Afslag slegs op aanlynbestellings

Soek resultate: Kristel Loots

Results 1 to 15 of 15
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624074700

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 235
R 212Jy spaar R 23
Zia doen haar bes om "funky" te lyk met tweedehandse ontwerpersklere. Maar 'n ander vrou se rok pas nie aldag aan haar lyf of in haar lewe nie.
Ouma Betta probeer van Zia 'n goeie Afrikanervrou maak sodat sy nie soos haar ma uitdraai nie. Haar kêrel verkies ook 'n ordentlike vrou wat nie skandes maak nie . Toe Zia se onderwysloopbaan ineenstort, hou Karel hom skaars.
Dan begin Zia by 'n nuwe plek met kreatiewe idees werk. Haar baas kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar Zia kan nie ontken dat daar iets opwindends tussen hulle aan die gebeur is nie.
Publikasiedatum: 2018-02-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087663

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 230
R 207Jy spaar R 23
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag - verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
Publikasiedatum: 2019-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799376494

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
2de Uitgawe
Sarah is vreeslik voorstedelik - en sy het 'n lyf wat skrik vir niks. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man in sy middeljaarkrisis is, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan. Toe kom die uitnodiging na die reünie op Doringbaai. Vreemde dinge gebeur wanneer 'n vrou in 'n hoek vasgekeer word en skielik besef: mens leef net een keer ....
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387575

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 284Jy spaar R 31
In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!
Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.
Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.
Daar is 'n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?
Ná 'n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.
As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word.
Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.
En Kaila weet, sy weet, 'n mens het meer nodig as 'n blom in jou hare om gelukkig te wees.

In hierdie liefdesroman/gesinsdrama/verhoudingsroman ervaar die leser weereens Kristel Loots se vermoë om haar karakters se pyn, vrees en worsteling weer te gee in hul alledaagse lewe én om dit met humor te doen. Die roman spreek alledaagse realiteite van gewone vroue aan, veral die krisis wat ontstaan as 'n droomhuwelik nie die toets van die tyd weerstaan nie. Met die aanvang van die roman is Kaila 'n tiener met al tieners se frustrasies en wrokke teen die gesin en samelewing. Sy word geleidelik groot en teen die einde leer die leser Kaila as volwasse en deurleefde vrou ken. Die verwikkeldheid en delikaatheid van verhoudings tussen kinders en ouers, tussen man en vrou en tussen vriende is 'n deurlopende tema.
Publikasiedatum: 2018-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359374

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
Vroue vrees haar, mans begeer haar - die 'ander' vrou. Die skelmpie wat mans van hul vroue en kinders steel en huise opbreek. Linda weet wat van haar gesê word, dat sy 'n blonde feeks van 'n vrou is, 'n tert in die bed. Sy weet sy sou gestenig word as dit nog wettig was.

Maar sy het Fanus lief, of altans sy dink so. Sy het op hom verlief geraak die dag toe hy haar dogtertjie op sy skouers getel het. Nou is Fanus hare, hare en Poppie s'n. Dis wat sy graag wil glo.

Maar sy skouers hang. Want hy verlang na sy eksvrou, Janeke, van Eendagmooi.

Dis nie maklik om jou man met sy vorige gesin te deel nie. Hierdie moderne-familie-konsep-ding raak soms net té bisar vir haar. Dis soveel eenvoudiger om jou man se eks met 'n passie te haat en klaar. Egskeidings behoort met die gebreek van borde en koppies en 'n behoorlik geskel op mekaar gepaard te gaan. Beskaafde egskeidings raak net te ingewikkeld.

Sy't dalk nog 'n gelyke kans gestaan as Fanus se eks 'n vrou van vlees en bloed was. Maar nou is Janeke 'n frieken engel, eintlik te goed om waar te wees. Geen wonder daar is gate in Linda se huweliksbootjie en die ding foeter rotse se kant toe nie.

Dis toe dat Makarios ingryp. Wie beter om haar huwelik te red as 'n goed gekwalifiseerde sielkundige seksuoloog? Maar soms wil dit vir haar lyk asof die duiwel self in kahoots is met hierdie mooi man met sy besondere naam wat daarin slaag om haar sinne te begogel.

Linda dra swaar aan die skuld - oor Maria en wat op Diepwaterbaai gebeur het, en oor Fanus en die baie lewens wat sy eiehandig verwoes het.

Selfs die doodsengel is die dinges in vir haar en kom klop ongenooid aan haar deur.

