AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Zirk van den Berg

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795709159

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 234Jy spaar R 26
Wenner van die eerste kykNET-Rapportprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

'Glo my, dis regtig die beste so.'
Hy skreef sy oë en kyk na haar silhoeët teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en 'n skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. 'n Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met 'n geluid wat eensklaps stop as die koeël iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond.
Daniël wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor die klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.

Polisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig. Sy het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies in haar bewaring vir goed verdwyn uit die normale samelewing. Sy vermoor hulle. Maar sy't nog nooit 'n getuie soos Daniël Enslin teëgekom nie.
Publikasiedatum: 2019-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708824

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy 'n man van durf is. Maar gou word hy ontnugter.
Sy pad kruis dié van Lisbeth Löwenstein, ʼn arm Jodin wat met 'n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit 'n konsentrasiekamp ontsnap het, en die pseudowetenskaplike Albert Pitzer.
Teen die agtergrond van die Duitste uitwissingsbevel teen die Herero's word elkeen se menslikheid tot die uiterste beproef.
Publikasiedatum: 2018-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868428823

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225Jy spaar R 25
In Doodsbleek moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.

Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangrikersake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.

Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo - Berlyn se misdaadpolisie - 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer allessal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos - 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.

Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708558

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 198Jy spaar R 22
As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. 'n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan - nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“'n Fabel vir moderne tye. 'n Heerlike verhaal.” - Kerneels Breytenbach.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780143538622

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 210
R 189Jy spaar R 21
Half of One Thing is the story of a New Zealand soldier who is sent to infiltrate a Boer commando during the Anglo Boer War. His mission is to get information on the whereabouts of the elusive General Christiaan de Wet, the one person who still stands between the British and victory.

The longer Gideon Lancaster stays with the commando, a gathering of diverse and sharply drawn characters, the more sympathy he develops for them.
His predicament deepens when he is being treated for an injury by a young Boer woman and they both fall in love. This puts Gideon directly in competition with the Boer Commandant.

When he is forced to choose between his duty, love and morals, he hatches a grand scheme to lead astray a huge British expedition hunting for De Wet. Soon after, the war is over and Gideon has to return to his country.

Half of One Thing is an eventful spy story, love story and war story reminiscent of the award-winning film Breaker Morant.

Also in Afrikaans as Halfpad een ding.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780143538639

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 210
R 189Jy spaar R 21
Halfpad een ding is die verhaal van 'n Nieu-Seelandse soldaat wat in die Anglo-Boereoorlog gestuur word om 'n Boerekommando te infiltreer. Sy missie is om die bewegings van generaal Christiaan de Wet uit te vind, die een man wat nog tussen die Britte en 'n oorwinning staan.

Hoe langer Gideon Lancaster by die kommando bly, 'n versameling rare en skerp getekende karakters, hoe meer simpatiek begin hy teenoor hulle voel. Sy penarie verdiep wanneer hy as verwonde deur 'n Boeremeisie verpleeg word en hulle op mekaar verlief raak.

Dit plaas Gideon in direkte kompetisie met die commandant. Wanneer 'n keuse tussen plig, liefde en moraliteit dwingend raak, lei hy in 'n groots opgesette plan 'n yslike Britse ekspedisie op jag na De Wet van die spoor. Kort daarna is die oorlog verby en Gideon moet terugkeer na sy land.

Halfpad een ding is 'n avontuurlike riller, 'n oorlogstorie, en 'n liefdestorie wat aan die bekende film Breaker Morant herinner.

Ook in Engels as Half of One Thing.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708794

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 310
R 279Jy spaar R 31
German South West Africa, 1905. The sickly Siegfried Bock comes to the colony to prove his mettle. But he soon becomes disillusioned. His path crosses that of Lisbeth Löwenstein, a poor Jewess who has to marry a German settler she's hardly met, the Damara man Mordegai Guruseb, who escaped from a concentration camp, and the pseudoscientist Albert Pitzer. Against the background of the German killing of Hereros, these characters' fates intertwine and each one's humanity is severely tested.
Publikasiedatum: 2018-09-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.