AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Dolf Van Niekerk

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620826112

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 150
R 135Jy spaar R 15
Met hierdie versameling gedigte, wat Dolf van Niekerk rondom sy 90ste verjaardag geskryf het, peins die digter oor die lewensfase waarin hy hom nou bevind. Hy noem die gedigte “berigte”, asof hy aan die lesers nuus wil oordra oor sy ervaring terwyl hy hom in 'n skemerland bevind, die land tussen dag en nag, tussen lig en donker. Hy kyk ook terug na die hartseer en eensaamheid wat deel was van sy kinder- en volwasse jare, met die besef dat hy van vroeg af 'n enkeling was.
Die digter vind parallelle vir sy eie lewe wanneer hy nadink oor die geskiedenis van die aarde, die mens en die beskawing, met hoogtepunte en tye van opbloei, maar ook besef dat agteruitgang onvermydelik deel daarvan is. Die wisseling van dag en nag en die seisoene dra by tot 'n gevoel van berusting en aanvaarding. Hy kan hom nog steeds verlustig in die vreugde wat die natuur, musiek en die liefde bied. Hoewel die skemer 'n tyd van afskeid is, is dit ook “tyd vir die engele”, 'n sagte tyd en 'n tyd waarin die mens genoeg lig het om die onsienlike te kan sien en die ondenkbare te kan bedink. Te midde van die twyfel wat die mens hier op aarde ervaar, kan hy ook sekerheid verwag in sy soeke na die ware lig tussen die twee pole van lig en duister.
Berigte uit die skemerland is 'n digbundel waarin die groot filosofiese vrae oor die sin van die menslike bestaan, die ware, die goeie en die skone, gestalte kry in verse oor die lewe van 'n individu.
Publikasiedatum: 2019-02-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624022053

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 105
R 95Jy spaar R 10
Die tema van Die Haasvanger kom volledig uit die lewe van die jongmens. Die onsekere selfbeeld van die hoofkarakter is eie aan 'n hoërskoolseun, maar hier word dit vererger deur swak huislike onistandighede.
Publikasiedatum: 2007-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302445

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153Jy spaar R 17
Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op 'die buitestander/outcast'. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om 'tuis' te kom.

Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander - alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is op soek na lig - hoop, uitkoms, rede. Ná sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie - hy is niemand, niks, nêrens.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306474

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 170
R 153Jy spaar R 17
Hierdie novelle sluit aan by twee vorige prosawerke van Dolf van Niekerk, naamlik die jeugverhaal Karel Kousop (1985) en Koms van die hyreën (1994). Kroniek van turf is gedeeltelik 'n prequel vir die vorige twee boeke. Dit vertel die geskiedenis van Gerrit, 'n werknemer van die VOC, wat in die 18de eeu begin boer op 'n leningsplaas in die Roggeland. Omstandighede dwing hom om na die distrik Swellendam te verskuif. Sy twee seuns, Johannes en Daniel, soek albei later ook na 'n veiliger blyplek, aanvanklik in die Kamdebo. Onrus op die Oosgrens laat hulle verder trek; Johannes na wat tans die Vrystaat is en Daniel saam met die Voortrekkers na Natal, waar hy en sy vrou slagoffers van die Bloukransmoorde word.
Waar Johannes hom op 'n plaas tussen die Riet- en die Modderrivier vestig, maak hy weer kontak met die Kousop-Boesmans wat hy vroeër naby die Gariep ontmoet het. Tussen Johannes se nageslag en die Boesmans ontwikkel 'n vae, onsekere band wat oor meer as 'n eeu sou strek. Onverwags maak een van Johannes se nasate, Johan, tydens die Bosoorlog kennis met 'n Boesmanspoorsnyer wat ook 'n Kousop-nasaat blyk te wees en wat 'n bepalende rol in 'n grondeis op Johan se plaas tussen die twee riviere sou speel.

OOR DIE OUTEUR
Dolf van Niekerk is 'n bekende en geliefde skrywer van prosawerke soos Die son struikel (1960), Skrik kom huis toe (1968) en Die haasvanger (1985). Sy mees onlangse publikasies, die digbundels Bleek planeet (2012) en Portrette in my gang (2015), is baie goed deur die kritiek ontvang. Hy is meermale vir sy werk bekroon en het onder andere die Eugène Marais-prys, die M.E.R.-prys en die Scheepersprys ontvang.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192938

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 160
R 144Jy spaar R 16
'Jy het my op reis te goed leer ken ...' Só open die bundel waarmee Van Niekerk sy tagtigste verjaardag vier op 22 Februarie 2009. Rudolf Johannes van Niekerk (Dolf) is op 22 Februarie 1929 op Edenburg in die Vrystaat gebore. Hy behaal 'n BA-graad aan die destydse Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en later 'n BA (Hons) in Wysbegeerte aan Unisa. In 1950 sluit hy hom by die SAUK aan as omroeper/regisseur en debuteer drie jaar later in Standpunte met enkele gedigte.
Publikasiedatum: 2009-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310099

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 195
R 176Jy spaar R 19
Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier 'n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers. Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van 'n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees - en 'n soeke na 'n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf 'n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.
Publikasiedatum: 2019-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302308

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 160
R 144Jy spaar R 16
In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig 'Vergange' bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen 'aankoms en vertrek', oomblikke waarin die tyd 'saamvloei in die nou / se durende verlede.' Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, 'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n Van Gogh-skildery.
Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias 'vermoed: / Afrika duld nie vreemde goed'.
Publikasiedatum: 2015-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302377

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor 'die buitestaander/outcast'. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart lê word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid.
Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe - die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhê.
Publikasiedatum: 2014-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.