Om die ander vrou te wees is sowaar nie vir sissies nie.
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799355376

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
In Eendagmooi raak Kristel Loots 'n eietydse probleem aan: egskeiding. Soms wil dit lyk asof die liefde en die huwelik soos 'n eendagmooi is. Dit blom kortstondig en verwelk oornag. Maar die seer strek ver en wyd en diep.
'Eendagmooi is nie candyfloss nie, maar dis steeds 'n lekkerlees-boek. Dis Kristel op haar beste, die humor is vars, skerpsinnig en hedendaags, die karakters is deurleef en geskakeerd en die leser kan nie onbetrokke bly nie. Van skaterlag tot die stille wegpink van 'n traan - dis alles daar. En die sensualiteit sal 'n bus se vensters toewasem.
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382624

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 284Jy spaar R 31
Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy ís sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is 'n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil hê nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle 'n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net 'n chauffeur. Maar ná 'n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma 'n man met 'n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met 'n vreemde versoek - Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624056331

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 210
R 189Jy spaar R 21
Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was 'n Facebook-flerrie van formaat, en 'n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie 'n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat 'n ma én 'n pa het.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799372335

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
Vir 'n vrou is haar vyftigste verjaardag 'n dag van verskrikking. En Katerina is amper daar...Die tweeling maak haar mal en haar man is moeg daarvan om stukkende mense te probeer gesond dokter en wil landuit. Kanada toe! Dit lei tot eindelose argumente, want daar is te veel wat Katerina in Suid-Afrika hou.
Publikasiedatum: 2015-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377590

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
Suzy is nie 'n mens-mens nie. Ook nie 'n oggendmens nie. Of 'n middag- óf aandmens nie. En natuurlik is sy nie 'n mevrou-dominee se watsenaam nie. Sy kry skaars die klein koekies en die groot koeke-krisis opgelos. Dit is Frederick wat sedig, vroom en vroed 'n stewige paar vlerke onder sy spierwitte kerkhemp gevou hou.
Al wat Suzy van die lewe wil hê, is 'n nuwe selfoon, dat haar dogter nie met 'n geskeide man moet uitgaan nie en 'n lyf langs hare wanneer sy in die oggende wakker word. Is dit nou regtig te veel gevra?
Dit is by Jay-Jay wat sy gaan derms uitryg, want hy verstaan haar. Dit is ook hy wat haar in die versoeking lei. Want toe sy eers vir Dante del Marco leer ken, is tweedehands nie meer goed genoeg nie. Aarde tog! Net die noem van sy naam is al genoeg om klokke in haar kop aan die lui te kry. G'n wonder Suzy storm in waar versigtige engele maar eerder verby sou hou nie.
Saam met Dante del Marco lok daar 'n ander, beter wêreld en die moontlikheid om Londen toe te gaan. Daar waar sy 'n stuk van haar hart verloor het waarna sy 'n leeftyd lank al soek. Maar dis 'n geheim wat sy met niemand kan deel nie ...
Suzy moet leer dat die lewe soos 'n lemoen is. Dat jy die lastige pitte tussen jou tande moet uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoete sappigheid daarvan.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391442

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
R 216Jy spaar R 24
Kristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoë om haar karakters uit te beeld.
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad uit as.
Liefde op Vergeetbaai:
Irmariana koop die kothuis langs Zak de Beer, wat sy privaatheid beskerm en 'n muur tussen hulle wil oprig. Vergeetbaai is afgesonder en hulle loop mekaar (noodwendig) raak. Irmariana het Vergeetbaai toe gekom om weer heel te word en om te werk aan haar jongste kinderboek. Sy durf nie toelaat dat 'n man haar aandag aftrek nie. Selfs al is hy uiters aantreklik en betowerend.
Kiki se kroonprins:
Kiki moet 'n onderhoud voer met 'n skatryk hubare sakeman wat die erfgenaam van Kroukamp Internasionaal is, Olaf Kroukamp. Hulle voer klere en skoonheidsmiddele uit. Hy het ook 'n boek geskryf wat mense aan die praat het en verkoop selfs die filmregte daarvoor. Kiki lê hom voor toe hy met sy honde gaan stap. Later pas sy sy herehuis en honde op. Olaf wen 'n literêre prys en vra Kiki om hom te vergesel. Haar ekskêrel, Roger sien die insetsel op televisie en spoor haar op. Hy doen alles in sy vermoë om Kiki en Olaf se verhouding te laat sneuwel.
Sieraad uit as:
Janette gaan woon 'n week lank in afsondering as proefkonyn vir navorsing oor die rookgewoonte. Kameras volg inwoners se verslawing. Sy sukkel om haar gevoelens vir die ghoeroe, Marnitz Marais te onderdruk. Janette is ook die troostante vir die tydskrif waarvoor sy as joernalis werk. 'n Super Girl sorg vir heelwat intrige en doen alles in haar vermoë om Marnitz en Janette se ontluikende verhouding te saboteer...
Publikasiedatum: 2018-12-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377606

