●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928355144

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 325
By Schoeman word individuasie nie 'n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie - daarvoor is sy werk té betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie 'n selfsugtige inkeer na binne nie, nie 'n verlammende onttrekking nie, maar 'n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van 'n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op 'n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.'
Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310655

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 215
Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in 'n enkele huis in 'n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en haar man, Karel, in 1997. Karel is 'n afgetrede oudbrigadier in die Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel. Hy weier egter om aansoek te doen vir amnestie en kruip letterlik op dié dorp weg. Dit is hier waar verteller Marietta betekenis soek en terselfdertyd sin probeer maak van die skuldlas van haar man en haar eie geheimsinnige verlede. Op die dorp is daar 'n legendariese slaghuis waar Marietta byna elke dag vleisaankope maak en waar die jong meisie Kylie se pa as slagter werk.
Kylie se verhaal word hoofsaaklik in 2017 vertel waar sy dieselfde huis huur waar Marietta en Karel in 1997 gewoon het en besig is, aan die een kant met die verwerking van haar pa se sondes en, aan die ander kant met die opvoeding van haar vet seun. Haar pa was nie net die slagter op die dorp nie, maar verantwoordelik vir die afmaaiing van 'n hele paar mense in die apartheidsera ¬- gebeure van 1977 wat mettertyd in die vorm van terugflitse vorm aanneem en aan dieselfde huis verbind word.
Die roman Die Slaghuis is van vleisbeelde aanmekaargesit. Verwysings na alles van braaivleis tot tong, viennas, potjiekos, afval en “peertjies” (lamstestikels) snoer die roman saam tot geheel en funksioneer as element waardeur spanning geleidelik opgebou word. Die roman draai beslis nie doekies om oor skuld en skuldelas van die apartheidsverlede nie en skakel dit telkens met 'n beheptheid na vleis.

“Dit is 'n verhaal met meanders en stroomversnellings, met breedvloeiende diepte en met 'n ritme waarvan 'n mens gaandeweg bewus word.” Johan Myburg
Publikasiedatum: 2019-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199678

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Dubbelfoto is 'n versameling verhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld. Die vertelling bestryk sowat 'n eeu - dit begin op 'n plaas in die Kamdeboo en eindig in die stad. Daar is deurlopende motiewe - soos die bentwood-stoel, blonde seuntjie, driewiel en veral die familiefoto's. In die kernverhaal van die bundel, 'Die kind', tree die fotograaf as alter ego van die skrywer op: 'Dit wat hy gesien het, dit wat hy gehoor het, dit wat hy ervaar het, dit wat hy vermoed - soos die klein ontploffende flitse van sy kamera kom die beelde in sy brein op en dryf dit hom.'

Die styl wissel van ernstig tot komies, wat bydra tot die kaleidoskopiese indruk wat die bundel maak. Ook die vertelperspektief wissel tussen die verhale - en soms word dieselfde storie uit verskillende oogpunte vertel. Dit skep 'n boeiende leeservaring, ook omdat die verhale nie hulle geheime al te maklik prysgee nie. Cas Wepener se Dubbelfoto is 'n glansende toevoeging tot die kortverhaalskat in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307907

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
Johanna van Cas Wepener is 'n roman oor die dood van 'n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in 'n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie.

Johanna is 'n aangrypende roman oor die impak van 'n lewe binne 'n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en 'n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer.

OOR DIE OUTEUR

Cas Wepener (1972) is sedert Julie 2010 aangestel as professor aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van talle akademiese en populêre artikels, asook 'n boek Aan tafel met Jesus en ʼn bundel liturgiese voorstelle, Soos 'n blom na die son draai (2011). Sy bundel kortverhale Dubbelfoto het in 2000 by Protea Boekhuis verskyn en sy debuutroman Syferfontein in 2016. Syferfontein is vir die UJ prys vir skeppende skryfwerk genomineer.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780796308382

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 185
Om in die erediens Sondae te sit is nie om na 'n onskadelike gesellige byeenkoms te gaan nie. In die erediens sing ons bevrydingsliedere en praat ons mekaar moed in. Daar droom ons oor 'n wereld wat God s'n en net God s'n is. Ons glo in die God van ons eredienste; daarom glo ons aan die erediens.
Publikasiedatum: 2009-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306887

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 230
Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Ná die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas.


'Peet van Jaarsveld is seker die aanstootlikste hoofkarakter in die Afrikaanse letterkunde. Sy selfvernietigende arrogansie is 'n ysingwekkende leeservaring.' Daniel Hugo
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.