat sy teenoor hom ervaar kan tog nie veilig wees nie, kan dit? Dan is daar ook sprake van die verdwyning van dogtertjies op die eiland wat al hoe meer onrus veroorsaak. En wat is dit met hierdie vreemde gas wat haar 'spidey-sense' so op hol jaag?
Reis deur die hart ( 1ste uitgawe ), uitgegee in 2018 deur Lapa Uitgewers, was Leandra Naude se debuut publikasie waarvoor sy die 2019 ROSA Imbali Toekenning vir Uitmuntendheid in die Skryf van Romanses verwerf het. Leandra kon egter nie die storie afsluit met 'Die einde' nie en so het Reis deur die Hart, Boek 1 van 3 geword in Die Reis reeks, opgevolg deur Reis deur Klatergoud en Reis deur Geheime. Hierdie 2de uitgawe van Reis deur die Hart is grootliks 'n herdruk van die 1ste uitgawe behalwe vir klein terugvoegings uit die oorspronklike manuskrip.

'Die beste Super Romanza wat ek in 'n lang tyd gelees het! Ek was regtig spyt toe ek klaar was.' - Madri, Goodreads.com
'Ek lees nie gereeld Afrikaanse boeke nie, maar hierdie boek het my geboei. Ek het lekker gelag en ook trane afgevee. Heerlike leesgenot!' - Elsabe ten Cate, Goodreads.com
Publikasiedatum: 2022-03-30
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.