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 221Jy spaar R 94
Jessie Jansen het 'n lyf wat vir niks skrik nie, maar deesdae het sy die selfbeeld van 'n verwelkte blom in 'n vullisdrom. Gelukkig - danksy goeie gene - sit haar kurwes op die regte plekke, want sy is verslaaf aan sjokolade en sy eet net al meer en meer daarvan. Haar man het haar immers vir 'n jonger dolla gelos, en sjokolade is troos vir die siel. Hulle kan hulle kokaïne maar hou, het sy al dikwels gedink, hulle dagga, hulle sigarette, selfs al die drank in voorraad van 'n gemiddelde kroeg - daar is niks wat jou op so 'n high kry soos sjokolade nie.
'n Talentsoeker sien haar raak en maak aan haar 'n aanbod om model te wees vir 'n reeks skoonheidsprodukte van Love Incorporated, wat gemik is op die 'gewone' vrou. Die boodskap wat die maatskappy wil oordra, is dat elke vrou uniek is en dat 'n vrou met kurwes net so mooi en selfs mooier kan wees as die modelle wat gewoonlik op advertensieborde verskyn. En so begin Jesse se nuwe lewe. Iewers in haar agterkop is sy vreesbevange oor wat haar kinders en haar eks sal sê as hulle moet hoor wat sy met haar middeljarige lyf gaan aanvang. Maar selfs op 'n weggooivrou wag daar soms 'n avontuurtjie as sy dit waag om uit haar kokon te klim, veral wanneer sy langs 'n man in sy Thunderbird beland en oor die drumpel van sy weelderige woonstel stap. Al weet sy ook Bruno Baumann verkies eintlik sappige jong blaartjies en trek sy neus op vir vroue wat veertig nie weer sal sien nie. Toe dinge begin skeefloop, wens Jessie sy het hom nooit ontmoet nie.
Publikasiedatum: 2015-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624063988

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 205
R 185Jy spaar R 20
Jacki loer skelm na trourokke, maar sy's nie desperaat nie, nooit! Wanneer sy en Pulani Facebook inspan om haar verloofde (en baas) Gary te ontbloot vir die flippen fake wat hy is, raak sake lelik. Nou sit Jacki sonder iemand om te cuddle, sonder 'n werk en sonder 'n bed. Tamatiestraat. Haar ma het kinders by dosyne en is te weird vir woorde, en haar broer wil Gary donner, maar dit gaan Jacki nie help nie. En die poste wat in die koerant geadverteer word, is nie geskik vir 'n meisie wat darem half en half ordentlik is nie.
Toe 'n verruklike man met Einstein-hare haar 'n werk aanbied, vermoed sy daar's 'n ding in die drinkwater. 'n Musikant in 'n tux wat funky vioolmusiek maak, is 'n alte mooie ding, maar Jacki self sing vreeslik vals en pas nie in by die hemelse musiek wat Giovanni Ignacio Mancini uit sy Stradivarius tower nie. Sy wil op 'n hoë noot leef, maar dit voel vir haar of sy heeltemal van haar wysie af is.
Want nie alleen maak Giovanni musiek wat 'n standbeeld sal meevoer nie, hy kan ook 'n vrou behoorlik vasvat en van haar voete af soen ...
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624053545

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 240
R 216Jy spaar R 24
Dixie speel wedding planner terwyl sy eintlik dink die huwelik is 'n siek grap, en dat alle mans losers is. Haar ware liefde het weggekom en sy nuttelose plaasvervanger het haar sonder seremonie voor die preekstoel gelos . . .
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083245

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 221Jy spaar R 24
Lucy Lombaard dra XL-klere in 'n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir SARS te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. Maar sy het die hart van 'n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Al hoor sy van kleins af vet feetjies kan nie vlieg nie... Billy Bruwer van Media Uniek plaas haar hart in die hoogste versnelling, maar hy stel net belang om haar Funky Feetjie-blog in sy tydskrif te gebruik. Is haar mede-rubriekskrywer Wouter Weet-als dalk eerder haar sielsgenoot?
Publikasiedatum: 2017-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.